Fietstryer in Gordonsbaai doodgery

Sir Lowry's Pass-fietsryongeluk op 22 Mei 2016 Foto: ER24

Sir Lowry’s Pass-fietsryongeluk op 22 Mei 2016 Foto: ER24

ʼn Fietsryer is dood nadat hy Sondagoggend op Sir Lowry’s Pass in Gordonsbaai in die Wes-Kaap getref is.

“Die man het in die middel van die pad gelê,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “ʼn Ander ambulansdiens was reeds op die toneel.”

Die man het reeds aan sy noodlottige beserings beswyk toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Ongelukkig kon niks meer vir die pasiënt gedoen word nie.” Hy is op die toneel dood verklaar.

Die man was glo besig om teen die pas op te ry, toe die voertuig hom getref het.

Die betrokke voertuig was na bewering nie meer op die toneel nie.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hannelie ·

Ek hoop hul kry die persoon wat hom dood gery het. So sy MOORDENAAR is nog op vrye voet? Hoop hy het ‘n gewete. Natuurlik weggery omdat HY die skuldige was.

Cherokee ·

Soos Hannelie beduie sou die bestuurder nie gevlug het sonder rede nie. Indien dit die voortvlugtende bestuurder se skuld is, is haar beskrywing van die vlugteling korrek.

Xa ·

Tien teen een was hierdie gladnie n arrogante fietsryer nie, maar fietsryers in die algemeen moet weet dat meeste karbestuurders baie ongeduldig raak as hulle nie genoeg pad maak vir karre om verby te kom nie.

Berhalet Beukes ·

Daar is dubbelbane in rigtings kante op Sir Lowry’s pas… Ek sou reken dat daar oorgenoeg spasie was om so ‘n ongeluk te vermy. Dis net tragies

Reinhardt ·

As motors ongeduldig raak dan is dit mos natuurlik die motorbestuurder se skuld? In Nederland is daar paaie wat net breed genoeg is vir 2 motors, maar tog ry daar fietse aan byde kante. Die gevolg is karre kan nie verbysteek nie. Weet julle wat gebeur dan? Niks, die motors wag vir dit om veilig te raak. Hulle is nie so ongeduldig soos ons bestuurders nie.

Xa ·

Nederland is heel voor amper in die wereld as dit by vervoer kom, veral fietse, maar ongelukkig is ons paaie, misdaad, fisiese beplanning nie so dat ons kan oorslaan na ‘n fietse eerste beleid nie, ten minste nie op die stadium nie. Ongelukkig is dit nog kar eerste in die land, en die wat dit nie besef nie vat n kans met hulle eie lewens.

Jef ·

Hoop die ondersoek wys uit wat persies op die toneel gebeur het maar die feit bly staan dat die bestuurder wat weggery het so en so skuldig is of die persoon die veroorsaker is of nie.
Mens ry nie weg van n ongeluk nie, bied ten alle tye hulp aan die slagoffer en bel self polisie en ambulans, dit is wat elkeen wat kar ry moet weet.
Sterkte aan die oorledene se familie.

Kiepie ·

Na die beste van my wete is dit teen die wet om op Sir Lowry’s Pas te ry met ‘n fiets aangesien dit deel is van die N2-hoofweg. En selfs al was dit nie onwettig nie is dit ‘n baie gevaarlike plek om te gaan fiets ry aangesien die pad baie besig is, daar baie skerp draaie is en die verkeersvloei dikwels belemmer word deur stadigbewegende vragmotors. As mede-fietsryer bevraagteken ek hierdie ryer se oordeel.
Dit maak dit egter nie minder hartseer dat persoon dood is nie en ek het baie medelye met sy/haar naasbestaandes. En die feit dat die bestuurder gevlug het laat natuurlik die wenkbroue lig. Mens jaag nie weg tensy jy iets het om weg te steek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.