Finansiële las van klimaatsverandering moet deur skuldiges gedra word

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Suid-Afrika het die afgelope naweek deelgeneem aan die Verenigde Nasies (VN) se COP28-klimaatberaad in Dubai waar “belangrike besluite geneem is wat die toekoms van ons planeet sal beïnvloed”.

Die situasie vir ontwikkelende lande is egter vererger deur maatreëls wat ingestel is om lande te dwing om minder koolstof vry te stel.

Pres. Cyril Ramaphosa sê die behoefte om Suid-Afrika se energiesektor koolfstofvry te maak, het selfs dringender geword in die lig van koolstofbelasting en ander maatreëls “wat deur ontwikkelende ekonomieë ingestel is in die stryd teen klimaatsverandering”.

“Hierdie maatreëls gaan baie lande met ontwikkelende ekonomieë kwes, hul uitvoere minder mededingend maak en hulle die ekonomiese las van klimaatoptrede laat dra,” sê die president in sy weeklikse nuusbrief.

“Dit is om hierdie redes dat die Suid-Afrikaanse afvaardiging hom uitgespreek het teen dié eensydige optrede.”

Ramaphosa sê geen van die beloftes, ooreenkomste of besluite sal suksesvol ingestel kan word as die lande wat verantwoordelik is vir klimaatsverandering nie diegene help wat nou die gevolge daarvan moet dra nie.

“Soos alle ander ontwikkelende ekonomieë sal Suid-Afrika massiewe finansiële steun benodig van die lande wie se ontwikkeling die primêre oorsaak van klimaatsverandering is,” het hy gesê.

“Die lande wat die meeste tot klimaatsverandering bygedra het, en daarby gebaat het, moet dié lande wat nou die gevolge daarvan dra, ondersteun.”

Ramaphosa het ook sy kommer te kenne gegee dat ontwikkelde ekonomieë steeds nie hul verpligtinge nakom om ontwikkelende lande te ondersteun met die tegnologie en kapasiteit wat nodig is vir doeltreffende klimaatoptrede nie.

Selfs al probeer Suid-Afrika sy billike energieoordrag (in Engels bekend as die Just Energy Transition, of JET-plan) instel, wat onder meer beoog om ʼn koolstofvrye ekonomie in Suid-Afrika te vestig en om die uitwerking van klimaatsverandering te help teëwerk, sê Ramaphosa dat dit nie suksesvol gaan wees as daar nie genoeg geld is nie.

“Die finansiering wat deur entiteite soos die Groen Klimaatfonds en die Aanpassingsfonds gekanaliseer is, is onbeduidend,” sê hy.

Die lande het by die beraad besluit dat daar ʼn fonds gestig moet word om kwesbare lande te help met verliese en skade wat aangerig is weens klimaatsverandering.

Hoewel dit ʼn stap in die regte rigting is, sê Ramaphosa die fonds sal “aansienlik opgebou” moet word sodat Suid-Afrika en ander lande hul doelwitte wil bereik.

“Om die oorgang na ʼn koolstofvrye ekonomie te regverdig kan gemeenskappe wat geraak word nie van beloftes lewe nie. Werkers en gemeenskappe wat tans van steenkool en ander fossielbrandstofbedrywe afhanklik is, benodig lewensvatbare alternatiewe om ʼn lewensbestaan te verseker,” sê hy.

“As ʼn land wat tans met ʼn energiekrisis worstel, het ons dit by COP28 duidelik gemaak dat die pas van ons regverdige energie-oorgang gelei sal word deur ons ontwikkelingsprioriteite. Ons JET-implementeringsplan maak dit duidelik dat ons effektiewe stappe teen klimaatsverandering kan doen terwyl ons energiesekerheid vir al ons mense nastreef.”

Te midde al die uitdagings sê Ramaphosa dat Suid-Afrika nietemin nou die regte koers inslaan om klimaatsverandering te pak en die land se mense teen die gevolge daarvan te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Steenkool of nie, hierdie land het nie krag nie.

Witbaard ·

Presies wat ek met die vorige artikel op kommentaar gelewer het. Eers gaan hy die Westerse lande die skuld gee en dan geld bedel

Andre ·

…CR speel lekker viool in die buiteland, terwyl Rome brand!
So het ons hom leer ken.

Samuel ·

CR dink seker die wêreld luister na hom en skrik vir hom. Hy blameer die Westerse lande vir sy regering se foute. Sou die Weste geld gee vir die JET program, waar gaan dié geld werklik opeindig?

domheks ·

Bakhand – al wat cr BAIE goed kan doen! As die kaders nie so baie by die trog vreet nie kon ons dalk al ander lande help …

Euodia ·

Ja, staan alweer bakhand terwyl die korruptes hier wegkom met land se geld. Promises, promises.

Gerrie ·

Die gepeupel en kaders gaan nou bakhand staan en teem vir nog van ‘ryk’ lande tot in lengte van dae.

Anel ·

O, hel, waar val hy uit?? Nou sê vir ons wie is fie skuldige lande? Ons WAS ook ‘n eerste wêreld voor die anc se vuil kloue in die ekonomie in geslaan het. En hy kan ook net bakhand staan by hierdie tipe berade. Wat het hy om te bied in ruil. Die weste kry ook deesdae swaar met al die onwettiges wat na hulle toestroom. Wat se planbe het hy nou al gemaak om die kastige klimaatsverandering te verander? Dis in elke geval ‘n foefie vir een of ander obskure rede. Ek val in elke geval nie vir dit nie. Dat daar iets fout is, miskuen maar dan moet die mens ophou om woude te vernietig. Dit is die groot oorsaak. Nie meer genoeg bome nie!!! Maar dis my siening. Al wat ek weet is dat ramaposa NIE geld moet kry nie!!!!

Papsak ·

Al wat gaan werk anc en Ramaphosa moet uit gelig word hulle kan nie land regeer nie en Ramaphosa voel n veer vir ons almal en die land so raak ontslae van die gespuis en vinnig ook hulle is niks werd nie regtig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.