Fifa-skandaal: Net span stywer om SA oor $10 miljoen

Argieffoto

Argieffoto

Die net span stywer om Suid-Afrika oor die $10 miljoen “omkoopgeld” wat blykbaar aan ’n voormalige vise-president van Fifa betaal is om die sukses van die Suid-Afrikaanse bod te verseker.

’n Brief, onderteken deur “dr. M. Oliphant”, destydse president van die Suid-Afrikaanse sokkervereniging (Safa), gerig aan Jérôme Valcke, sekretaris-generaal van Fifa, het nou opgeduik. (Brief hieronder).

In die brief gee Safa nie net opdrag dat $19 miljoen van die Fifa-geld wat die land moes kry vir die aanbied van die wêreldbekertoernooi teruggehou moet word nie, maar ook dat dit oorbetaal moet word in ’n rekening wat blykbaar geskep moes word wat as die Diaspora Legacy Program bekend moes staan. Daar word ook versoek dat die program regstreeks deur die president van Concacaf (Jack Warner) geadministreer en geïmplementeer moes word.

Dié fonds was glo bedoel om sokker te ontwikkel onder Afrikane wat in die Karibiese gebied in diaspora is. Die brief impliseer ook nou vir Valcke, wat pas ontken het dat hy die gesag gehad het om by so ʼn betaling betrokke te wees.

fifa-brief

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lizelle ·

En nog ñ rede hoekom ons land is waar hy is. As al die verduisterde geld terugbetaal word sal ons land seker een vd rykstes wees.

Berhalet Beukes ·

Wie het nou weer gesê “gaan julle eerder die Amerikaners glo?” Uit ons eie mense se hand… Lyk dit dan nou so! Foei tog, nog ‘n plank onnodig stukkend geslaan teen ‘n leë brein!

scalla ·

Daar is nog meer persone betrokke, dit gaan uitkom, korrup

Gielie - Namibia ·

Ek het vanaf dag een gesê SA se bod is “gekoop” en daar is dit nou. Die FBI sal nie so iets openbaar maak as hulle nie rede daartoe het nie. En toe slaan die ANC regering hulle naam met ‘n plank deur blitsvinnig aan te kondig dat die ouditeur-generaal bevind het dat daar nie so ‘n bedrag uitbetaal is nie…fenominaal die spoed waarmee hierdie ondersoek afgehandel is…..en dit nogals voordat die FBI se verslag behoorlik op die tafel is. Nog’n korrupte regmerkie by die reeds 100de opvdie ANC kerfstok.

Dave ·

Somtyds wanneer ‘n instansie so deel is van ‘n bedrogspul, word dit toegemaak. Wonder of die vervolgers beoog om Suid Afrika toe te maak. Dan kan dit mos nuut begin.

antoinette ·

Mooi, Dave! Net jammer dis nie SA wat so toegemaak moet word nie, maar eerder die SA Government wat blykbaar volgens Oliphant die besluit geneem het om ons land se mense so te besteel! En, dis nie die Amerikaners wat alleen ondersoek nie, Interpol is reeds betrokke. Weet enigiemand presies wie hierdie dr Oliphant konsuis is? Miskien kan hy na vore kom en die media vertel hoe hy die arme SA Governement sommerso kon beskuldig! Intussen neem ons ons polisielede af waar hulle in hul voertuie slaap. Miskien kan hulle ook vir ons almal verduidelik wie hierdie dr Oliphant is en hierdie SA Government…

Johan Pic's ·

Dit laat my verslae dat een van die eerste reaksies van sommige lede is dat die FBI ‘n agenda het! Die feit dat daar erg geknoei is, is nie balangrik nie – soos ons al gewoond is – die ou wat die saak op lappe bring is die skurk van die verhaal. Vra maar vir ons openbare besermer

Bruno Stef ·

Ag shympies ou Sjert Oosie jy kan darem se dat jy jou Baas met alles in jou vermoe ondersteun het met sy verklaring.Dit was nou n oortuigende poging vanaf jy en jou Baas om die vure te probeer doodslaan dit werk ongelukkig net in SA. Oorsee geld ander werklikhede en ondersoeke wat julle SG verklaring belaglik laat klink en baie beslis nie oortuigend nie.

frik ·

Nee die laaste verweer sal seker wees dis as gevolg van apartheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.