Fietsryers mag op Seepunt-promenade bly

Argieffoto van die Seepunt-promenade (Foto: Calvin de Swardt)

Die meerderheid inwoners en belanghebbendes wat kommentaar gelewer het op Kaapstad se voorstel oor fietse op die Seepunt-promenade, het gekies dat hulle steeds toegelaat moet word.

Inwoners het van 10 Maart tot 10 April 2022 kans gehad om terugvoer te lewer op ʼn voorstel dat fietsryers nie meer op die promenade toegelaat moet word nie.

Rob Quintas, burgemeesterskomiteelid vir stedelike mobiliteit, sê 1 953 kommentare is ontvang en die meerderheid van mense het gesê dat fietse steeds langs dié gewilde ontspanningsgebied toegelaat moet word.

“Alhoewel die meerderheid van respondente fietse op die promenade ondersteun het, het talle hul kommer uitgespreek oor voetgangers se veiligheid en die moontlike gevaar en risiko wat fietsryers inhou.”

Quintas sê ná dié voorlopige uitslag kan hy bevestig dat die voorstel, om fietsryers op die promenade te verbied, nou geskrap is. “Die stadsraad sal egter wel ingrypings oor die volgende paar maande ondersoek om veiligheid van almal op die promenade te verseker.”

Beamptes hersien tans inwoners se kommentare en voorstelle.

Die Seepunt-promenade is een van Kaapstad se mees ikoniese ontspanningsruimtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Martin ·

Ons woon al jare op Mosselbaai en een van die grootste foute wat ons stadsraad nog gedoen het was om fietse te verban op die promenade langs die strand af. Die besluit was afgedwing deur die ou ooms en tannies van die “ATKV” by Hartenbos wat met hulle klein brakkies en hulle pienk pantoffels op die promenade gedeelte wil rondloop sonder om “gesteur te word” sonder om die ander mense in ag te neem. Ek het eendag daar probeer foets ry saam met my dogtertjie en ‘n ou tannie wou ons sommer aanrand met haar son sambreel.

VaalDonkie ·

Ja jong. Ek is ook nie altyd in my skik met hoe fietsryers aangaan nie, maar ek sal nooit stem dat hulle verban word nie. Want ek het in ‘n buurt gewoon waar sulke ou tannies en ooms die septer geswaai het en dit was baie onplesierig. Was darem mooi en veilig, maar jy mag niks doen nie. Een van hulle het mos die polisie gebel toe ek in 2020 sonder ‘n masker buite my huis was.

Josua ·

Maklik, verf n lyn daar wat die voetgangers en fietsryers van mekaar weg hou hoe moeilik kan dit wees, as ek dit vergelyk met Durban dink ek dit is baie mooi om te sien fietsryers en voetgangers kan in vrede in die genot deel solank veiligheid eerste gestel word sien ek nie n probleem nie, ouers moet net hul kinders dissiplineer om binne die reels fiets te ry en klaar op Durban se strand is daar tot trap karre wat jy kan huur vir n uur of so saam die fietse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.