Fietsryers, bly weg van dié plekke in Pta

(Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Die DA in Gauteng het Faith Mazibuko, LUR vir gemeenskapsveiligheid, genader om in te gryp by die toenemende aantal aanvalle op fietsryers en drawwers in Pretoria. Daar is die afgelope jaar al verskeie voorvalle aangemeld van fietsryers wat beroof is.

Volgens Michael Shackleton, die DA se skaduminister vir gemeenskapsveiligheid, doen die polisie nie genoeg om die fietsryers en drawwers se veiligheid te verseker nie. Die DA vra dat Mazibuko polisiesigbaarheid op die geïdentifiseerde brandpuntroetes verskerp en dat gereelde patrollies uitgevoer word.

Die DA het die volgende brandpunte in die Jakarandastad geïdentifiseer waar fietsryers en drawwers gereeld beroof word:

  • Groenkloof-natuurreservaat
  • Botha- en Jeanlaan
  • Olievenhoutbosch
  • Witch-Hazel-laan
  • Migmatite-rylaan
  • Van Ryneveld-laan
  • Boschkop
  • Moreletapark
  • Waterkloof
  • Faerie Glen
  • dele in Centurion soos Irene, Highveld en Lyttelton.

Shackleton sê daar is ’n toename in die diefstal van fietse aangesien opportunistiese misdadigers fietsryers teiken.

Hy verwys na onlangse voorvalle wat onderskeidelik in Pretoria-Oos en Nellmapius aangemeld is, waar fietsryers deur motors gestamp en toe van hul fietse beroof is.

Die DA gaan skriftelike vrae aan LUR Mazibuko sowel as die Gautengse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, Mbali Hlophe, stel om vas te stel watter veiligheidsmaatreëls ingestel kan word om die veiligheid van die fietsryers en drawwers op die paaie te verseker.

Die party gaan ook ondersoek instel om vas te stel hoeveel sake deur fietsryers en drawwers aanhangig gemaak is en hoeveel van hierdie sake tot inhegtenisnemings en skuldigbevindings gelei het.

Maroela Media het onlangs berig oor twee fietsryers wat tydens ʼn vroegoggend fietsry-sessie in die Klapperkop-natuurreservaat in Pretoria beroof is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Mallie ·

Skiet jy hom is jy in die moeilikheid, maar hy kan jou goed vat soos dit hom pas.

ES ·

Ongelukkig mag jy nie eiemand doodmaak om jou eiendom te beskerm nie. Slegs as jou lewe of iemand anders s’n in gevaar is. Die Konstitusie beskerm die krimineel ongelukkig.

FrikkievV ·

Dit is ongelukkig so. As die persoon wel n vuurwapen het en dit op jou rig mag jy die persoon skiet, of hy nou dreig of nie.
Weereens ongelukkig beteken dit nie dat jy nie aangekla kan word of tronk toe gaan nie.
Ek reken selfs al word mens geskiet en met die terugskiet dood jy die krimineel, sal die anc toepassing van die wet steeds teen jou tel…so in meeste gevalle is mens maar uitgelewer aan die noodlot.

domheks ·

Ek glo nie daar sal inhegtenisnemings wees nie! ‘our people’ verhewe bo wette. hoe sal hulle dan nou hulle broers vang?

Pietertjie ·

So, die wetsgehoorsames moet nou vlug voor die kriminele, en sodoende hulle wettige bedrywighede aanpas ter wille van misdadigers. Heel gepas vir die ANC beheerde land.

Sarie ·

Vroeër jare was kriminele weggehou by sulke ploekke. Deesdae word normale mense afgeraai om te gaan. Spaar die polisie moeite om hul werk te doen

casper ·

Fantasties om te weet dat selfs onder die DA die strate nie eers meer veilig is nie !!

Blikkantien ·

Waarom. O, waarom kan die polisie nie ‘n lokval stel nie? Seker te veel moeite.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.