Fikile in Twitter-geveg met Olimpiese medaljewenner

Sunette Viljoen in aksie by die 2016 Olimpiese Spele in Rio. Foto: AP Photo/Matt Dunham

Sunette Viljoen in aksie by die 2016 Olimpiese Spele in Rio. Foto: AP Photo/Matt Dunham

Fikile Mbalula, minister van sport, en Sunette Viljoen, een van SA se Rio Olimpiese Spele-medaljewenners, het mekaar op Twitter aangevat oor geld wat aan Viljoen belowe is, maar nog nie betaal is nie.

Viljoen (32) het in Augustus ʼn silwermedalje vir Suid-Afrika in die spiesgooi by die Olimpiese Spele in Rio verower met ʼn allemintige gooi van 64,92 m. Viljoen het R200 000 vir haar silwermedalje ontvang volgens die aansporingskema wat vooraf deur die SA Sportkonfederasie (Saskok) opgestel is.

Met die Suid-Afrikaanse atlete se terugkeer na Suid-Afrika ná die Olimpiese Spele het Mbalula hulle op die lughawe verwelkom en ekstra geldbonusse vir goud-, silwer- en bronsmedalje-wenners belowe. Mbalula het toe aan verslaggewers gesê die bykomende kontant kom uit die departement van sport se begroting.

Viljoen het haar egter Maandag tot Twitter gewend om haar frustrasie uit te spreek omdat sy nog nie die beloofde R70 000 ontvang het nie. Sy het ʼn skermskoot van ʼn SMS-gesprek tussen haar en Mbalula getwiet. In die gesprek vra sy Mbalula wanneer sy die R70 000 sal ontvang aangesien sy die geld baie nodig het. Mbalula antwoord dan: “Jy het gesê jy het dit nie nodig nie. So ek hou by jou wense.”

Sunette Viljoen het hierdie gesprek tussen haar en Fikile Mbalula, minister van sport, op Twitter gedeel.

Sunette Viljoen het hierdie gesprek tussen haar en Fikile Mbalula, minister van sport, op Twitter gedeel.

Viljoen het in reaksie hierop op Twitter gesê: “[Ek het] nooit, ooit hierdie woorde gesê nie. Dit is hoe jy behandel word nadat jy ʼn Olimpiese medalje gewen het. Wat ʼn absolute skande. [Ek] doen dit altyd op my eie.”

Haar woorde was skaars koud voordat Mbalula ook op Twitter teruggekap het. Hy het in sy twiets gesê hy sal nie “die knie buig onder anargie nie” en dat hy “dag en nag deur Sunette en haar vriendin lastig geval word”.

“Saskok is ʼn sportkonfederasie van die departement van sport en ontspanning. Atlete is betaal – almal onder wie Sunette – vir hul Rio-deelname. Wat ek belowe het, was ʼn ekstra bonus om waardering te toon en uitnemendheid te beloon. Dit het Sunette geëis nog voordat dit belowe was,” het Mbalula getwiet. “E-posse, oproepe, SMS, twiets en alles. Ons word geteister deur iemand wat nie die gepaste proses waardeer nie [en] daagliks eise stel. Dit is mishandeling.”

Mbalula het verder ontken dat hy Viljoen op Twitter geblok het soos sy beweer het en gesê Viljoen het self die departement van sport se Twitter-rekening geblok.

Viljoen kon nie Maandag telefonies bereik word vir kommentaar nie. Sy het wel getwiet: “Verdere onderhoude sal my op geen manier help nie. Betaal ons net wat jy belowe het. Dis al. Moenie beloftes maak wat jy nie kan nakom nie.”

Mbalula se woordvoerder was nie Maandag per selfoon bereikbaar nie. Sy landlyn het ook onbeantwoord gebly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Johann ·

Ja wel…nie noodwendig n verrassing nie? Wens net ekt geweet waar.leer die klomp om sulke onvanpasde pollitieke bewoording soos anargie aan te haal?

Piet Snot ·

Tom, hoe kan jy dit sê? Hy’s die beste man vir die pos.
Wil jy my sê daar is mense in ZA wat nie op meriete aangestel word nie?

Phillie ·

Hy was nog altyd ‘n arrogante liggewig. Zuma se handlanger van sy “are you mockering me” dae. En haat wit mense ver meer as wat nodig is

Klip innie bod ·

Dit sal interessant wees om uit te vind of die ander Olimpiese medalje wenners die beloofde addissionele R70 000 ontvang het. Maroela doen aub opvolg en publiseer.

zahn ·

Beloftes, selfs nie verkiesingsbeloftes, maak skuld. Jy het gesê jy gaan betaal, niks van as hulle dit dalk nienodig eht nie, jy, Fikile, het gebrag daarmee. Nou toe, doen jou woord gestand. O ja. Jou woord is jou eer. Julle spul anc in die parlement het geen eer nie. Al eer wat julle ken is die laaste drie letters van begeer.

Thea Gerber ·

Het die versuim om te betaal iets met ras te doen? Wonder maar net.

Jan maak n Plan ·

Nou wonder ek maar net hardop. Het Castor en Wade al hulle geld gekry? Of het hulle gekry en is daar vir hulle gese om vreeslik stil te bly daar oor???????

Marinda ·

Ja dit hang af of die ander medaljewenners die ekstra geld gekry het. As sy die enigste was wat dit nie gekry het nie, kan sy seker kla, maar asseblief tog hou op om hom te teister vir geld. Dis ook nie reg nie.

foxi ·

Hemel Marinda, maar jy klink suur hoor! Daar staan geskrywe….. JOU JA MOET JA WEES OF JOU NEE MOET NEE WEES! En as jy iets belowe het….kom dit na.
Moet asseblief nie n mens verneder om te sê (ARMLASTIG) nie! Slegte smaak man!

Marinda ·

Jy was seker nog nooit deur iemand geteister wat geld geruik het nie. En dit nogal in die openbaar. Hy is ‘n minister nie haar tuinwerker nie. So iets sou nie onder die NP regering geduld gewees het nie, hoekom moet hy spring omdat sy nou besluit het sy het nog geld nodig? Dis onaanvaarbaar.

Ouvrou ·

Ek hoop jy sit nooit in dieselfde bootjie nie Marinda. Jy is darem baie bitsig

John ·

Miskien het die geagte minister dringende werk aan sy tande nodig. Baie gekruide… taal is ‘n roes op ‘n mens se tande. Die salarisse van ministers is glo ook nie van die beste nie en hulle moet so baie sportbyeenkomste en funksies bywoon en glo self daarvoor betaal ook nog… have mercy!

zoom zoom ·

Hy het seker die geld vir trip oorsee gebruik om boks te gaan kyk. Seker sy familie en getroue vriende saam gevat

mollie ·

Marinda, dit is geld wat hy op internasionale tv vir die atlete belowe het, die dame bedel nie vir geld nie, sy herinner hom net aan sy belofte

Marinda B ·

Dit is swak om iemand te teister vir geld. Ek kan my net indink hoe word hy gepla. Kry eerder ‘n prokureur of kontak die regshulpraad as jy dan so armsalig is.

As dit verdien is ·

Marinda dit wat jy kwytraak is in swak smaak daai Atleet het hard geoefen om te kom waar sy is ons het min geboeg atlete wat nog belangstel in sport as ek in n land met sulke swak ondersteuners gebly het sou ek nie eers deelneem PUNT hy het dit belowe ongeag of sy nodig het of nie moet dit aan haar betaal word en since sy die geld nodig het het dit by jou opgekom dat sy dalk nie regshulp kan bekostig of is jy een van daai met die silwerlepel in die mond die dat jy so maklik praat

Corrie ·

Het die ander Olimpiese medalje wenners die beloofde R70k ontvang?

namibia ·

Hy gebruik dieselfde woorfe as sy No1 — Ek het nooit gese nie. Klink dit nie ook bekend nie.

Koos ·

Ek het sy woorde ook op tv gehoor wat hy die atlete belowe het. Maak vrede daarmee dit is altyd net belofte op belofte. Dit is hoekom die wiele begin afval.

Johann ·

Nee julle verstaan nie. Hy wag nog om daai geldjies van die Guptas te krybas hy weer shibeen toe gaan saam.ESKOM…shame.

Siesa ·

Sy het seker die R200 000 wat sy reeds gekry het geblaas en probeer nou bloed uit ‘n klip tap. Blok hulle minister! So vermetel en gierig,

Jakoba ·

Die R 200 000 was om hulle vliregkaartjie, voedsel en verblyf te dek. Dink jy dit kos R 500 rand om oorsee te gaan, te eet en te bly. Vliegkaartjies kos maklike R60 000 dan kom jou kos nog by en verblyf elke dag wat betaal moet word, wat dink jy bly dan oor? Nie veel nie. Og daar is ook nie pille vir ……..

Ouvrou ·

Wag toe iemand jou geld skuld dan sien ons of julle met gevoude hande op die stoep sit en bid dat dit uit die lug val. Of sal Siesa en Marinda ook dan teister tot die biesies bewe?

Janine Wheatley ·

Nice spelling Minister. Paid, not payed. He is just playing power games.

Janneman ·

Nee wat, more onthou sy weer iets anders wat hy belowe het, dan pla sy weer van voor af. Ons ken mos die storie.

Bert ·

Ek steun nogal die minister. Sunette was orals op sosiale media in sy gesig. Nou vra sy vir die geld. Sy moes anders te werk gaan.

Lynni ·

Ek glo nogal die minister. Sy is dan al een wat kla. Klink bietjie gierig. Mens moet ook nie met alles na social media hardloop nie.

DisErg ·

Hulle was skaars terug toe teister sy hom al vir die geld…ek wonder net of die ander ook nie hulle geld gekry het nie dat mens niks van hulle hoor nie of het hulle net meer waardigheid en geduld. Dis dalk haar gekaring wat hom so aspris maak. Ek weet nie, ken nie rerig die hele situasie nie maar sal ook biekie geiriteerd geraak het met haar. Sy het die geld gekry wat sy moes kry. Sy noet nou maar net geduldig wag vir haar bonus, soos alles in die land gaan dit seker ook net stadig.

Tong innie kies ·

Volgens ander nuusberigte is daar van die ander atlete wat ook nie die beloofde geld gekry het nie.

Jean ·

Ai nee, eerstens raak ‘n Minister nie in ‘n Twitter geveg betrokke met iemand nie, doen dit op ‘n professionele manier, ontmoet haar dalk, en praat die saak uit. Tweedens as jy dit belowe het, MOET jy dit betaal, of sy dit nodig het of nie. Suid Afrika wil altyd spog met hulle atlete oorsee, veral as hulle goeie resultate behaal, maar min van hulle word finansieel ondersteun. Moet dus nie huil as sy vir ‘n ander land gaan deelneem soos wat duisende ander sportsterre reeds doen nie. Put your money where your mouth is or actually WAS !

johann barnard ·

Ek sal nie vir hierdie land aan iets deelneem nie,ek skaam my dood.

F ·

Marinda en Jean is reg.
Hierdie gesprek behoort nie op Twitter nie. Sunette het nie die reg om die minister op Twitter te kontak oor geld nie. Ja sy is daarop geregtig want dit is belowe. Maar elke ding het sy plek. Na my mening soek sy net publisiteit. Die minister se reaksie wys ook dat hy maar baie emosioneel onvolwasse is.
Maar daan, wie is ek nou om te praat.

Cherokee ·

Soos jy sê, wie jy om te praat. As hy beloftes gemaak het op TV om geld uit te deel wat nie aan hom behoort nie kan sy hom twitter tot by oom Daanjie in die kallerhok.

Jossie ·

Wel, sy kan dit maar nou koebaai soen. Beggars can’t carry big sticks.

Lance ·

Hou asb aan om hom te pla tot jy die geld het …hy het dit dan belowe …as dit nie werk hang dit asb aan die groot klok …goedso !

Johnie walker ·

Die geld is seker aangewend om Johnie Walker te koop?

Liewe heksie ·

Ma is die minister nie ook deur die cuptas daar gesit nie? Ek vra ma net

Manie ·

Hierdie anc hanswors is mal daaroor as die TV kameras draai allerhande twak kwyt te raak. Kan seker nie betaal want sy baas en die Guptas steel die land leeg

Estelle Gerber ·

Mnr Fikile Mbalula, u het n belofte vir ekstra geld vir die medaljewenners van die Olimpiese Spele gemaak wat regstreeks gebeeldsend is aan miljoene mense in Suid-Afrika…… n belofte maak skuld! Betaal die beloofde geld asb!

Estelle Gerber ·

Mnr Mbalula, betaal jou skuld soos jy regstreeks op tv belowe het!

krater ·

Hy betaal dalk nog af aan die sokker bribe van 2010!!Hy moet die krater in sy gesig toemaak want daar val net as uit.

Rabes ·

Ek ken ‘n jong man wat RSA in Rusland verteenwoordig het vir amateur stoei. Hy het nie ‘n sent van die sportfederasie of enige plek ontvang nie. Sy familie moes self opdok so waaroor kla die atlete wat R200 000-00 ontvang het.

magda ·

Fikile het die belofte in sy hoedanigheid as minister gemaak en is gebeeldsend in SA. Hy het ‘n verpligting om hierdie beloftes aan die atlete na te kom – treiter hom via enige kanaal.

Mariaan ·

Swak smaak minister! Jy kan nie spel nie…jy raak betrokke in n twitter gestry…eerder om net te doen wat jy belowe het!! Maar dan…dis die probleem…GEEN TROTS…GEEN RESPEK vir reg en verkeerd…pateties!

Wallie ·

Ons het kennisse wat by Vrystaat atletiek werk en Wade het sonder sy Audi R8 meer as 5 mil rand by verskillende instansies gekry waaronder SA Sport hom meer as die belofte op tv betaal het. Caster het ook heelwat meer gekry.

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Wade verdien elke sent. Hy is nederig en het damn hard gewerk vir alles wat sy kant toe kom. Ekstra geld word baiekeer deur advertensies of borge betaal. Moenie hom by die vuilspul sleep nie asb. Hy eht nisk hiermee te doene nie!

dolphin ·

die minister van die sport steel die government se geld allerhande se belasting mens moet dit betaal die belofte wat nagekom het kom niks selfde van die president het belofte van die land gemaak kom niks oppas die woord uit die mond.die mense wat die woord sal glo sal betaal word vir die olimpise van rio .kry mense jammer om nodig geld verdien wat harde werkende loopbaan toegespit.sterkte.

My tweesent bydrae ·

Die minister skuld haar die geld . Dit is n beginselsaak .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.