Finansiële bestuurder ‘swaar gevonnis’ vir bedrog

geld ekonomie suid-afrika

(Argieffoto)

ʼn Man het Woensdag in Port Elizabeth se gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn op talle aanklagtes van bedrog van meer as R2 miljoen.

Jaco Scheepers (43), ʼn voormalige finansiële bestuurder by Shopfit National, het skuldig gepleit en is 12 jaar tronkstraf opgelê. Shopfit National is deel van die Shopfit-groep wat spesialiseer in grootmaatvervaardiging, winkelgoederevervaardiging en kleinhandelkonsepte.

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) se kommersiële misdaadondersoekspan het bewys dat Scheepers tussen Maart 2017 en April 2019 fiktiewe verskafferfakture uitgereik het, waarna die geld na sy persoonlike bankrekening oorgeplaas is. Altesaam 32 elektroniese fondsoorplasings is gedoen, wat sy werkgewer R2 038 584 uit die sak gejaag het.

Brig. Bongani Maqashalala, waarnemende provinsiale hoof van die Valke in die Oos-Kaap, het die ondersoekspan sowel as die vervolgingspanne bedank vir die uitspraak.

“Ons glo dat hierdie vonnis ʼn boodskap aan witboordjiemisdadigers sal stuur en dat die vonnis as ʼn afskrikmiddel vir ander sal dien,” het Maqashalala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Scalla ·

Goeie nuus, laat hy boet, hoe word die saak so vinnig afgehandel en sommige politieke oortreders sloer jare al?

Piet ·

Goed so, wanneer sien ons Markus Jooste in die tronk? En Christo Wiese? R2mil is kleingeld teenoor hulle bedrog

Sobymykoolkop ·

Verduidelik asb vir my. Net gister in die media is berig dat ñ man ń ander een met ń mes doodsteek, sy straf? 8 jaar tronkstraf. Ek stem 100% saam die straf van Scheepers, maar waar is die groot visse? Waarom word daar voete gesleep om hulle aan te kla en te straf?

koos10 ·

Nog meer as sy straf, waar is die geld? Is dit terugbetaal, of was dit vir hom die moeite werd?
Dan loop hy binne 4 jaar (en moontlik nou gouer met COVID saam) op straat rond en pleit vir ‘n tweede kans. As die geld nie verhaal is nie beteken dit R500 000.00 per jaar in die tronk, belasting vry! Ek werk al 30 jaar en sien nog nie die tipe geld nie.

Cherokee ·

Julle praat asof dit so verskriklik is. Te kyke na wat in Suid Afrika aangaan, is witboordjiemisdaad bloot collar & tie crime.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.