Finansiering vir 1 600 onderwysposte dalk gesny

Argieffoto (Foto: goconqr.com)

Die vakbond Solidariteit het Vrydag die eerste skote afgevuur in ʼn regsproses teen die Gautengse onderwysdepartement nadat dit bekend geword het dat tot 1 600 onderwysers se poste in dié provinsie oortollig kan word.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die vakbond gaan ʼn dringende hersieningsaansoek by die Noord-Gautengse hooggeregshof indien om die departement se planne stop te sit.

Dít volg nadat dit aan die lig gekom het dat die departement skole vroeër in Desember in kennis gestel het dat hy finansiering vir 1 600 poste in die provinsie gaan sny. Skole oor die hele Gauteng moet nou tydens die Desembervakansie skarrel om planne te beraam oor hoe die pad vorentoe lyk met die minder poste en oortollige onderwysers.

Hermann sê die vakbond is geskok oor die departement se besluit om sy finansiële verknorsing te verlig deur poste te verminder, veral in die lig van die groot behoefte aan gehalte-onderwys.

“Daar kan nie ʼn slegter Kersgeskenk vir kinders in Suid-Afrika wees nie. Dit is welbekend dat die Gautengse onderwysdepartement onder groot finansiële druk verkeer weens wanbesteding. Ons kan nie toelaat dat onderwysers en kinders wanbesteding moet finansier nie,” het Hermann gesê.

In ʼn onlangse internasionale vergelykende studie oor kinders se leesvermoë het Suid-Afrika pas laaste uit 50 lande gekom. Volgens die Progress in International Reading Literacy Study kan 78% van graad 4-leerders nie met begrip lees nie.

Dieselfde soort bevindinge is al vir ander vakke soos wiskunde gemaak. “Oor die algemeen is talle van Suid-Afrika se skole wanfunksioneel en die onderwys swak. Die departement se antwoord hierop is nie om beter kapasiteit te skep nie, maar om poste minder te maak,” het Hermann gesê.

Volgens Hermann sal die gevolge van hierdie besluit duisende kinders raak.

“Klasse gaan nóg groter word en gehalte-onderwys sal op die ou end daaronder ly. Die onvermoë van die departement om onderwys strategies te bestuur, blyk nou duidelik te wees.

“Solidariteit sal in die komende week hofstukke by die Noord-Gautengse hooggeregshof op ʼn dringende basis laat beteken om dié proses stop te sit indien die departement nié teen Maandag bevredigend op die vakbond se aanmaningsbrief antwoord nie,” sê Hermann.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

TIENIE ·

En dit in die tyd wat graad 4 leerlinge nie kan lees nie , dit maak net nie sin nie. Maar nou ja wat in hierdie regeering van ons maak sin.

Juffrou ·

Stem HARTLIK saam. Chaos en GROOT chaos volg op dwase besluite om kinders in oorvol klasse en skole basies aan hulleself oor te laat deur hulle onderwysers weg te forseer. Vandag beslis GROOT chaos, maar veral môre…! ‘n Toegewyde onderwyser is sy gewig dubbeld in goud werd vir die toekoms van ‘n land.

JO-anli ·

Leer kinders van babatyd af leer lees en sodra kan skryf. Dit begin by die huis. Boeke boeke en nogmaals boeke. Ja ons onderwysers is van onskatbare waarde maar kan ook net soveeldoen. Klasse alreeds te GROOT.

Ella ·

Dit word gedoen om geld te kry vir Zuma se gratis universiteite. 60 kinders in n klas kom vinniger as verwag. Hoe gaan hulle nou leer lees en spel en skryf en reken en en en en…

Lientjie ·

Ella,

Ek het n konferensie bygewoon gedurende Oktober, waar al die voordele van inklusiwiteit uitgelig is….

60 leerders (van ernstig gerem tot super intelligent):

*Sonder n assistent in die klas
*In klein klaskamers wat nie tenvolle toegerus is nie
*Sonder opgeleide verpleegpersoneel, sielkundiges en terapeute.

Wie gaan baat vind daarby? Die leerders? Onderwysers? Ek betwyfel dit ten sterkste.

Hansie slim ·

Daar moet mos geld wees vir die konferensies…
Baie belangriker as onderrig.. vir party..

Hanna ·

Die regering hou doelbewus die grootste gedeelte van die volk so goed as ongeletterd en dus “unemployable” vir een rede: mense wat van staatstoelae afhanklik is (en sal bly) is diegene wat vir die ANC sal bly stem. Ek twyfel of geleerde, werkende mense sommer vir so n sirkus sal stem. Ek mag verkeerd wees.

Wilhelmien ·

Wat n gemors!!!!!! En dan maak die Onderwysdepartement groot oë oor tuisonderrig en wil hulle nou hul vrot tentakels nou daar inwurm om ook dit wat werk te bevrot!!!!! ?

Lynne ·

Stem 100% saam met jou! Niks mag mos meer ‘n sukses wees nie!

Fourie ·

Dis skoon nonsens! Iemand of duisend iemande was verantwoordelik vir die wanbesteding. Laat hulle die situasie omkeer ! Hoekom moet die jeug geviktimiseer word. Hulle is die toekoms van die land. Dis ook kinders se reg om te weet waarom hul lfdeopleiding in gedrang kom. Hoop iemand het die ruggraat om hulle dit te vertel dat hulle kan onderskei tussen reg en verkeerd en nie dieselfde foute begaan nie.

PJC ·

Ek dink hierdie is ń strategie om onderwysers vanaf voormalige model C skole na skole in townships te verskuif. Die meeste sal dan in elk geval bedank indien dit al opsie is wat aangebied word.

Chanty ·

Plaas word daar onnodige mense in die parlement uit hul poste gehaal en daardie geld vir ons kinders se opvoeding by skole gebruik. Sal baie beter daaruit baat …. of hoe??

Nita ·

Waar is die dae met A-baan, B-baan en C-baan, klasse? En spesiale skole vir kinders met spesiale behoeftes? Dit het gewerk en dit het sin gemaak!

Ben ·

Ek dink dit is tyd dat die verskeie onderwys departmente ondersoek work. Die bietjie wat ek gesien binne in n department het my slapelose nagte gegee. Hulle kantore het erger as my deur mekaar motor huis gelyk en hulle kundige, laat ek dit so stel, watter kundiges? Nog ‘n toekomstige skande……

Tammy ·

Met n ongeletterde president kan jy mos niks beter verwag as wat nou gebeur nie. Zuma het mos miljarde Rande… dagvaar hom om vir die onderrig van sy nasie te betaal!!!!!!Of het hy teveel geldjies verniet uitgedeel?????????????

andrea van vuren ·

Zuma het net ‘n graad 5 kwalifikasie. Nog nooit ‘n sekondêre skool se drumpel betree nie.

Onthou ·

Onthou ons is in die jaar twee-nul-en-een-en-sewe. Ons is naby aan die volgende jaar wat ‘agt’ sal wees. ‘Stannerd’ drie is al genoeg om tot ‘pressedent’ te wees. So basta met die gesanik.

Nouja ·

My dogter studeer self onderwys. Daar is studie beurse beskikbaar, maar sy weier om dit te aanvaar. Wat is die wet van Transvaal nou weer? Nou ja. Met ‘n studiebeurs het die staat jou net daar waar hulle jou wil hê. Die toekoms van onderwys in die land is in privaat skole en tuisonderwys. Soos wat die SAPD die arm man se sekuriteit maatskappy is, so is dit met die staat se onderwys.

Christine Mulder ·

Oorvol klasse. Minder onderwysers en wie ly daaronder ons kinders. As ek net kyk na die Gr10’s se Wisk en Fisiese Wet Slaagsyfer? Moet bet v Privaat Wisk klasse so nou wil hul sny meer onderwysers minder kinders in klasse en meer individuele aandag sal baie meer help wat gaan van ons kinders word en Wiskunde en Fisisiese Wet ń moet vak v enige werk of vêrdere studies. Moedelose Mamma. Noord Kaap Kathu

Basson ·

Lees bietjie Afrikaanse dept vraestelle deur, duidelik kan mens sien dat van die sinne deur Google ‘Translate’ gejaag is.
Die uittog van Afrikaanse personeel in die dept is ‘n wesenlike krisis vir ons skole.

Manna ·

Groot salarise, duur huise en uitspatige leefwyse maak dat daar nie geld is vir ons kinders is vir behoorlike skool opleiding. Hulle wil die massa oningelig en ongeletterd hou want dan kan hulle aan bewind bly en kitaar slaan. Ons arme jeug wit en swart.

Louwrens ·

Ja wat tot 60 kinders in n klas geen gehalte en kwaliteit kan gespandeer word om n kind te ondersteun nie maar dan is als in 20 jaar se tyd weer n gemors dan word seker weer arme apartheid geblameer

Lize ·

BCVO is die oorkoepelende liggaam van onafhanklike CVO Privaatskole. BCVO staan vir Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys en ons leuse is “Ter wille van ons kinders- tot eer van God. ” Daar is tans 38 CVO-Skole landwyd wat die IEB-matriekeksamen skryf (soos Curro-skole) en internasionaal erken word. BCVO-Skole se slaagsyfer aan die einde van 2016 was 98.3%

Johan Neuteman ·

Dankie vir die inligting, Lize. Sou die BCVO dalk die voertuig kan wees wat bv nou met Solidariteit se ondersteuning Afrikaanse onderwys onafhanklik van die staat kan maak? Dit lyk net so half onlogies dat ‘n Afrikaanse onderwysinstelling met 38 skole nie juis in die beriggewing en gesprek oor die onderwys figureer nie? Verstaan dit nie.

moemie ·

hou self skool by n BCVO skool. Uitstekende onderwys, 5 tot 10 kinders in elke klas. jy sal verbaas wees oor hoe min die skoolgeld verskil van staatskole se skoolgeld!

Frans C ·

Dit is nie net droogte rampe wat ons land tref nie.Kader ontplooing is die doodsteek van Suid Afrika.

Haal uit julle kinders ·

AG en almal dink Lesufi doen ‘n wonderlike werk. Daar is nie plek vir al die nuwelinge nie, daar is nie genoeg skole nie, daar is nie genoeg onderwysers vir gehalte onderrig nie, hulle wil beheerliggame en mense wat die poste en skole goed bestuur het se magte wegneem want LESUFI en kie weet alles .. DIT IS SKOKKEND, hulle flood skole wat nie so baie kinders kan vat nie, maar wil die onderwysers wegneem. AS ek ‘n kind op skool gehad het was hy of in 2018 in ‘n private skool of home schooling .. STAATSKOLE gaan soos STAATSHOSPITALE ‘n riller word. STERKTE

E.K. die eerste ·

Dankie tog my kinders grootmense en klaar gekwalifiseerd tot op Magister graad vlak. DIS hoekom hulle nie kinders wil hê nie, daar is net nie hoop nie. Tensy jy tuisonderrig kan doen of beste privaatskole kan bekostig.

Haibo ·

Ja dit is nou die detail wat hulle nie verstaan nie. Lesufi wil die agtergeblewe gemeenskappe se kinders in vooraanstaande skole inprop OMDAT hulle gehalte onderrig daar het en die kinders baie goed presteer. Wat hy NIE verstaan nie, is sodra hy a) eerstens die onderwysers wegneem wat die gehalte onderrig verskaf b) tweedens die dissipline wegneem wat tans van die skool ‘n sukses maak en c) derdens die klasse vergroot wat tans vir indiwiduele aandag sorg en e) vierdens toelaat dat leerders nie skoolgeld hoef te betaal nie, daar NIE dieselfde onderrig gegee kan word nie. Dit is nou ‘n BEGRIP wat Lesufi en so baie ander NIE verstaan nie. Kom ons druk almal in skole in wat GOED presteer, dalk presteer hulle dan ook beter. Maar die goed wat hy terselfdertyd verander/wegneem maak dat hulle OOK nie goed gaan presteer waarheen hulle nou oppad is nie, en diegene wat REEDS daar is gaan benadeel word OMDAT hulle nou groter klasse en minder onderwysers gaan hê. Dit is presies dieselfde om ‘n bewerkte plaas te gaan vat en NIE te plant en te saai en te oes nie, maar dieselfde uitkoms te verwag as die ‘ryk boer’.

Barend ·

Behalwe al die ander, stem ek ook saam met Ella, nl dat hulle geld soek vir gratis universitêre opleiding – dis iets wat mens nie uit die oog moet verloor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.