Fita laat vaar appèl oor rookverbod

(Foto: Maroela Media)

Die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) het Woensdag gesê hy het ingestem om sy aansoek in die hoogste hof van appèl te laat vaar oor die omstrede rookverbod tydens die afsonderingsperiode, nege dae ná die verbod opgehef is.

Volgens ʼn ooreenkoms deur prokureurs van Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, die regsborg van die 144 dae lange verbod, sal sy openbare konsultasie versoek indien die regering weer ʼn verbod wil instel op die verkope van tabakprodukte in die land se reaksie op die Covid-19-pandemie. Die minister het egter nie onderneem om spesifiek insette van Fita te bekom nie.

Die organisasie het die wetlikheid van die verbod aangeval tydens sy aanvanklike, onsuksesvolle, saak in die hooggeregshof en daarna weer in dokumente wat by die hoogste hof van appèl ingedien is.

Die organisasie het verlede Maandag met onderhandelings begin toe Dlamini-Zuma die verbod opgehef het.

Volgens die ooreenkoms sal die staat en Fita hul eie regskoste betaal in die Pretoriase hoggeregshofsaak. Die hof het ʼn kostebevel teen Fita uitgereik toe hy die saak in Junie van die hand gewys het, ondanks die feit dat die staat nie ʼn kostebevel gesoek het nie.

Die hoogste hof van appèl het Fita se aansoek op 14 Augustus goedgekeur en die saak sou in Oktober aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Hulle gaan op die harde manier leer jy vertrou nie die ANC kommuniste nie glad nie.

Persheks Adri ·

Nou wonder ek wat staan in daai ooreenkoms! Sy is so skelm en gaan seker WEER binnekort ons sigarette van die mark af haal oor sy en haar kinders mos lekker geld op swart mark maak en word steeds nie vervolg nie!!! Wanneer gaan sy en haar kinders vervolg word en in oranje pakkies sit? Ek sal dit met liefde koop vir hulle

#Tsek kopdoek tsek!!!

Johann ·

Lekker man! So die KOPDOEK KADER kom weg met haar adsurdhede en as bonus…BETAAL ONS BELASTING VIR HAAR HOFNARRE? Ek wil teintlik nie weet nie, maar wat kos so n sirkus ons?

PieterP ·

FITA. Julle is selfs meer on osel as wat julle op tv lyk! Sou julle wen kon julle dalk eise instel…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.