Fietsryer van fiets gestamp, beroof

‘n Skermskoot van beeldmateriaal van die voorval wys hoe die verdagte agter die fietsryer aanhardloop voor hy hom van die fiets afstamp.

ʼn Fietsryer is van sy fiets afgestamp en beroof in Port Elizabeth in die Oos-Kaap.

Die fietsryer is omstreeks 06:30 Dinsdagoggend op Kragga Kamma-weg in die Colleen Glen-area beroof, het kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die 64-jarige man van Theescombe het terwyl hy fietsgery het ʼn wit VW Jetta opgemerk wat langs die pad gestaan het. Daar was twee insittendes in die motor.

Volgens Janse van Rensburg het die fietsryer gesien hoe ʼn man uit die bosse stap toe hy nader aan die motor gekom het.

‘n Skermskoot van beeldmateriaal van die voorval wys hoe die verdagte laat spaander nadat hy die fietsryer van sy fiets gestamp en beroof het.

Die fietsryer is van sy fiets afgestamp toe hy verby die persoon gery het. Die verdagte het die fietsryer se selfoon gegryp en na die motor gehardloop. Die motor het in die rigting van Seaview weggejaag.

Janse van Rensburg het bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van roof en het enigiemand met inligting gevra om speurders by Kabegapark te kontak by 041 397 6801 of Stop Misdaad by 08600 10111.

Die polisie het fietsryers in die area gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ʼn wit VW Jetta.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

EP ·

Arme man! Gelukkig ongedeerd daarvan afgekom. Dis nêrens meer veilig nie. Moet maar in groep fiets ry.

WONDER MAAR NET ·

Ek wonder net altyd …..(.iemand het uit die bosse verskyn, fietsryer gestamp, hom beroof en laat spaander. ) HOE is daar altyd iemand wat gereed staan met selfoon om video te neem van die voorval??

JohanL ·

Ek het dieselfde gewonder en vroeer gevra of daar dalk kameras deur Munisipaliteit op daai roete geinstalleer is. MM het dit goedgedunk om dit nie te publiseer nie (of die “filtering” stelsel boelie my).

teen die hoek lyk dit of dit ‘n gemonteerde kamera is.

Lynette ·

@wondermaarnet. Die skermskote is NIE met n selfoon geneem nie?? Dis duidelik n CCTV kamera wat daar in die omgrwing opgerig is…..

JohanL ·

Beeldmateriaal van die voorval. So ek neem aan daar is kameras geinstalleer deur die Munisipaliteit?

Enige fietsryer wat alleen ry, moet sy maat (Rollie) saamvat. Wees reg en as iemand verdag nader, laat Rollie praat. Dis jammer, maar dit is hoe dit is.

Jacques ·

Dit is so jammer dat SA so uit mekaar val dat jy nie eers meer kan fiets ry nie . Die regering moet regtig nou drastiese stappe begin neem teen geweld op alle vlake , of die regering moet begin “danger pay ” betaal vir onvoldoende veiligheid van sy kant af .

juba ·

Sal ek nou wonder waarom die selfoon gryp, die fiets is baie meer werd, maar ja, dit kon n baie erger en hartseer einde gehad het.

En nou? ·

Dis dalk sy vrou wat na sy boodskappe wil kyk, want ek weet nie hoekom jy deur soveel moeite wil gaan vir ‘n foon nie!

Penellope Jones ·

Enige plek, enige manier, enigiemand, enige tyd, enigiets om te roof.

Mariana ·

Dit alles vir ‘n foon. Genade nêrens veilig. Mense moet maar in groepe uitgaan en maar versigtig wees waar hulle gaan.

Deloris ·

Kom ons kyk of Misdaad en Plaasmoorde besprekingspunte gaan wees op die agenda vd …….???????

Johan ·

Die slagoffer het lig daarvan afgekom. Daar was al ander voorvalle waar mense doodgemaak is vir selfone (of selfs vir iets minder waardevol)
Dit maak my moedeloos kwaad.

Cherokee ·

My vrou en ek besit ‘selfone’ wat, as dit aangegee word terwyl die regte knoppie gedruk word, meer as ‘n miljoen volts deur die ontvanger stuur; stunguns.

JohanL ·

Cherokee, ek hoop jy en jou vrou druk die regte knoppie as julle jul selfone beantwoord :) :) LOL

Cherokee ·

Hehhe.. Johan, dit is nie regtig ons selfone nie. Jy kan dit toets as jy wil maar as jy dit gebruik as selfone sal jy ‘n skokkende boodskap kry. Ek sou (as nodig) dit bloot gebruik om selfoondiewe mee te skakel. As jy ‘n stungun aanskaf, koop een wat lyk soos ‘n mobiele foon.

Lindtjies ·

En so word tot jou fiets nou onder jou uit gehijack. Ek dink ons land laat die Wilde Weste na Minnie Muis lyk. Ek weet mense wat duur fietse het laar tracker toestelle in hulle fietse installeer. Maar in die geval lyk dit my dat die selfoon die grootste lokaas was. Ek dink mense wat fiets ry moet maar ‘n familie lid vra om agter hulle te ry met ‘n motor en ry maar eerder in groot groepe.

PE ·

Ek woon in PE en weet van die voorval. Die pad loop deur plase/plotte wat beskerm word deur meestel buurtwagorganisasies asook sekuriteitsmaatskappye in daardie area. Daar is by strategiese punte in die area wel CCTV kameras opgerig deur fondse wat deur die gemeenskap, sekuriteitsmaatskappye en buurtwag befonds is. Die beeldmateriaal is opgeneem deur een van dié betrokke kameras wat toevallig in daardie rigting gedraai was toe die voorval gebeur het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.