Finansiële verligting kom glo vir Gauteng-motoriste

Argieffoto

Argieffoto

David Makhura, premier van Gauteng, het Maandag tydens sy provinsiale rede “groot finansiële verligting” vir motoriste beloof.

“Die provinsiale regering is deel van die huidige konsultasieproses om ʼn beter bedeling te ontwikkel wat die negatiewe impak van e-tol op die mense van Gauteng sal verminder,” het Makhura gesê. “Ek is vol vertroue dat die nuwe bedeling groot finansiële verligting aan motoriste sal bied, terwyl die betaalstelsel vereenvoudig word om dit vir motoriste makliker te maak om te betaal.”

Die provinsiale regering is deel van ʼn konsultasieproses wat deur adjunkpresident Cyril Ramaphosa gelei word.

Hy het gesê die finale besluit oor die nuwe dispensasie sal gemaak word sodra die werk van die interregeringspan afgehandel is nadat hulle ʼn verslag van die e-tolhersieningspaneel ontvang het.

Makhura het verlede jaar die e-tolhersieningspaneel op die been gebring om die sosio-ekonomiese impak van e-tol te ondersoek.

Makhura het Maandag gesê volgens die paneel was die Gauteng hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) voordelig tot die ekonomie en inwoners van Gauteng. Dit sluit beter gehalte paaie, verminderde reistyd, petrolbesparing, laer motorbedryfskoste en verbeterde logistieke doeltreffendheid vir besighede in.

Die paneel het bevind dat die e-tolstelsel in sy huidige formaat “onbekostigbaar” en “ongelyk” is en ʼn “onbehoorlike las” op lae- en middelklasinkomstehuishoudings het en dat dit “administratief te veeleisend” is.

Die paneel het aanbeveel dat elemente van die huidige stelsel hersien moet word om die bekostigbaarheid, gelykheid, regverdigheid, administratiewe eenvoud en volhoubaarheid aangespreek word.

Makhura het gesê hy het die aanbevelings met die plaaslike en nasionale regering bespreek. “Die stelsel moet hersien word om die bekostigbaarheid aan te spreek,” het hy gesê. Die paneel het onder andere ʼn hibriede befondsingsmodel aanbeveel wat sal bestaan uit bydraes van die nasionale en provinsiale regering om die finansiële las op motoriste te verlig.

E-tol is in Desember 2013 in Gauteng ingestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Etienne ·

Moegoe , as dit verniet is is die prys net reg. Anders moenie dat die middelklas die laer klas subsidieer nie. Gatvol vir cANCer!

Charles ·

Ek betaal reeds belasting ten duurste geen geld van my vir E toll se vetgesmeerde kalf nie Sorry

Jean ·

Haha die clowns anc wil dieselfe parasitiese package verkoop net met n ander wrapping. Bietjie breinspoel hier en met nog lee beloftes daar probeer rookskerm hul die feit dat hul nog steeds jul geld wil vat met dieselfde e~tol skema maar nou met ander naam en siedaar!!! Jis maar hul skat n ou maar lekker vlak ne…

Bruno Stef ·

Wat verhoed die planmakers van E tol om die prys dan in n jaar of twee na die aanvaarding deur die publiek na hulle teikens op te skuif nie. Dit kos net n bietjie bluf van SG besorgheid om die publiek te laat inkoop by die hele skema en as hulle jou besonderhede het lag hulle lekker vir hulle meesterplan wat AGV die hele blufspul plaasgevind het.

Griet ·

Hulle gaan steeds NIKS betaal word nie. Ons het nie daarvoor gevra nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.