Fietsryer vertel van ‘koue stilte’ ná tref-en-trap

Die ongelukstoneel op die R55. (Foto: Verskaf)

“Ek het ’n baie harde slag gehoor, toe iemand wat skree. Ek het die motor teen my been gevoel en toe het ek deur die lug getrek.”

Annemi Kapp het Vrydagmiddag met Maroela Media gepraat nadat ʼn motor vroegoggend op die R55 in Centurion in lede van die fietsryklub waaraan sy behoort ingeploeg het. Die bestuurder het daarna die motor agtergelaat en te voet op die vlug geslaan. Een fietsryer het in die voorval omgekom.

Volgens Kapp het dié groep van sowat 18 fietsryers die oggend om 05:00 in die pad geval om 100 km af te lê. “Ons ry juis altyd daardie pad omdat dit ʼn dubbelpad is en ʼn breë skouer het,” sê sy.

Sy vertel dat die Toyota Tazz van agtergekom het. “Hy het letterlik bo-oor en deur ons gery.

“Daar is nie ʼn manier dat hy ons nie gesien het nie. Ons was in die geel streep en het almal voor- en agterligte op ons fietse gehad. Ons het soos ʼn Kersboom gelyk.”

Volgens Kapp het die ongeluk om 05:30 gebeur. “Ek weet ek het op my horlosie gekyk toe ek die eerste ambulans gebel het. Dit was 05:35.”

Kapp vertel dat sy alles van die slag kan onthou en dat die bestuurder geensins remme aangeslaan het toe hy die groep fietsryers tref nie. Hy het deur die groep gejaag waarna hy oor twee bane wat in die dieselfde rigting loop, gery het en teen ’n versperring tot stilstand gekom het.

“Daar was die koue stilte. ʼn Stilte voordat almal tot verhaal gekom het.”

Kapp het ’n sny aan haar kuit, ’n stamp teen haar kop en ’n gekneusde heup in die voorval opgedoen.

Die motor wat die bestuurder agtergelaat het op die R55. (Foto: Verskaf)

Andrew Randall van Pretoria is in die voorval dood. “Andrew het agter gery en die meeste van die impak gevat. My verloofde het saam met hom agter gery. Ek het soontoe gehardloop, ek het gedink dit is my verloofde wat daar lê. Toe ek nader kom, het ek gesien dis Andrew. Hy het nie asemgehaal nie en geen polsslag gehad nie,” vertel sy.

Kapp het Randall goed geken. “Ek sê altyd mense wat nie fietsry nie sal nie verstaan hoe hegte familie ʼn mens raak nie. Andrew het ʼn wonderlike manier gehad om met min woorde baie te sê,” onthou sy. “Hy het baie van ons gered. As dit nie vir hom was nie….”

Sewe beseerdes, onder andere Kapp se verloofde, is na hospitale geneem vir mediese behandeling. Haar verloofde sterk tans in die waakeenheid van ʼn hospitaal aan. Hy het reeds sy bewussyn herwin en sal na verwagting ten volle herstel.

“Ek dink ʼn mens besef eers [die impak] as jy al die ander families in die hospitaal sien. Jy sien dan die hartseer in almal se gesigte. Om net aan jouself te dink, kry jy nie die volle scope van die situasie nie,” sê Kapp.

Maroela Media het vroeër berig ʼn passasier in die motor is ook in die voorval beseer en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê die metropolisie doen ʼn beroep op die bestuurder om homself by die owerhede aan te meld.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die bestuurder is nog nie in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Frikie ·

dit wat gebeur het is baie hardseer en ek se ook nie die bettoke groep het nie.
Maar ek moet eerlik wees om tese dat nog elke keer wat ek n groep fiets ryers op die pad gekry het dat hulle 3 langs mekaar ry soms 4 asof hul die paaie besit. Dus word daar baie in die baan gery maar motors moet ry. Het al selfs met een probeer praat op n tyd en was die persoon verskriklik ongeskik. Kyk ek is geleer jy ry agter jou vriend nie langs hom nie.

Dit is nogsteeds baie hardseer dat sulke ongeluke gebeur

C ·

Mmmmm…. ek dink ons lees dat hul op die skouer (maw binne die geel lyn) wat breed is gery het….die gedeelte waar karre NIE MOET RY NIE!!!!!!!

David ·

Dit was ‘n terreuraanval of moord en poging tot moord, nie manslag en roekelose bestuur nie

Martin ·

Vat die voertuig se reg en spoor sy addres op, of is Metro/SAPS weer lam in die agter kant want nog maar net n witte wat in die slag gebly het. Aan die anderkant is n dubbel weg nie dieselfde as n Hoofweg/Snelweg waar fietsryers en voetgangers verbode is nie.

madels ·

Ek glo met my hele hart dat hierdie bestuurder ASPRIS die fietsryers wou doodry. Die feit dat hy nie eers probeer sy remme gebruik het nie is duidelik n aanval!!!!!! Ons wittes word uitgemoor! Fietsryers is baie sagte teikens. Hierdie is moord! Klaar! Die feit dat die polisie nie eers probeer uitvind van die passasier van die moordenaar wie hy is nie is duidelike tekens dat die polisie opsetlik nie probeer die moordenaar opspoor nie. Ek is jammer maar dis nou hoe ek voel hieroor!!!

Wat van die passasier!? ·

Daar was dan n passasier in die voertuig!? Kan hy nie aangehou word tot dat hy vir hulle die naam van die bestuurder en sy woon adres gee nie? Is dit so moeilik??

smurfie ·

Lyk my dis die nuutste guur.
Los jou motor net daar en hardloop weg.
En dit lyk of dit werk, kyk maar net, die polisie sukkel steeds om die ou wat die welkomse gesin en maaitjie dood gery het te vang

Ondervinding ·

As die persoon nie by sy huis opdaag of daar is nie en by onbekende addres gaan wegkruip kan jy by sy huis slaap en sal hom nie opspoor nie.

Diertjie ·

Waarvoor moet n mens dan jou address en als opgee as jy n lisensie skyfie hernu? Kan die polisie nie op die nommerplaat die skuldige vastrek nie?

Bernard Hellberg ·

As nonsenspraat kolle was was jy ‘n tarentaal ?

Anoniem ·

‘n Blatante, lafhartige georkestreerde aanval – kry HOM net en laat Hy boet ! Geen simpatie met SULKE blatantheid NIE ! ???

Anoniem ·

Die plan is dieselfde nl. om te VERMOOR ! Die metode het net verander nl. Hit and Run en raak gesigloos maar KRY GAAN ONS JULLE KRY – LAFAARDS ? ??? (het julle dan geen gewete nie !!!)

Bloudrom ·

Wettige manier om met moord weg te kom……….ry iemand dood.

Petru Pietersen ·

Ek dink SAPS kan die passasier ondervra, wie die bestuurder is. Dalk met ‘n bevel of iets? Net wat ek dink.

Marinda ·

Hierdie is verskriklik tragies. Sterkte aan almal. Ek dink veral aan die persoon se familie wat oorlede is, maar my hart huil vir ñ ieder en ñ elke persoon wat vanoggend hier deur geraak is.

Die lafaard wat weg ge hardloop het. “You can run, but you can’t hide”, especially not from your own conscious.

Sue ·

Die maak mens sommer blimin kwaad verby. Soos iemand hierbo se, dis n terreuraanval.

Wat my ook boos maak is dat die fietsryers se “aanval” as “wie weet watse nonsies” ondersoek word deur die polisie woordvoerder maar laat een enkele mens van kleur op so n wyse sterf en “vertrap” word, dan sit hulle n “48 uur taakspan” aan om die skulduge/s te vang. Nee waaragtig is dit twak.

Die vervloeksels wat ook so weg hardloop na hul aanjaag klink vir my ook maar vreeslik na n beplande ding. Dis nou die 2e geval van “ry mense dood, stop en hardloop weg”, alhoewel, jare terug was hier ook n “persoon” (trok drywer) wat hier in Pietersburg 2 jong mense op hul perde raak en dood gery het (op die silicon pad) en sommer net weg gehardloop het. Lyk my dis dalk maar “hul ding” om te hardloop.

Vreeslike meegevoel met die man wat dood is se familie, vriende en “fietsry familie”. My hart gaan uit na jul en baie spoedige beterskap vir almal wat fisies en emosioneel bitter seer gekry het. Xx

Michelle ·

Jammer oor die beseerdes vertrou hulle almal sal gou aansterk. Die groot probleem is daar is geen respek vir fiets ryers nie. Meeste van die tipe voertuie soos op foto is nie padvaardig nie of bestuur der nie lisensie taxi bestuurders ingesluit hul het nie versekering niks. Geen wet en orde op ons paaie nie. Ek weet hoe hulpeloos voel mens.

marco polo ·

Tragies en onnodig. Sterkte aan almal, van n mede-fietsryer.
As die polisie dan weet wie hy is, hoekom is hy nog nie in hegtenis geneem nie? Of moet iemand eers n klag gaan le?

Pierre ·

Ek kan raai / wie wat die eienaar van die motor is, daar sal niks van kom nie….

Hanna Hoekom ·

Ek is bevrees jy kan dalk reg wees, want die nikswerd SAPS soek kastig nou nog na die persoon wat die Pa en kinders op die ongelukstoneel so 3 weke gelede doodgery het. Ook net uitgespring en weggehardloop… Lyk my sekere bevolkingsgroepe kom met moord weg.

Cynthia TREDOUX ·

Strafbare manslag…my VOET…dis koelbloedige MOORD…net jammer een van die fiets ryers…kon die man nie agterna sit nie…want hul HARDLOOP MOS NOU ALMAL WEG??????
En dan kom hul weg met MOORD…..Natuurlik gedrink ook….hoe tragies!

Patrz ·

Dis minder admin vir die polisie, hoekom sal hulle die beskuldigde gaan soek sodat hulle moet werk!! Uiters swak!!!

Ek voel baie jammer vir die gesin en bid dat die Here by hulle sal wees in die moeilike tyd!!

Boerin ·

Dis baie Tragies ! en almal wat nou alle fietsryers as arrogant en ongeskik wil afmaak,dis absoluut nie waar nie,almal is nie dieselfde nie en n mens verloor sy lewe,onskuldig! As die fietsryers verkeerd was hoekom het die man weggehardloop…jy kan duidelik sien hy ry n hoenderhok op wiele,natuurlik ongelisensieer,onpadwaardig en bestuurder besope!

Jean ·

Bloudrom…net as jou kleur reg is,anders gaan jy moeilikheid he ou maat!

Lalie ·

Dit is baie tragies. Ek wil net weet het die fietsryers agter mekaar gery of soos gewoonlik vier – vier, veral daardie tyd in die oggend. Ek het ook al amper n fietsryer raak gery, want dis donker en hulle glo die pad behoort aan hulle.

Karolis ·

7 Fietsryers is na hospitale geneem. Ek wonder hoekom het nie een van die oorblywende 10 probeer om die bestuurder wat weghol te keer nie?

June ·

Dit help nie om fietsryers skuld te gee nie. Dit is die motorbestuurder se skuld en klaar. Ek ken een van die beseerdes en weet hy is n baie verantwoordelike persoon.

Charlotte ·

Ons is fietsryers en in fietsry kringe het ons die fotos gesien geneem na die tragedie. Fietsryers het op die skouer in die noodbaan gery. Die merke op die pad na die impak wys dit duidelik uit. Voertuig het nog 150 meter verder gery en fietsryers saam gesleep. Een vd fietsryers was halflyf deur die motor se voorruit!
Daar is verseker fietsryers wat onverantwoordelik ry (het dit al self gesien) maar wees verseker om nie te veralgemeen nie. Ons harte is seer saam met almal wat betrokke was.

Co ·

Ek self is nie ‘n fietsryer nie maar ‘n padhardloper. Jou opmerking van fietsbane is onvanpas – sa het geen fietsbane nie, die kry jy slegs in beskaafde lande – Dubai, Nederland, Australie, Kanada. Hier moet die dronkgatte miskien nie 5uur soggens karre ry nie!!!!

Bach ·

Hoe is dit moontlik dat ek elke dag talle onpadwaardige voertuie op die paaie sien, maar hulle kom verby verkeersmense en blokkades.

luka ·

Wat van die motobande wat hul so langs die strate verkoop, is dit versoolde bande?

common-tator ·

Dubbelpad, 5 uur in die oggend? Dis moeilikheid soek. Word fietse op dubbelbane toegelaat, mag hulle in die geel lyne ry? Dis ‘n mite dat hulle agtermekaar ry. Ek het dit nog nooit gesien nie. Die skuldverdeling is waarskynlik 80% fietsryers en 20% motoris.

Josua Keys ·

Wil julle my vertel dat die Polisie nie eens n vinger afdruk in die kar kon lig nie, dis regtig jammer om van die geval te hoor , alle simpatie met die familie en vriende. Ek wil ook egter aansluit by n vorige kommentaar en dit is fietsryers wat langs mekaar op besige paaie ry, ek dink die fietsry klubs moet daadwerklik hieraan aandag gee en fietsryers aanspoor om agter mekaar te ry indien hulle langs mekaar wil ry juis omdat hulle met mekaar wil gesels wat dit soveel lekerder maak gaan ry eerder op stiller paaie of skaf eerder gehoor apperate aan wat in die valhelms gomondeer kan word om met mekaar te kan gesels terwyl jy ry soort gelyk aan die wat motorfiets ryers gebruik. Daar is baie fietsryers al raak gery en dan kry die motor bestuurders gewoonlik die skuld maar die mense het vergeet dat voertuie ” Blind spots” het en in baie van die gevalle was dit die oorsaak maar die bestuurder van die voertuie is altyd nalatig, dit gaan soms alby kante toe maar in die geval dink ek ook dit was dalk met opset gedoen.

anton ·

Jammer om te sê maar paasnaweek is die bose magte/geeste nog meer doenig orals.
Sou dalk beter wees om eerder kerk toe te gegaan het.

Lekker Afrika ·

Maar net nóg ‘n simptoom van die wonderlike Afrika hool. Tragedie op tragedie.

A Mac ·

Dis tragies wat gebeur het. Maar met nabetragting net die volgende. Hoe is dit moontlik dat die polisie, indien ‘n sekere ras enige erge misdaad sou pleeg, dan is daar omtrent onmiddelik arrestasies, maar doen ‘n ander ras dieselfde is dit asof daar ellelange verskonings en argumente is hoekom die persoon/persone wat die dade gepleeg het nie opgespoor kan word nie. Fietsryers en drawwers sal net meer vigilant moet wees in hul optrede en die uitvoering van hul sport. Het self al hardlopers vroegoggend gesien in swart klere en jy sien hulle nie voor jy op hulle is nie. Hier dink ek is die geval egter aspris aangesien die ryers klink na professionele mense wat weet hoe hul moet ry en die drag wat hulle moet dra,

Pierre ·

Die bestuurder was tien teen een op sy foon. Ek sien menigmaal aankomende verkeer gaan oor die middel lyn en ek moet dan rem en my ligte wys.
Ek dink en ek self ry baie eerder teen die verkeer met my fiets. Sodat ek kan sien wat aangaan. Die spoed verskil is meestal weglaatbaar klein

ne ·

Jammer vir die tragedie. Maar ek moet sê die fiets ryers ry 4 – 6 langs mekaar. Soms, nie in die geval nie, ry hulle reg oor ‘n baan. Motoriste kan nie verby kom nie en dit is frusterend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.