Fita SA verloor hofsaak oor sigarette

Argieffoto

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) se dringende hofaansoek om die regering se verbod op die verkoop van tabakprodukte ter syde te stel, met koste van die hand gewys.

Dít kort nadat dit bekend geword het dat die hooggeregshof in Kaapstad British American Tobacco SA (Batsa) se hofsaak om die regering te dwing om die verbod op die verkoop van sigarette op te hef, eers in Augustus sal aanhoor.

Fita SA het op sy beurt vroeër vandeesmaand in die hof geargumenteer oor die opheffing van die verbod op die verkoop van tabakprodukte. Die organisasie het onder andere aangevoer dat die verkoop van tabakprodukte noodsaaklik behoort te wees aangesien dit verslawend is.

Die hof was egter nie hiervoor te vinde nie. “Fita SA se argument dat sigarette noodsaaklik is omdat dit verslawend is, het geen meriete nie. Die feit dat ’n middel verslawend is, maak dit nie noodsaaklik nie,” het regterpresident Dunstan Mlambo in sy uitspraak gesê.

Maroela Media het vroeër berig Batsa, die land se grootste sigaretvervaardiger, se saak teen die staat sal nou eers op 5 en 6 Augustus aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Pieter ·

Praat en onderhandel werk nie met komuniste nie. Ons moet maak soos hulle ruk almal op unigebou toe en maak die paaie toe

Frikkels ·

Ja, nee. Nou het die howe ook ñ vinger in die onwettige sigaret pie! Wonder net wie maak die meeste geld uit ons rokers uit? ñ Uithou stryd gaan dit wees, en ek weier om op te hou rook omdat ek beveel word om dit te doen!

Leeuwyfie ·

Wie se geld het hierdie regter gevat? Want drank is verseker nie noodsaaklik nie, net soos baie ander dinge wat nou verkoop word. Wie gee hulle die reg om die keuse vir die verbruikers te maak?

Jurg ·

Absoluut pateties so ‘n wetsgehoorsame burger word gedwing om skelm te word en as krimineel behandel te word. Hoeveel miljard moet nog verlore gaan om een magsbehepte tevrede te stel.

JohanR ·

En dit het 3 regters 16 dae gewat op tot die besluit te kom! Die enigste manier om nie hier te verloor nie, is om NIE Hoofregter Dunstan Mlambo as een van die 3 regters te he nie.

Alleen Wolf ·

So much for the judicial system, I am speechless, this gives NDZ free reign to do what she fancy’s

Maria Aletta ·

Het nooit gedink op 60 sal daar vir my voorgeskryf word op wat ek mag en nie mag nie op iets wat nog altyd wettig was. Wys jou ons het ‘n siek magsbehepte regering. Plaas hulle hulle toespits om behuising vir almal te gee en puttoilette te vervang mors hulle geld en tyd met onnodige rompslomp.

Prikkie ·

Stem 100% saam. Hulle krap aan dit wat nie stukkend is nie en dit wat stukkend is word agterweë gelaat of weggesteek deur die aandag af te lei.

Pieter ·

Die hofuitspraak wys ons leef in ‘n Mafiastaat. Na 6000 bladsye en 16 dae word die saak van die hand gewys met ‘n kostebevel, asof die saak geen meriete het nie.

Myself ook oorgekom toe ek ‘n korrupte persoon in die hof getakel het. Uitspraak voorbehou en verloor toe saak met koste. Korrupte persoon kom skotvry, nadat die hof feite in sy guns verdraai het. Uitspraak voorbehou beteken in hierdie tyd kan die partye finansiële en/of politieke voorleggings aan die regters/magistraat maak om die saak se verloop te beïnvloed.

Fedup ·

This circus has gone too far.
Without people they have no power.
Time to turn the tables.

Pitbul ·

Die regter is seker bang daar ry n petrol trok oor hom by die motor hawe… dus die dat hy vir die regering beginstig was. Daai advokaat van die staat het so gehakkel ek kon sweer hy was in n yskas… belaglik hoe bang hulle is.

PH ·

Dit is cr se manier om te sê hierdie is nou ‘n volwaardige Marxistiese kommunistiese staat waar die onbevoegde regering vir jou al sê wanneer jy mag asemhaal en wanneer nie.

Althes ·

Wil die hof nou dat alle rokers wie altyd wettig sigarette gekoop het en bygedra het tot die Staat se ekonomie en werkskepping, dat hul almal in daggarokers verander? En as gewone rokers dalk psigoties is, en die dagga vererger dit, dit ekstra druk plaas op die gesondheidstelsel.

capie ·

Wel as die anc in beheer is sal hulle die howe voorskryf wat die uitspraak moet wees. Dit sien mens oral in kommunistiese afrika. Hier al hoe meer.

Pieter ·

Verkoop n aan steker vir vyftig rand en kry sigarette gratis. Die verbod is op die verkoop van sigarette.

Nico ·

Grysbaard.
Ek rook of drink nie maar dit gaan my verstand te bowe dat ‘n sekere familie voordeel trek uit hierdie saak, meeste van die wit regters het nie te doen met hierdie saak nie indien daar wel wit regters betrokke was sou hulle die saak gewen en dan sou hulle wat te doen het met die onwettige verkope van sigarette verloor verloor. Rook is wel ongesond wat van dagga wat ‘n erger risiko is kan vrylik gerook word, so almal wat hierdie saak tot hulle voordeel gebruik is gerook of het te diep in die bottel gekyk. Dit lyk vir my of die ANC regering voordeel trek uit hierdie COVID19 virus.

gatgogga ·

Jammer vir jou ook. Kan jy nie sien wat die beginsel hier is nie?

Oros Soros ·

En daar gaan die die geloof van sommiges dat RSA ‘n regstaat is, ook op in ‘n rookwalm. ‘n Tandelose hond bied meer beskerming as die grondwet en die howe. Het hierdie uitspraak sien kom met Kollapen se beslissing rondom die BBEE vereistes vir hulp. Die patroon wat al voorheen duidelik bespeur was met die uitsprake rondom taalregte ens. word hiermee voortgesit.

Rodger17 ·

Rokers koop onwettige sigarette want dit is n wettelose land.Pasop net vir die buitelanders wat julle uitbuit!

gatgogga ·

Ons het hier te doen met ‘n tweede wapentransaksie:
* Minister(s) betrokke
* Smokkelaars betrokke
* Regters betrokke
* Belastinginkomste prys gegee in ruil vir persoonlike inkomste
* Werksgeleenthede en besighede verlore
* Onwettige Covid-noodmaatreels gebruik om misdaad te bevorder
* Smokkelhandel bevestig
* Logika en redenasies enigste ter wereld

Anoniem ·

Ek het 26jaar gelede opgehou met rook en dit pla my nie nou meer nie. MAAR????? Wie en waar gaan die Regering die nodige geld vir Ekonomiese groei vandaan kry??? Al raad wat ek het is ………………….Verkoop vir Nkandla en sê Zuma mag nie meer ‘n verdere vrou vat nie!!! Wat is Zuma se maandelikse salaris en vroue en kinder toelaag???

Mariana ·

Hierdie verbanning is teen die tyd ‘n absolute magspel en net die regering se manier om vir die mense te wys dat hulle in beheer is en kan maak soos hulle wil en intussen val die eens pragtige land net verder uitmekaar. Nie reg dat die regering mense soos marionette gebruik nie. Jou belastinggeld is goed genoeg maar jy mag geen besluite neem of jy wil of kan rook of nie. Ek is nie roker nie, maar glo daaraan dat elke persoon sy eie besluite daaroor moet neem.

Eerlik ·

Miskien moet rokers maak soos die meerderheid en begin om pakhuise te plunder waar ordentlike sigarette geberg word! Die meerderheid kom daarmee weg!

Annelien ·

Fita se redenasie vir die hof dat sigarette noodsaaklik is, is dom. En die regering se redenasie dat mense sal ophou rook met die nuwe rookwet, is ook dom. Niemand het opgehou rook nie – als is maar nog dieselfde. Al verskil is dat (1) rokers nou swakker sigarette rook wat hartklopings en slym op die longe veroorsaak, (2) smokkelaars het n field-day en helaas (3) SARS kry nie die belasting nie. Hulle leen R17 miljard namens SA, maar gee nie om oor die R1,3 miljard belasting geld per MAAND wat hulle verloor aan onwettige sigarette nie. Hulle motivering vir die instel vir die wet is definitief nie ons gesondheid nie. Daars n luislang in die gras, dis duidelik soos daglig. Ons sal seker in 2023 hoor van al die covid korrupsie en dan tot 2030 luister na al die hofsake waarvan daar niks sal kom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.