Fietsryer tref sleepwa, sterf

ambulansʼn Fietsryer is Maandagaand dood nadat hy teen ʼn sleepwa, wat deur ʼn bakkie gesleep is, vasgery het. Die voorval het in Kimberley plaasgevind.

Die man, wat nog nie geïdentifiseer is nie, is op slag dood, het lt. Sergio Kock, ʼn polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê. Volgens Kock het die ongeluk by die kruising van North Circular- en Bultfonteinweg plaasgevind.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen dat enigiemand wat die man moontlik kan uitken, na vore moet kom. “Die slagoffer is ʼn swart man tussen die ouderdom van 20 en 25. Hy is maer en is sowat 1.6 m lank. Hy het ʼn blou frokkie, blou denim en blou Nike-plakkies aangehad,” het Kock gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.