Fietsryers aangeval op Voortrekkermonument-terrein

Argieffoto: Voortrekkermonument/Facebook

Argieffoto: Voortrekkermonument/Facebook

Die bestuur van die Voortrekkermonument het gesê hy snoer kragte met die polisie ná twee onlangse voorvalle waar fietsryers op die perseel aangeval en beroof is.

Sonja Lombard, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, het aan Radio Pretoria gesê daar was die afgelope paar maande twee voorvalle waar fietsryers aangerand en van hul fietse beroof is.

Volgens Lombard het die voorvalle naby Fort Schanskop voorgekom waar daar digte bosse is. Sy het gesê hulle werk saam met die polisie om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.

Lombard het ʼn beroep gedoen op mense wat in die omgewing fietsry om waaksaam te wees en eerder in groepe te ry.

Die bydrae is saamgestel met behulp van Radio Pretoria se Klankkoerant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Eintlik het niks verander sedert die Groot Trek behalwe die manier van vervoer.
Gedurende die trek is die voortrekkers op hul perde aangeval en nou word hul aangeval op hul ysterperde. Oppas maar nog steeds vir die bos.

Swanna ·

Ek wil net graag weet. Is daar nie ‘n hoe heining om die monument op gerig. Ek praat nou van die helel stuk grond en is daar nie sekuriteits wagte wat ook daar rond beweeg nie? As daar is dan soen hulle nie jul werk nie en daar is gatte in die heining waar hierdie wetters deur kruip en in die gronde kom en ‘n gevaar is vir enige persoon wat dar rond beweeg. Of dit per fiets of voertuig is. Wat gaan gebeur as dit met ‘n oorsee se besoeker of wag ons eers totdat ‘n oorsee se besoeker beroof of aangerand word. Heirdie soort gemors moet so spoedig as moontlik gestop word. He,l kan ons nie eers meer ons geliefde monument besoek nie. Daar loop jy ook die risiko wat in die kamstige” demokratiese nuwe suid afrika” aan die gang is.

Nikolaas Pienaar ·

My innige simpatie mey die fietsryers wat oorrompel is. Ek hoop dat julle spoedig van julle emosionele en fisiese skade herstel.

Sterkte ook aan die span wat werk om die monument en sy buitelug ontspanning te beveilig

Armand ·

Ongeveer ‘n jaar en ‘n half terug was die Erasmuskloof areas oorkant die Kloofhospitaal een van die gevaarlikste areas om te gaan ry en ‘n totale misdaadsnes. Tans is dit een van die veiligste areas om te gaan ry juis oor die heinings en die opgeskerpte sekuriteit en patrolering. Mense betaal om by die reservate in te gaan en ek voel die sekuriteit van die area vorm deel van die toegangsfooi. Indien daar nie drastiese verbetering getoon gaan word in die misdaadzones nie staan die areas die kans om baie voete te verloor. ‘n Goeie naam van ‘n area word met tyd opgebou maar vinnig weer afgebreek. Ek verwys bv. na Fonteine waar daar eens gereeld wedrenne plaasgevind het. Tans vermy meeste moutain bikers en trail runners die area vir meer as ‘n jaar nou al. Ek voel die bestuur van die Voortrekker Monument en Groenkloof is albei bekwaam genoeg en behels oor voldoende kontakte om die areas vir die publiek veilig te maak. Sien asb ons artikel oor die MTB venues in Pta. Dit is immers klaar geskryf VOOR die insidente by Groenkloof plaasgevind het en dus sou ek hiermee Groenkloof se veiligheids gradering afbring tot ‘n 2/5 of selfs minder as ek die artikel kon aanpas. Dit is teleurstellend om so oor ons gliefte roetes en reservate te praat en ons kan nie dat misdaad hier wen nie. http://fullsus.co.za/capital-mtb-trails/

Gerhard Bezuidenhout ·

Maroela het my kommentaar dat fietsryers hulself moet bewapen en verdedig afgehaal Is daar n rede voor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.