Fietsryer vermoedelik onthoof tydens tref-en-trap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Onthoofde liggaam is Sondag in Boitekong naby Rustenburg in Noordwes opgespoor.

“Die man se liggaam is die oggend langs ʼn pad naby aan die gemeenskapsaal opgespoor,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê.

Die polisie vermoed die man is deur ʼn voertuig getref. ʼn Fiets wat in twee stukke geskeur is, is ook op die toneel gevind. Die man se kop is naby aan sy liggaam opgespoor.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peter Says ·

Ek woon in n Provinsie waar fietsry Groot is, ek hoop fietsryers lees hier. 80% glo die pad behoort aan hulle, ry langs mekaar, dit neem 50% van die baan in beslag en as jy nie verby kan gaan nie moet jy agter hulle aankarring op hulle slakepas. Registrasie van fietse (nommerplaat) behoort n wet te wees, sodoende kan die skuldiges aan die pen ry.

Machiel ·

Dit mag so wees dat die fietsryers hulle skuldig maak, maar dit verander nie die feit dat die persoon in die voertuig nie by die toneel gebly het waar hy ‘n persoon gedood het nie…. Is dit waar ons samelewing heen gaan?? Baie hartseer.

Kersie ·

Ek stem dis baie hartseer maar baie fietsryers dink die pad behoort aan hulle. Hulle draai voor jou in en jy moet maar rem. Net soos die voetgangers, hulle kyk nie eers vir die verkeer nie en loop voor jou in. Dis eintlik snaaks dat daar nie meer mense dood gery word in ons land nie.

Hannelie ·

Ek verskil dat 80% fietsryers dink die pad behoort aan hulle! Ja daar is sommiges wat die wet oortree, maar glo my hier in die Wes-Kaap ry ek gereeld agter fietsryers om hulle “te beveilig” van padvarke om dit so te stel. Taxis, lorries en selfs voertuie voel ‘n veer vir ‘n fietsryer alhoewel hul binne die geelstreep ry, moes ek agter hul ry om hul te beskerm van padgebruikers wat plein moedswillig is en kyk hoe naby aan hulle kan hul ry. Soms word daar toeters gedruk sodra hul langs die fietsryers kom. Kom ek daag almal uit wat hul monde so uit spoel oor fietsryers om op ‘n fiets te klim en die pad aan te durf. Dan praat ons weer.

Hester ·

Ek kan dit nie glo nie. Dit moes ‘n vreeslike wrede ongeluk gewees het! En wie ook al die persoon
raak gery het, onthoof het en sy fiets in twee gebreek het, het net weg gery?????

Waar gaan mense se waardigheid heen? Hoe slaap daardie persoon in die aand?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.