Fietsryer vermoor in Richardsbaai se ‘geliefde bos’

Izak de Koker (Foto: Verskaf)

Inwoners van Richardsbaai in die noorde van KwaZulu-Natal treur ná die onlangse moord op ’n plaaslike bergfietsryer in ʼn plantasie buite die dorp. Hulle is boonop ontsteld dat hul “geliefde bos” nou in ʼn misdaadhool ontaard het nadat nóg fietsryers ʼn paar weke gelede in die plantasie aangeval is.

Hoewel die publiek eintlik nie in die plantasie by Veldenvlei toegelaat word nie, besoek stappers, drawwers en fietsryers dié gebied al jare om aan die geraas van die dorp te ontsnap. Toe word Izak de Koker (67) verlede Woensdag in die bos aangeval.

De Koker is kort ná die voorval in die hospitaal dood.

Konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, sê De Koker het nes menige ander fietsryer met sy bergfiets in die bos by Veldenvlei gaan ry toe hy deur ’n onbekende aantal verdagtes voorgekeer en met messe aangeval is. De Koker het veelvuldige steekwonde aan sy kop, bors en nek tydens die aanval opgedoen en is vir dood agtergelaat.

Die bos by Veldenvlei. (Foto: Facebook)

’n Lid van die publiek het eindelik op hom afgekom en De Koker is na ’n plaaslike hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het.

Inwoners van Richardsbaai, onder wie kranige fietsryers, beplan nou om Sondag ’n ent ter gedagtenis aan De Koker te ry voordat hulle na die plaaslike polisiestasie sal opruk. ’n Memorandum sal dan aan die polisiebestuur oorhandig word.

“Ons wil versoek dat die polisie die misdaad op hierdie dorp begin bekamp en plekke beveilig waar ons kan gaan stap, draf en fietsry,” sê Miriam Otto, ’n plaaslike inwoner en fietsryer.

Otto is diep hartseer dat die plantasie binne weke onveilig geword het. “Ek ry al jare stoksielalleen daar fiets en daar was nog nooit moeilikheid nie. Ek het einde verlede maand nog vir my vriendin gesê die bos is veiliger as die dorp.

“Álmal het die bos gebruik.

Die bos by Veldenvlei. (Foto: Facebook)

“Daar kry jy vars lug en hoor jy die voëls. Daar is uile in die aand. Jy voel so verfris en sien weer kans om aan te gaan as jy daar uitstap. Ek het baie keer die sonsopkoms en die sonsondergang in die bos bewonder.”

Dit het egter vinnig verander toe fietsryers drie weke gelede in die plantasie aangeval is. Die een kon daarin slaag om hulp te ontbied en hulle het ongedeerd van die aanval afgekom.

Toe word De Koker aangeval.

Die bos is sedertdien toegespan en niemand het dit nog durf waag om die bos weer te besoek nie.

“Ons kan nou regtig nêrens meer heengaan nie. Ons kan nie meer strand toe gaan nie [weens besoedeling, misdaad en ander onderduimse aktiwiteite] en nou kan ons ook nie meer bos toe gaan nie,” sê Otto.

Die bos by Veldenvlei. (Foto: Facebook)

“Dis vreeslik hartseer.”

Meer oor die saamtrek

Lede van die gemeenskap sal Sondag omstreeks 12:00 op fietse by die Kannakronkel-cul-de-sac in Veldenvlei bymekaarkom voordat hulle sowat 10 kilometer ter gedagtenis aan De Koker sal ry.

Lede van die gemeenskap sal dan omstreeks 13:00 van Proteaprag na die polisiestasie vertrek waar memorandums oorhandig sal word. Die publiek is welkom om dié rit te voet óf per fiets aan te pak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jack ·

Nee wat misdaad teen blankes is besig om te eskaleer.Moenie alleen gaan draf,fietsry of stap nie.Neem altyd Pepperspray of wapen saam met jou en observeer 360.Jy kan nie meer ontspan in parke,staproetes of selfs op die strand nie.Ons bly in ‘n oorlogzone waar jy jou lewe elke dag kan verloor as jy nie wakker en gereed is nie.

Theuns ·

Die wet word deur skelms gemaak en deur skelms toegepas. Dis gekke wat dink SAPS is iets anders as ‘n klomp deployed partylede met geen belang by hul job nie. Hul het geen gewete en dink Moore is normaal. Bewys ook met die Moord. In.plaas van die bos in geheel inspector, alle “onwettige” Indonesia arresteer en beveikig word dit aan misdadigers gegee as hul lekker speelgrond. Gemeenskap behoort afkamping af te breek en.besit te neem van hul gebied. Dryf mis ldadigers self uit en bevry die land. Die klagskrif sal by die SAPS in vuilgpedmandjie beland so dis tydmors van naive gekke. Dit beteken NIKS..

melaney ·

“Ons wil versoek dat die polisie die misdaad op hierdie dorp begin bekamp.” Klink na ‘n redelike versoek. Uitvoerbaar? Almal ken die antwoord.

Niklaas ·

Sonder om pessimisties te klink…nee , niks sal gedoen word nie.

Danie ·

Jammer oor die geval.Daar word gemeld van ander voorvalle dan moet n mens daaruit kennis neem en jou roetine verander.Misdaad in SA het en gaan ons lewens nog drasties verander .

ES ·

Daar moet op roetinebasis hommeltuie in die lug gestuur word om sulke plekke te fynkam vir ongeruimthede. Ons het die tegnologie, die polisie kan nie oral wees om misdaad te bekamp nie en ons moet begin om onsself the beskerm en te beveilig.

Theuns ·

Stem saam oor self beskerm en fie gebied skòonmaak. SAPS sal NIKS doen nie. Hul is grap

Fran ·

Geen mens is meer veilig in hierdie ANC vrot nes van ‘n land nie. Veral blankes word geteiken.

Surfer ·

Stel n “trap” vir die diere. Dan maak julle soos Malema se, vergeld geweld met geweld.

Wielspore ·

Die bos bestaan uit uitheemse bome, brand hom af, om ontslae te raak van die misdadigers.

Ronel ·

Ai my ou dorp, een ding wat altyd lekker was van Richardsbaai is die wilde lewe, wonder hoeveel nog oor is?

Blikkies ·

Dit is so onregverdig dat ons so in vrees in ons eie land moet leef. Jy moet 24/7 om jou kyk, deure sluit, alarms aktiveer, met ‘n flits en wapen in die bed klim en wat nog alles…en dit is oor die hele land so. Nie meer ‘n kwessie of dit met my gaan gebeur nie, net wanneer.

Theuns ·

Weens swak opposition wat geen aktiewe planne uitvier en help nie. Praat en i Johnny boy Roadkill se styl

Skappie ·

Sterkte aan die gesin . Mag onse Liewe Heer julle styf in Sy arms vashou in hierdie moeilike tyd wat vir julle almal voorle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.