Finale loonaanbod aan munisipale werkers gemaak

geld-munte-kleingeld

Foto: Negative Space/Pexels.com

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) het Woensdag gesê hy het sy finale salarisaanbod aan vakbonde in die munisipale sektor ter tafel gelê.

Sivuyile Mbambato, woordvoerder van Salga, het gesê hulle het ʼn finale aanbod van 6,6% met inflasiegekoppelde verhogings in die laaste jare van ʼn driejaar-loonooreenkoms ter tafel gelê.

Die vierde en finale ronde van die onderhandelings is vandeesweek in Durban gehou.

“Die vakbonde het formeel hul hersiene aanbod van 8%, ʼn minimum loon van R7 393 en ʼn verhoging wat aansienlik hoër is as inflasie vir die tweede en derde jaar van die ooreenkoms aangebied,” het Mbambato gesê.

Mbambato het verder gesê die vakbonde het geëis dat werknemers wie se inkomste as té laag geag word om huisfinansiering te bekom, maar té hoog is vir RDP-behuising, ʼn niepensioendraende toelaag van R378 ontvang.

Die vakbonde het ook geëis dat die drumpel vir dié kategorie van werknemers van R8 000 na R15 000 verhoog word.

Die munisipalewerkersvakbond Samwu het gesê hy sal ʼn verdere mandaat by werkers wil verkry ná die vierde en finale ronde onderhandelings met die werkgewer se verteenwoordiger.

Vakbonde het in Desember aan die begin van die onderhandelings óf ʼn 15%-salarisverhoging óf R3 150, watter een ook al die meeste is, ʼn maandelikse salaris van R10 000 minimum en behuisingstoelaag van R2 000 geëis.

Simon Mathe, sekretaris van Samwu, het gesê ná aanbieding van die fasiliteerder se voorlegging sal hulle met hul lede beraadslaag tydens algemene vergaderings.

“Dit sal dan oorbeweeg na spesiale provinsiale uitvoerende komitees en ʼn vergadering van die spesiale sentrale uitvoerende komitee (CEC) wat die posisie van die vakbond sal konsolideer. Die CEC is die struktuur wat die vakbond die mandaat sal gee om óf die aanbod te aanvaar óf ʼn geskil en sanksie as staakaksie wat strook met die vakbond se grondwet te verklaar aangesien die getal onderhandelingsrondes waarop ooreengekom is nou uitgeput is.”

Vakbonde sal na verwagting in Mei die Suid-Afrikaanse onderhandelingsraad van plaaslike regering inlig oor hul besluit om die fasiliteerder se aanbod te aanvaar óf te verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Tyd om ontslae te raak van “munisipaliteite” en hulle hopelose diens en onder-aktiewe werkers……en in elke woonbuurt ‘n kontrakteur aan te stel om die werk te doen. Dit kan gedoen word, as mens net wil…………

CAROL ·

Ja nee ruk die dam onder die eend se gaai uit – maar mind you hul kry mos wat hul wit he!!!!

Wonder ·

Nou weet ons hoekom die Kaap se mislikepaliteit die water en grondbelasting met 27% wil verhoog! Die krag moet ook glo verhoog word! Ek wil ook vir hulle gaan werk!

Neewat ·

Ek weet nou daar is weer RYKES wat gaan se hierdie is so ‘n LAE salaris mense kan nie hiervan leef nie . maar dan moet ek byse . daar is gegradueerde mense wat nie werk kry nie en daarom vir MINDER as dit bereid is om te werk .. wit en swartmense MET grade werk vir minder as dit maar die MUNISIPALE werkers en skoonmakers deesdae dink hulle is R15 000 werd? HOU ALTYD die kwalifikasies en die DIENS wat mense lewer in ag wanneer julle mense se salarisse meet .. Moenie kyk na wat bekostigbaar is nie, as jy almal ‘n bekostigbare salaris wil gee moet dit R25 000 + wees en regtig wie kan dit vir ‘n skoonmaker en asdromverwyderaar betaal?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.