Fietstoer-deelnemer wat sterf se naam bekend

Dr. Monty Brink. Foto: Facebook

Die fietsryer wat Sondag tydens die Kaapstad-fietstoer oorlede is, was ʼn bekende verloskundige en ginekoloog van die Moederstad.

Die organiseerders van die fietstoer het vroeër gesê die deelnemer het by Smitswinkelbaai inmekaargesak. Hy is vermoedelik aan ‘n hartaanval dood.

David Bellairs, direkteur van bemarking, media en borgskappe, het sy medelye met die familie van die oorledene uitgespreek.

Die oorledene is intussen geïdentifiseer as dr. Monty Brink. Sy familie het sy heengaan in ʼn kort verklaring bevestig. “Hy het talle lewens aangeraak.”

ʼn Roudiens sal Saterdag by die Connect-kerk in Meadowridge gehou word. Mense is versoek om nie blomme te gee nie, maar ʼn skenking vir die Zoe Project wat die verloskunde-eenheid in Retreat ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nico Strydom ·

Dagsê Vra net
Die berig is reeds gewysig.
Baie dankie
Vriendelike groete

VanAfrika ·

Aaag Dok, dis hartseer en nog so jonk. Dan innige simpatie aan die familie.

Atleet ·

Dis skokkend dat hierdie nie eers nuus gehaal het nie, eerste woord wat ek daarvan hoor, nee, eerder rugby en krieket en sokker, dis mos al sport wat tel in SA :-(

My innige meegevoel aan die familie en vriende van die atleet.

B ·

Ek verstaan die naasbestaandes het glo versoek dat die nuus eers terug gehou word.

Spike ·

atleet. Wees eerder dankbaar dit was nie weens misdaad nie.

BLOM ·

Dis hartseer dat fietsry in SA amper geen blootstelling kry nie. Daar was Sondagaand op
Kyknet se nuus gepraat oor krieket en rugby en ‘n onderhoud is gevoer met die Blou Bul afrigter, maar niks is genoem van duisende fietsryers wat die fietswedren voltooi het nie. Nie eers die wenner se name is aangekondig nie. Rus in vrede Monty Brink

Reinhardt ·

Voel dieselfde. Ons sit met een van die suksesvolste downhill bergfietsryers in die geskiedenis (wereldwyd), en ek kan jou belowe mense het nog nooit die naam Greg Minnaar gehoor nie.

Chinica Middleton ·

So hartseer Vanmiddag praat ons nog van hom Hy het my dogter vandag 18j gelede in die lewe gebring Innige simpatie aan sy gesin

Spike ·

Ai, wat ñ verlies vir ons blanke volk. Sterkte aan sy mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.