
‘n Skermskoot van beeldmateriaal van die voorval wys hoe die verdagte agter die fietsryer aanhardloop voor hy hom van die fiets afstamp.
ʼn Fietsryer is van sy fiets afgestamp en beroof in Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
Die fietsryer is omstreeks 06:30 Dinsdagoggend op Kragga Kamma-weg in die Colleen Glen-area beroof, het kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die 64-jarige man van Theescombe het terwyl hy fietsgery het ʼn wit VW Jetta opgemerk wat langs die pad gestaan het. Daar was twee insittendes in die motor.
Volgens Janse van Rensburg het die fietsryer gesien hoe ʼn man uit die bosse stap toe hy nader aan die motor gekom het.

‘n Skermskoot van beeldmateriaal van die voorval wys hoe die verdagte laat spaander nadat hy die fietsryer van sy fiets gestamp en beroof het.
Die fietsryer is van sy fiets afgestamp toe hy verby die persoon gery het. Die verdagte het die fietsryer se selfoon gegryp en na die motor gehardloop. Die motor het in die rigting van Seaview weggejaag.
Janse van Rensburg het bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van roof en het enigiemand met inligting gevra om speurders by Kabegapark te kontak by 041 397 6801 of Stop Misdaad by 08600 10111.
Die polisie het fietsryers in die area gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ʼn wit VW Jetta.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Arme man! Gelukkig ongedeerd daarvan afgekom. Dis nêrens meer veilig nie. Moet maar in groep fiets ry.
Ek wonder net altyd …..(.iemand het uit die bosse verskyn, fietsryer gestamp, hom beroof en laat spaander. ) HOE is daar altyd iemand wat gereed staan met selfoon om video te neem van die voorval??
Beeldmateriaal van die voorval. So ek neem aan daar is kameras geinstalleer deur die Munisipaliteit?
Enige fietsryer wat alleen ry, moet sy maat (Rollie) saamvat. Wees reg en as iemand verdag nader, laat Rollie praat. Dis jammer, maar dit is hoe dit is.
so baie moeite vir ‘n foon…..?
Dit is so jammer dat SA so uit mekaar val dat jy nie eers meer kan fiets ry nie . Die regering moet regtig nou drastiese stappe begin neem teen geweld op alle vlake , of die regering moet begin “danger pay ” betaal vir onvoldoende veiligheid van sy kant af .