Filmregisseur Bromley Cawood oorlede

Bromley Cawood (Foto: Bromley Cawood/Facebook)

Die filmregisseur Bromley Cawood is Vrydagaand oorlede. Hy was ook die broer van die aktrise Elize Cawood.

Elize se dogter, Jenna Jo Dunster, het die nuus op sosiale media bekendgemaak. “My oom, Bromley Cawood, is gisteraand net voor middernag oorlede. Hy het geval en is op 22 Desember in die hospitaal opgeneem. Sy gesondheid het vinnig daarna agteruit begin gaan,” het Jenna Jo gesê. “Ons harte is baie seer.”

Bromley was onder andere bekend vir sy werk op Egoli: Afrikaners is plesierig, Susanna van Biljon, Wolhaarstories, en die TV-reekse Egoli: Plek van Goud, Behind the Badge en The Res.

Die bekroonde Elize Cawood is in Julie 2020 oorlede. Haar bekendste TV-rol was waarskynlik dié van Pop in Verspeelde lente en op die silwerdoek teenoor Marius Weyers en Peter Sepuma as die ryk Afrikaanse vrou in Taxi to Soweto. Sy was ook te sien in flieks soos Die wonderwerker en Lien se lankstaanskoene.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.