Fifa-skandaal: Mbalula ontken teenstrydigheid in weergawes

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Daar is geen teenstrydigheid in die weergawes van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) en die regering oor bewerings van omkopery met die 2010-Sokkerwêreldbeker nie, het sportminister Fikile Mbalula Woensdag gesê.

Daar is aanvanklik berig dat $10 miljoen se omkoopgeld deur ʼn Suid-Afrikaanse beampte betaal is sodat Suid-Afrika die gasheer vir die 2010-Sokkerwêreldbeker kan wees. Hierdie bewerings is deur die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) ondersoek.

Safa-president Danny Jordaan het Sondag gesê die $10 miljoen is in 2008 aan Concacaf betaal as Suid-Afrika se bydrae tot hul “sokkerontwikkelingsfonds”.

Mbalula het Woensdag by ʼn perskonferensie in Johannesburg gesê die departement het in ʼn verklaring gesê daar is geen teenstrydighede in sy en Jordaan se verklarings nie. “Ons het nie onsself in enige van ons verklarings weerspreek nie. Ons volg hierdie saak deur diplomatiese kanale met die Amerikaanse owerhede op,” het hy gesê.

Alhoewel lede van die plaaslike reëlingskomitee vir die 2010-Wêreldbeker ook oorspronklik die geleentheid moes bywoon, het net Mbalula sy verskyning gemaak, met Jordaan wat ook geskitter het in sy afwesigheid.

Die brief wat die oorplasing van die geld bevestig, is deur voormalige Safa-president, Molefi Oliphant, geteken en gedateer Maart 2008. Mbalula het gesê die brief bewys niks nie. “Die brief is aan die media gelek; ons weet nie hoekom dit gelek is nie, want daardie korrespondensie was bo verdenking. Misdadigers kan omkopery verduidelik, maar ek kan nie verduidelik hoe omkoopgeld werk nie,” het hy gesê.

In terme van die geld wat aan Concacaf gegee is, het  Mbalula gesê dit was ʼn gesamentlike besluit. “Dit was Safa en die Suid-Afrikaanse regering se idee om Concacaf te betaal, met Safa wat die geld betaal met Oliphant in die hoofrol.”

Mbalula het verduidelik die geld wat bevraagteken word, was nooit bedoel om enigiemand om te koop om die gasheerposisie vir die Wêreldbeker te verseker nie.

Die mediakonferensie het afgeskop met ʼn video waartydens voormalige president Thabo Mbeki gesê het die vierjaarlikse skouspel was vir Afrika. Volgens Mbalula was die video ʼn bewys dat “Afrika Diaspora” die dryfkrag agter die verspreiding van Wêreldbekerfondse na die res van Afrika was en dat dit die Concacaf-verbintenis verduidelik.

Toe die bewerings van die omkoopgeld verlede week aan die lig gekom het, het Mbalula gesê hy dra geen kennis daarvan dat die bedrag aan enigiemand betaal is nie. Nou sê Mbalula egter dit is die regering se standpunt dat die geld op ʼn deursigtige, wettige manier oorbetaal is.

“Betaling vir goedgekeurde projekte kan nooit as omkopery gesien word nie,” het hy gesê. “Ek het die regering breedvoerig oor hierdie betaling geraadpleeg en ek stel onomwonde dat dit nie omkoopgeld was nie. Ons weerspreek onsself nie in enige van ons verklarings nie.”

Alec Moemi, direkteur-generaal van die departement, het gesê die besluit oor die kanalisering van die geld is reeds in 2000 eneem. “Wanneer is die besluit geneem? Dit is al so vroeg as 2000 geneem en dit was altyd befondsing wat vir sokkerontwikkeling beskikbaar gestel wou word,” het Moemi gesê.

Volgens Moemi het die Suid-Afrikaanse regering nie geweet hoe Concacaf die fondse sou gebruik nie. “Hierdie is nie jou tipiese borgskap nie. Die geld is onvoorwaardelik gegee – dit is duidelik gestel die geld sou vir sokkerontwikkeling gebruik word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Welgedaan ! ·

Lag ek nou lekker! Hulle is soos ń klomp kindertjies wat almal saam sal lieg om nie pakslae te kry by ” mamma ” nie. Dit wys ons net weereens waar hulle intelligensie vlakke lê.

nico ·

Jis hulle kan darem vinnig rond spring as die popo die fan slaan en verskonings soek hoekom nie wag dat die ondersoek afgehandel word nie gewoontlik word jy uitgenooi om te kom kyk waarvoor word jou geld aangewend of rerig vir n goeie doel was of nie pasop vir die uitreiking van die lasbriewe van die ondersoekers van die saak ek dink hier kom n besparing op oorsee se reise

JZ ·

Waar n rookie trek is daar n vuurtjie, waar daar n reukkie is ,is daar n muishond in die nabyheid,hou maar dop.

Welgedaan ! ·

Hulle lieg en bedrieg al net soos hul leier ! Ek is bly hulle het hul skelm voelers op ń internasionale platform verbrand die keer ! Nou kan die wêreld mooi agterkom hoe korrup en onbevoeg die klomp eintlik is. Ek sal nie verbaas wees as die “vader” van die sogenaamde reenboognasie ook ‘n deel in hierdie lagwekkende bedrogspul gehaad het nie. Ek wou sê skokkend, maar korrupsie is al so deel van ons daaglikse lewe mens kan nie anders as om net te lag nie !

Welgedaan ! ·

Hulle lieg en bedrieg al net soos hul leier ! Ek is bly hulle het hul skelm voelers op ń internasionale platform verbrand die keer ! Nou kan die wêreld mooi agterkom hoe korrup en onbevoeg die klomp eintlik is. Ek sal nie verbaas wees as die “vader” van die sogenaamde reenboognasie ook ‘n deel in hierdie lagwekkende bedrogspul gehaad het nie. Ek wou sê skokkend, maar korrupsie is al so deel van ons daaglikse lewe mens kan nie anders as om net te lag nie !

CHRISTA ·

Eers weet Mbalula van NIKS – nou het hy ‘n ander verduideliking! Hoe werk dit? Het hy gelieg deur eers te ontken dat hy enigiets daarvan weet? Kan mens hom nou glo?

George ·

Korrupsie, lieg en bedrieg is ons nasionale sport. Dit lyk ook of die kwotastelsel baie streng toegepas word. Waar gaan ons piesang republiek heen ?

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit raak interessant. Kom ons kyk waar slaan die stof uit.

Gerdus ·

Nou hoekom sal ons vir n ander land help met ontwikkeling as ons eie span so vrot is?

Filemon, The Wise One ·

Because sir, as the Wise One once said, “Jy kannie salf aan ‘n dooie perd smeer nie.” It’s like throwing money out a taxi window hoping it will pay the driver. We had to give up. Bafana bafana, hy werk nie weer nie. Eish!

antoinette ·

Gerdus, hulle het nie ‘n ander LAND betaal nie. Hulle het ‘n politikus van ‘n ander land betaal en vertrou terwyl niemand anders in die wêreld dit sou doen nie! Europa was mos “wys” en “suinig”! Afstammelinge soos ek en jy ook. DIS wat hulle verstaan as “Apartheid”. Dan verwag die SA Government steeds dat Europa ons land moet help om uit die gemors te kom… Ongelukkig is dit net die puntjie van die ysberg.

neelsie ·

Mbalula, hoe kry jy die nag om, of het jy nie n gewete nie. Almal kan sien hoe jy jouself in n hoek vasverf.
Die wereld en die FBI sien die ware kleure van die Anc. Deursigtigheid is dan een van die regering se standpunte.!!?

zahn ·

Fokile, jy kan dan ook glo dat as jy geld vir ‘n dwelmafhanklike gee, gaan hy uiteet in die Spur en nie die geld vir enigiets anders gebruik nie. 10 MILJOEN DOLLAR? Dink net hoe mooi kon ons eie onderontwikkelde agtergeblewenetjies uitdos in pragtige bont truitjies, elkeen sy eie bal gee, hulle teen mekaar laat speel in elke dorp, township of stat? Maar nee, die geld was nie bestem vir omkoop nie. Glad nie. Ja raait! Dis hoekom ek nooit die anc kan glo nie.

fransie rowles ·

Elfie jy stel dit so perfek!!

Ek sal daai een moet onthou!!

fiki ·

My kommetaar is nie geplaas van maroela nie. Seker omdat ek nie die FBI prys en die ANC sleg maak nie…. Weereens bewys jille my reg maroela

Sune van Heerden ·

Dagsê fiki

Dankie vir jou navraag. Ek kan nie enige kommentaar van jou sien wat uitgevee is nie? Het jy op hierdie berig kommentaar gelewer? Jou vorige kommentaar wys op die berig “Nuuskommentaar: Dis nie omkopery, dis net rassisme“. Laat weet asseblief indien jy iewers anders kommentaar gelewer het wat nie wys nie, dan kan ek verder ondersoek instel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.