Finale waarskuwing vir konstabel ná hy glo swanger vrou verkrag

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Konstabel wat in hegtenis geneem is in verband met die verkragting van ʼn 19-jarige swanger vrou het ʼn finale geskrewe waarskuwing by die polisie ontvang na hy Donderdag in die Strand‑landdroshof verskyn het.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het gesê die man is Woensdag deur Opod in hegtenis geneem.

Dlamini het gesê Jerome Benedict Coetzee (38), verbonde aan die Lwandle‑polisiekantoor het Donderdag in die hof verskyn in verband met die beweerde verkragting op 4 Julie 2018. Hy staan tereg op aanklagte van verkragting, dwarsboming van die gereg en ontvoering.

Volgens Dlamini word dit beweer dat die slagoffer, wat swanger was in daardie stadium, by haar huis was toe polisiebeamptes by die huis opgedaag en dit deursoek het.

“Die polisiebeamptes het glo dwelms gevind en die huis saam met die slagoffer verlaat om na haar kêrel te soek. Die verdagte het na die Lwandle‑polisiekantoor gery waar hy twee van sy kollegas afgelaai het en met die slagoffer verder gery het,” het Dlamini gesê.

Die konstabel het toe glo vir seksuele gunsies gevra in ruil daarvoor dat die vrou nie in hegtenis geneem word nie.

“Die slagoffer het die konstabel ingelig dat sy nie gemaklik is met sy versoek nie maar het later ingegee. Die verdagte het toe na ʼn afgeleë gebied gery en die slagoffer verkrag. Die beampte het nie die slagoffer in hegtenis geneem of die dwelms ingehandig as bewysstuk nie,” het Dlamini gesê.

Coetzee het borgtog van R2 000 en ʼn finale waarskuwing by die polisie ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Chris ·

Weereens n koruptenaar in polisie uniform . Dit het in Julie gebeur nou eers gearresteer. Hoeveel oortredings het hy al begaan as hy nou n finale skriftelike waarskuwing kry. Wat n klug

Poppie ·

Klink vir my verkragtings word tipe van goedgekeur as jy in die polisie is. Siek siek siek verby. En hy behou sy werk, rerig?????

Netso ·

SA is daar geen lewe meer in jou oor nie ? Wie onthou nog om te salueer as jy by ñ swanger vrou verby stap met uniform? Ag nee!

Alida ·

Siende dat hy n SAPD lid is moes hy onmiddellik afgedank gewees het en 20 jaar tronkstraf gekry het. Nou se hy net “sorry” en gaan aan met sy veragtelike dade. Siek verby.

Staak saam ·

Hoe is dit verkragting as sy ingegee het?
Dit is afpersing en daai polisieman verdie gratis losies in C-max.

What A Disgrace ·

That Presiding Officer at the Departmental trail have demonstrated that he / she is not serious about getting rid of a member that are a disgraced to the rest of the Faithful and Loyal Dedicated members of the SAPS.

That Presiding Officer had Failed the SAPS in respect of upholding the organisations Values / Morals / Ethics and Code of Conduct.

Thereby demonstrating that it is A OKAY to be Corrupt and un Ethical and still be employed in the SAPS.

Also a very clear demonstration of the double standards when it comes to departmental trails.

wolla ·

Hoe kan dit verkragting wees as sy toestemming gegee het? Kan nie sien hoe die verkragtingklag kan slaag nie.

Sarel ·

Mense, dit is verkragting soos enige ander verkragting, di vrou het nie vrywillig in gestem nie maar is gedwing, die keuse is jy gaan tronk toe of laat my toe. Die vereiste vir seks is dat dit , let wel, vrywillig moet wees. Dink julle dit was vrywillig???

Mm ja nee ·

Hy het sy kollegas by die polisie stasie afgelaai? Hulle het ook gefaal, nie opgevolg oor die dwelms of arrestasie nie.. Meer as een ou verdag hier

Isabel ·

Maar NET n waarskuwing, NADAT hy n vrou verkrag het???!!! Liewe Hemel maar dit is ongelooflik!! Nee kyk, om nou doodeerlik te wees, niks maar NIKS verbaas my meer in hierdie land van ons, korrupte amptenare misbruik hul mag en Jan Publiek moet die spit afbyt. Pateties!

Hoofman ·

Nee wat, hoofman só-en-só meen steeds hierdie en ander dinge gebeur mos nooit in die wonderlike Reënboogland nie. Daarom is mos net ‘n “waarskuwing” nodig, nê.

Manie ·

Ek sê al lankal die ANC se praatjies en spesiale vroue weke is net skyn. Hulle het geen respek vir vroue regte in die land.

PJC ·

Al wat ek kan sê is blikskottel maar dit gaan lekker by die polisie. Nog nie vantevore van so ń jollie spul gehoor nie.

Nel ·

Om ‘n swanger vrou te verkrag is amper erger as die Dros-verkragting – en ek hoor geen haan kraai nie! Waar is die EFF, ANC vroue- liga en al die skuimbekkende en histeriese getalle wat ‘n paar dae gelede so tekere gegaan het nou??

Jannie ·

Finale geskrewe waarskuwing? REGTIG? Sjoe, wat ‘n helse straf!!! En so bly die polisie vol kriminele!!! Hierdie land is die grap van die wêreld!!!

Oom Kalahari ·

Mensig, maar dit gaan lekker in die uniform bedryf. Ek glo van harte daar is meer sulke gevalle, maar word net nie gerapporteer nie. Die swanger vrou was onder druk en vrese geplaas met geen keuse as om maar toe te gee in haar toestand. Sy pligte volgens opleiding is om te beskerm en te dien of het die opleiding nou verander na nuwe sillabuse. Kan nie glo dat hy net ‘n finale waarskuwing kry sonder enige verdere vervolging nie asook met ‘n dienende misdaad rekord as ‘n verkragter. Wat ‘n goeie Mag met sulke optredes.

Tanya ·

Nou verstaan ek nie:Laaste waarskuwing? So dit het al voorheen gebeur? En dis ok? Dit moet net nie weer gebeur nie? Wonder wat sou gebeur as sy jonger was….

Tanja ·

Wolla? Regtig? Hoe werk jou gedagtes? Sy is VERKRAG!!
Ek kan nie glo die polisieman word net gewaarsku? Hoe werk dit, verkrag ‘n vrou en jy word gewaarsku. Sê jou sê in woede of lewer jou opinie en jy is wit, word jy tronk toe gestuur en afgedank. Dis so totaal korrup!!!

christa ·

die polisie is meestal korrup. Die paar wat nog probeer eerlik lewe se naam lei daaronder. Ek wat uniform gedra het is trot om te se ek het dit in die ou regering se tyd gedra, want nou sou ek skaam wees om te se ek werk vir so ‘n korrupte plek.

bgj van der westhuizen ·

die sapd vra vir om koop deur met haar seks te he waar sy so te se gemaak is om ja te se dis in n sin is dit verkragting en hy kry waarskiwing watter belaglike straf
maar nou vra ek die volgende vraag waar is die anc da acdp en ander vrou afdelings wat altyd so gou betoog as vroue regte benadeel word ????????????????????

En nou? ·

Ons het maar toevallig van hierdie voorval gehoor, hoeveel hoor ons nie van nie…

Verskoning ·

FINALE WAARSKUWING VIR VERKRAGTING .. MAAR DIE BLF EN EFF EN ANC EN DA EN MRK EN WOMENS LEAGUE GAAN WAG BY DIE DROS VERKRAGTER SE verhoor?? Ek verstaan regtig nie die onregverdigheid en INJUSTICE in hierdie land nie . hulle voel EINTLIK niks vir verkragte vroue en kinders nie SOLANK die oortreder net WIT Is dan word ‘n groot hoo haa daarvan gemaak .

Sarel ·

Mens wonder waarom is die beampte nie summuur ontslaan is nie.
Wys jou hoe vrot is die SAPD aan die binnekant, totaal vrot.

Christo ·

Dubbele standaarde. Dis ‘n skande dat
afpersers en verkragters nog in die polisie is. Geen wonder dat ek liewer misdaad by die SACCW aanmeld as om ‘n SAPD lid op my werf toe te laat. Agge nee man kan die ander polisie unies nie appél aanteken teen die departementele verhoor se uitslag nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.