Finansiering van miljarde moet opkomende boere help

(Argieffoto: Jo Raubenheimer)

Die Landbank en die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het ʼn “gemengde finansieringskema” van R3,2 miljard bekend gestel om boere te help.

Volgens die departement gaan die program oor ʼn tydperk van 10 jaar ingefaseer word, met die departement wat minstens R3,2 miljard in hierdie tyd sal belê.

Finansiering berus op ʼn gemengde struktuur wat bestaan uit ʼn kombinasie van lenings en toelae wat fokus op kommoditeite soos uiteengesit in die landboumeesterplan.

Die departement en die Landbank belê elk R325 miljoen per jaar, wat eindelik sal lei tot die skep van ʼn fonds van R650 miljoen per jaar wat teen die einde van die derde jaar tot ʼn verwagte R1,95 miljard moet aangroei.

Volgens die departement is die Landbank ʼn spesialis- finansieringsinstelling wat sy strategie aangepas het om finansiële volhoubaarheid en ontwikkelingsuitkomste te balanseer sodat daar sinvol tot Suid-Afrika se landboubedryf bygedra kan word.

Volgens die departement kwalifiseer Suid-Afrikaanse burgers, asook boerderyondernemings in swart besit of wat deur swart mense bestuur word en kommersieel lewensvatbaar is. In die geval van ʼn gesamentlike onderneming moet die nie-swart-vennoot 40% hê, maar nie minder as 26%-eienaarskap in die onderneming nie. Ondernemings waar werkers in 10% van die wins deel en jong mense, vroue, mense met gestremdhede en militêre veterane in diens neem, kwalifiseer ook.

Die bank het ʼn skoon oudit vir die afgelope boekjaar ontvang, wat volgens die departement dui op goeie bestuur en behoorlike beheer en die vermoë om die finansieringskema suksesvol in werking te stel.

“Strategiese vennootskappe soos hierdie is belangrik om groei, voedselsekerheid en die ontwikkeling en transformasie van die landbousektor te verseker en werksgeleenthede te help skep,” sê Thoko Didiza, minister van landbou.

Thabi Nkosi, voorsitter van die Landbank, sê ook om bekostigbaarheid te verseker en insluiting te verhoog, en om die mislukking van nuwe toetreders tot die bedryf te verminder, gaan die bank die gemengde model volg om ontwikkelende boere te ondersteun.

Die projek is daarop gemik om die ontwikkeling van klein- en mediumgrootte produsente te steun sodat hulle aan die hoofstroom-ekonomie en die breër landbouwaardeketting kan deelneem.

Dit moet grond- en landbouhervorming suksesvol help maak deur steun te gee aan die ontwikkeling, verkryging en produksie-uitbreiding van kwalifiserende swart produsente. Dit moet ook ekonomiese groei en die uitbreiding van die landbousektor bevorder, die herverdeling van grond en welvaartskepping versnel, werksgeleenthede skep, transformasie bewerkstellig, invoere verhoog en grondhervorming en landelike ontwikkeling doeltreffend maak.

Teikensektore sluit in vrugte, neute, groente, grane, suikerriet, pluimvee, vark, bees en skaap en ander sektore wat die landboumeesterplan ondersteun.

Toegang tot finansiering sal regstreeks deur die Landbank geskied en die departement sal ʼn oorsigrol speel. Toelae sal gegee word, gegrond op ʼn voorafbepaalde stel kriteria, en huurooreenkomste wat langer as die finansieringstydperk is, sal as voldoende sekuriteit beskou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Kokerboom ·

Gewettigde rassisme met belastingbetalersgeld?!Boere is boere ongeag ras of kleur.
Politieke ideologiee plaas nie kos op tafel. Moenie kommersiele boere marginaliseer. Gee opkomende boere titelaktes.

Mariana ·

Met ander woorde wit opkomende boere tel weereens nie om gehelp te word nie. Lekker diskriminasie. Verwag ook niks meer van ANC nie. In hulle brein bestaan witmense eintlik net vir hulle belasting. Wonder hoeveel swart boere daar nou is wat kwalifiseer? Baie geld, hoop dit word reg aangewend en dit word wel vir die “opkomende” boere gegee. Sal weer verder lees oor die sakie..

casper ·

Mits die “boere” swart is ne !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Anel ·

En wasr kom die geld vandaan? Help eerder die boere wat met die droogre sukkel en wie se plase gebrand het. Hoe lank vir ‘n opkomende een om komersieel te word? Meeste is bestaans boere!!! Mense se prioriteite is heeltemal verkeerd.

Ian ·

Mense vergeet gou toe landboukrediet hierdie funksie verig het.

Nicky ·

Die meeste geld sal maar weereens in die kaders se sakke val

Skadu ·

Boere, wees versigtig vir Landbank, hulle het mos nou al hul ware klere gewys.

Boatsie ·

Hou op om jul self wys te maak geld en toerusting maak van enige mens ‘n suksrsvolle boer.
Praktiese kennis en ondervinding is die sleutel tot sukses en die mislukkings sedert grondhervorming is die duidelike bewys daarvan.
Maar sukkel maar voort, politiek en “gekoopte boere” gaan mos sorg dat ons werklose en steeds groeiende nasie genoeg kos het om te eet.
Droom voort en ignoreer maar die hoevele voorstelle, smoking en aanbiedings wat al ge maak is in terme van “indiens” boerdery opleiding en draai jul koppe maar weg as al hoe meer honger mense jul in die oë begin kyk OF gaan jul maar net weer toelaes vd staat verhoog om jul gewete te sus.
Maar ssos hul sê, jy kan ‘n perd (of skaap) na die water toe vat maar jy kan hom (lees opkomende boer) nie maak drink nie.
Droom voort en gaan maar voort om voedselsekerheid stukkie vir stukkie te vernietig.
Die Liewe Vader behoede ons.

Republikein in die Wes Kaap ·

En daar gaan my belastinggeld in die riool af.

My siening ·

Na 3 jaar is alles weg en gesink en daar is n plakkers kamp soos reeds bewys het!

Marelize ·

Keer op keer word blanke boere in die gesig geklap. Ek word so bitter. Maar ek weet blanke boere is so taai as wat kan kom. Hulle kaliber is onmeetbaar. Hulle moet altyd aan die agterspeen suig. Maar God slaap nie.

Harley Davidson ·

Rasisme in sy beste vorm en intussen moet wit seuns in die VSA gaan werk omrede niemand hulle hier wil help nie.

Lillian ·

julle kan die sogenaamde “opkomende boere” help maar ons kommersiële boere wat dekades en eeue al kos aan hierdie land voorsien se plase word op veilings verkoop as hul nie hul skuld kan betaal nie. Rassisme in die hoogste graad!

marius ·

Gaan kyk wat gaan by plaaslike kooperasies aan . Daar is bykans geen landbou produkte nie . Die toelae wat maandeliks ontvang word met komplimente van die belasting betaler word spandeer op kos en huishoudelike items . Van wasmasjiene tot droee vrugte en sjampoe . Vra vir glifosaat en jy word aangekyk of jy van die maan afgefoeter het .

Andre ·

Ek het nie eers geweet dis nog wettig om glifosaat te verkoop nie!

Schalk ·

Transformasie en georganiseerde geredigeerde diskriminasie noem dit wat jy wil, dit bly ‘n politieke ideologie en gebaseer op ‘n wanbegrip van realiteit. Geen persoon kan waarborg dat een kultuur gebaseer op getalle alleen dit in demografie verteenwoordig sukses kan verseker nie. Die mens se verstandlike vermoe en dryfkrag is ongellukkig nie dieselfde in elke mens nie en daarom sal jy leiers, entripeneurs en vaardige mense in alle spektrums kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.