Finansies-waarborg vir Statebondspele gefinaliseer

Statebondspele, Durban 2022 (Grafika: Durban-2022.com)

Statebondspele, Durban 2022 (Grafika: Durban-2022.com)

Die minister van sport en ontspanning het Saterdag bevestig die finansies-waarborg om die 2022 Statebondspele in Durban te hou, is gefinaliseer.

Die ministerie is glo oorval deur vra oor die status van die spele.

“Ons het deurlopend daarop gewys dat die Suid-Afrikaanse regering toegewyd is om die spele aan te bied,” het minister Fikile Mbalula Saterdag gesê. “Ons het ook daarop gewys dat die regering betrokke is in ʼn proses om die finansies-waarborg te verseker. Ons kan nou bevestig dat dié proses afgehandel is.”

Volgens Mbalula het ʼn fiskale aanspreeklikheidskomitee en die nasionale tesourie alle faktore in ag geneem en oorweeg.

Finansies-minister Pravin Gordhan het die waarborg onderteken vir die Statebondspele-federasie. “Dit baan die weg vir ʼn interministeriële komitee oor die spele,” het Mbalula bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Theuns ·

Nou krabbel hy terug. Kom ons vra ons atlete, deelnemers en die publiek om die spele in al sy fasette te boikot!

cobusp ·

Ons minister van sport se kop kap aan……..net n paar weke terug het hy sekere sportsoorte gebiokot ingesluit die aanbieding van internasionale byeenkomstes in sa. En nou keur hy die ststebondspele goed waaronder atletiek deel is……….eish minister jy is confused………….jy is die mapara van die maand…..

Will i am ·

Boikot die spele. Nou dat dit hom pas mag dit aangebied word.

christine ·

Ai oor ses jaar dan is die land lang terug moegeploeg en omgeploeg.

Nic ·

Agbare minister, jy hou jou besig met twak soos kastige transformasie, in plaas van jou werk te doen en toe te sien dat die finansiering wat al ‘n jaar gelede in plelk moes wees, gedoen is! Net so terloops, wonder ek mos nou hoeveel het Danny en kie jou betaal om Sokker van die transformasie lys af te hou. Hulle kon $10,000,000 betaal vir 2010………….

Jan maak n Plan ·

Sy ou kraninge salarisie woord seker maar weer op ‘n manier aangevul deur dat sy majesteit nou weer toestemming gegee het om die spele hier te hou en dat dit nou met sy toestemming mag aangaan. Ek sal dit maar gerus boikot. Ek hoop dis weer n vlop soos alles wat hulle aanpak.

AmY ·

Hy moet nou ‘SY MIND opmaak’. Hy weet nie wat hy wil hê nie. Miskien moet hy minder vloek in die openbaar.

Ander Koos ·

Waarom moet daar hoegenaamd ‘n minister van sport wees? Sport is tog vir mense se ontspanning en het niks te doen met die doeltreffende bestuur van ‘n land nie. Ons sal beter af wees sonder hom!

Gerd Lourens ·

Huisves sommer ‘npaar spanne uit Afrika in Nkandla.

cobusp ·

In die ANC se perspektief behoort die Statebondspele eintlik die Apartheidspele of colonial spele genoem te word……….baie interessant dat hulle die spele wil aanbied????? Dalk is daar meer agter dit as net die spele………….

Attie ·

Die agbare minister het goed gedoen om die aanbied van sportbyeenkomste tov sekere sport soorte in RSA te verbied. Wat wel die voordeel is, is dat daar nie kans sal wees vir korrupsie en kaderbevoordeling nie (verwys die sokker-debakel van weleer). Die statebondspele is goedgekeur want dis weereens ‘n skepgeleentheid vir die kapers en hul vennote.
Ek sal graag van die agbare minister wou weet wat sy departement al gedoen het die afgelope 20jaar in byvoorbeeld die ou Transkei. Ek was onlangs daar en ek het geen skool gesien wat enige sportfasaliteite het nie en geen onderwyser gesien wat enige sport (sokkker ingesluit) afrig nie maar ek dink Wilbur Smith was soooo reg toe hy in een van sy boeke die volgende geskryf het:”African rule number one: when all else fails, look around for the nearest white face” . Dis was nogal vir my klassiek en ek is regtig nie ‘n rassis nie – dalk bietjie van ‘n realis!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.