Fita se appèlaansoek gou aangehoor

Argieffoto (Foto: DesignCoon/Pixabay)

Die Pretoriase hooggeregshof het Donderdag gesê hy sal volgende week die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) se aansoek om verlof tot appèl volgende week aanhoor ná sy saak oor die voortgesette verbod op die verkope van tabakprodukte van die hand gewys is.

Die saak is vir 15 Julie geskeduleer, het Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van Fita, gesê.

ʼn Volbank regters het op 26 Junie die saak teen die verbod met koste van die hand gewys. Die verbod is in April deur Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, onbepaald verleng.

Fita het dringend aansoek gedoen om verlof tot appèl en daag die uitspraak, insluitend die kostebevel. Die organisasie glo die hof het fouteer in sy interpretasie van die drempel van noodsaaklikhede in die Wet op Rampbestuur waarvolgens die regering ʼn ramptoestand afgekondig het in reaksie op die Covid-19-pandemie. Fita het in sy dokumente gesê die hof moes bevind het die toets is of iets “absoluut noodsaaklik” is.

Fita meen die hof het ook fouteer in sy toepassing van rasionaliteit wat verband hou met of die verbod op die verkope van sigarette rasioneel verbind kan word met die doel waarvoor die regering die regulasies ingestel het.

Die hof het bevind rasionaliteit is nie ʼn streng toets nie en hy was tevrede met Dlamini-Zuma se redes waarom die verbod ingestel is. Prokureurs vir die ministers het aangevoer dat, gebaseer op wetenskaplike navorsing, die verbod ingestel is om te voorkom dat hospitale oorval word deur rokers wat erge Covid-19-simptome kan hê.

Fita bevraagteken die wetenskaplike bewyse en het dit weer in sy aansoek om verlof tot appèl genoem. Die organisasie voeg by dit is egter tot ʼn groot mate irrelevant, want die rasionele basis vir die minister se optrede is nie ter sprake nie, tensy dit bewys kan word dat mense en masse ophou rook het as ʼn gevolg van die verbod op sigarette.

Die verbod word ook deur British American Tobacco SA gedaag. Die maatskappy se saak sal vroeg in Augustus in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word.

Na verwagting het die Suid-Afrikaanse ekonomie reeds miljarde rand weens die verbod verloor en die sluikhandelbedryf het ʼn hupstoot gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Andre ·

Sal nie my asem ophou nie.As die regter ‘n maatjie van kopdoek is hoef FITA nie eers op te daag nie.

Pieter ·

Mense kan n bottel bier deel mense kan drink en ongelukke vir oor saak maar moet asb nie rook nie. Drank is goed vir jou gesondheid maar rook is sleg en versprei die virus. Ek hoop die regters skrik wakker dalk moet hulle kom kyk hoe tel mense stompies op om te kan rook.

Prikkie ·

Ja nee kyk, hierdie uitspraak laat ‘n mens wonder tot waar Mev Kopdoek se magte en invloed strek.

Ek is nog steeds van mening dat daar na Level 2 afgegaan sal word voor BAT se hofsaak aangehoor gaan word, want dan kan Mev Kopdoek met “eer” uit die stryd tree.

Marisa W ·

Ag hulle mors hulle geld en tyd – die regering gaan nie aan hulle laat voorskryf deur ‘n hof nie

Douw ·

Weereens bewys dat ons regering een van die mees korrupste ter wereld is! Om nie eers van geweldagdigste te praat nie!!

antieke antie ·

hulle dink almal dieselfde…. ek twyfel erg oor die bevoegde breins

Persheks Adri ·

Wen tog die saak asb dat die korrupte klomp nie nog belasting geld verloor nie en NDZ en haar kinders nog minder swart mark geld maak!!! ONS HET DIE REG OM TE ROOK!!!

johanf ·

Daar word nou oorweeg om dalk weer alkohol te verban, na aanleiding van alkohol verbande misbruik, en die druk op hospitale…… Nou vra ek myself, wat se konkrete bewyse is daar dat rook enige impak het op die gesondheids dienste……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.