Fita dien hofstukke in vir appèl

(Argieffoto: pixabay)

Die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) het Vrydag hofstukke by die appèlhof ingedien vir hul aansoek om direk by dié hof te appelleer teen ʼn besluit van die hooggeregshof om nie die verbod op tabakprodukte ter syde te stel nie.

Die vereniging het aanvanklik by die hooggeregshof aansoek gedoen om verlof tot appèl. Die aansoek is twee weke gelede aangehoor, maar die hof het beslis dat Fita nie daarin kon slaag om enige dwingende rede te verskaf ​​waarom sy aansoek om appèl toegestaan moes word nie.

Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van Fita, voer in hofstukke wat by die appèlhof ingedien is aan dat die saak van wesenlike openbare belang is. Die versoek om appèl is gegrond op verskeie regsgronde. Dit raak ook die omvang van Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, se magte om ingevolge die Rampbestuurswet beperkings op die publiek te plaas.

Dlamini-Zuma hou steeds vol dat navorsing bewys rokers word erger deur Covid-19 geraak en sê sy tree op om te verhoed dat dié groep die gesondheidstelsel oorweldig indien hulle sou siek word. Sy glo vas die verbod dwing rokers om op te hou rook. Fita voer egter aan dat bitter min rokers sedert die instelling van die verbod ophou rook het, en dat die minister se redenasie dus foutief is. Fita argumenteer verder, net soos British American Tobacco SA (Batsa), dat die verbod die onwettige handel van sigarette bevorder en dat dit die Suid-Afrikaanse regering van miljoene rande se belastinggeld ontneem.

Batsa sal in die komende week sy saak voor die hooggeregshof in die Wes-Kaap stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johan ·

Die appèl hof het reeds sy beslissing gemaak nog voor die redenasies aangehoor is. Die verbod bly van krag.

Andre ·

Nee wat julle mors julle tyd.Die howe in die land is klaar gekoop en partydig.Geen reg en geregtigheid meer in die land nie.Meskien as julle ‘n wit regter kry maar dan sal die regering dit weer teenstaan tot uitspraak in hulle guns is.

Hennie ·

Daar is absoluut net voordele om op te hou rook! Maar nee, ons klipkoppe WIL rook, so ons SAL rook. Intussen verryk die ROKERS die skelms wat smokkel, of daar nou ministers betrokke is of nie. Jy, ROKER, voed korrupsie, jy finansier hierdie swartgallige regime met addisionele belastings. Wat is die beste, jou vryheid van keuse of die weerhouding van belasting op ‘n wettige manier van hierdie spul kriminele?

gatgogga ·

Hennie, dit gaan lankal nie meer oor rook nie. Dit is die beginsel dat die regering jou persoonlike keuses vir jou mag voorskryf en afdwing. M.a.w., vandag is dit rook, more is dit watter kerkverband jy mag he, ens.
Verder wys vadoekkop miljarde sonde-belasting van die hand, belasting wat nou van alle belastingbetalers verhaal gaan word.

Boortor ·

Voel jy nou beter Hennie? Wat gaan jy se as hulle jou goedjies wat jy van hou verban? Dit gaan oor regte en nie rook as sulks nie . Haal maar die oogklappe af.

Corne123 ·

Kyk niemamd ondkend it nie maar hoekom so doen daar geen rede nie jy sit die pot mis.Die is n toetslopie vir iets groter

Mariana ·

Nee rokers rook steeds. Dis pure magsbeheptheid en self verryking. Zuma dink sy is die president self, want hy neem geen besluite nie en dan die howe, hulle ook maar net puppets. Besluite reeds geneem hulle volvoer dit net. Die mense in SA word soos tieners behandel van curfews tot wat jy mag eet, drink, rook ens.

Persheks Adri ·

Daar’s steeds GEEN bewyse dat ons Covid op doen deur te rook nie! NDZ en haar kinders maak onwettige geld op swart mark en word steeds nie vervolg nie en nee die regering kan nie dink nie gooi biljarde rande weg oor sy korrup is!

Strandloper ·

Die veregaande onnooslikheid grens aan raserny om iets te wil bewys wat grens aan waansinigheid en wat tog die onmoontlike welbehaagde satisfaksie in die onnooslike te weeg bring.

Pieter ·

Kop doek het klaar vir die regters gese wat moet gedoen word die regstelsel is net so grap soos die ANC regering.

Persheks Adri ·

Ons moet gaan plunder klaar soos our people en taxi’s organisasies! Geld word links en regs uit gegee vir gemors waarvoor ons betaal nie die regering nie. Tot wanneer moet ons so leef? Gatvol verby vir hul streke en stories

Tong in die kies ·

Ek self rook glad nie, maar ek dink dit is baie dom van die regering om die verkoop van sigarette en tabak te wil stop. Om elke hoek en draai sien mense hoe word sigarette onwetig verkoop. Ons mense word ‘n rat voor die oë gedraai deur te sê rook dra by tot covid. Dit mag dalk so wees omdat mense stompies deel. Maar dit veroorsaak ook verder armmoede by die wat alreeds arm is. ‘n Karton verkoop al vir R500.

Cleopatra69 ·

Ek sal ophou rook wanneer ek wil. As iemand anders jou wil forseer raak mens rebels. Ons is nie kinders nie ons kan self besluit wat ons wil doen of nie.

Corne123 ·

Dit net n most van geld!!!! ek se julle wat hulle gaan se nee verbot bly wil iemand geld daarop sit????

Chris ·

Ongelukkig word ons howe deur die staat gereguleer en is daar nie n kans dat hulle gaan wen nie. Dis regtig jammer dat die staat aan mense wil voorskryf wat hulle mag doen en nie mag doen nie.

Jaco ·

MM, wat is jul probleem met die verwydering van my kommentaar??? Dit voldoen aan al die maatreëls maar word my kommentaar konstant verwyder. Mag ek dan nie my siening van n saak deel nie?? Daar is geen vuil taal of enige manier waar ek iemand afkraak nie. Wat is julle probleem??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.