Fita se appèlaansoek oor tabakverbod goedgekeur

Argieffoto

Die hoogste hof van appèl het die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) se aansoek om verlof tot appèl goedgekeur ná die hooggeregshof die organisasie se hofsaak teen die verbod op sigaretverkope van die hand gewys het.

Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van Fita, het Saterdag gesê die organisasie verwelkom die besluit. ʼn Hofdatum moet nog bepaal word, maar die hof het aangedui dat die saak bespoedig sal word.

Dit volg drie dae ná Fita repliek gelewer het op Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, wat volhou die verbod is noodsaaklik in die regering se poging om die Covid-19-pandemie te bestuur.

Die hoogste hof van appèl het Vrydag die kostebevel tersyde gestel wat die Pretoriase hooggeregshof in Julie teen Fita ingestel het, toe die organisasie se aansoek teen die 26 Junie-uitspraak gefaal het.

Fita voer aan die saak is dringend en in openbare belang, aangesien dit verband hou met die omvang van mag waaroor die minister beskik kragtens die Rampbestuurwet. Die hof se besluit, om die appèlaansoek goed te keur, kom te midde van twis binne die kabinet of die verbod, wat reeds sedert 27 Maart van krag is, opgehef moet word.

“Ons is uiteraard baie tevrede met die uitspraak,” het Mnguni gesê. “Ons het altyd gesê ons is vol vertroue oor die meriete van ons saak en ons is vol vertroue dat die hoogste hof van appèl ʼn ander uitspraak sal lewer. Ons is in kennis gestel dat die verhoor bespoedig sal word.”

Fita hou vol die verbod op die verkope van tabakprodukte is onwettig, omdat die minister versuim het om te voldoen aan die wetlike vereistes van rasionaliteit en noodsaaklikheid, omdat dit gefaal het om rokers te dwing om op te hou rook en omdat wetenskaplikes nie ʼn verband kry tussen rook en ernstige Covid-19-simptome nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

LiveAndLetLive ·

Mens kan net wonder hoeveel mense is as gevolg van die verbod besmet met Covid, wat vanselfsprekend toe sigarette deel omrede dit skaars is, long probleme agv die gemors wat in die mark te koop is, dit maak mens so kwaad – mense se beursies wat leeg geloop het hieroor in n tyd soos die.

Kan nie glo hulle het weg gekom hiermee vir 5 maande nie, en iewers is iemand baie ryk ten koste van ander.

MrMagic ·

Ek hoop van harte dat die agbare hof ‘n bevel uitreik dat ons dierbare ministers persoonlik al die regskostes moet betaal. Daar moes nooit eers ‘n verbod ingestel gewees het nie.

Sarel ·

Sal hulle hierdie keer beter argument kan asnvoer of moet hulle by die eerste hou?

Johan ·

Hierdie is maar net watertrap. Hulle moet die HELE ‘lockdown’ konstitusionele hof toe vat, anders sal die hele sirkus net weer en weer gebeur.

Herpiet ·

Kopdoek her appel toegestaan. Howe word dikteer deur die ANC as jy nog nie weet nie
Sy en haar sigaret-bende het klaar miljoene geskep.

Frannie ·

Ping-pong, ping-pong, ping-pong en so gaan ons aan en aan…

Jacobus ·

Ens. Ens. Ens. Die Zumas weet presies hoe om regsproses te manipuleer. Selfs die reg tot appel en verdere uitstel kan jy in geldwaarde bereken. Die hele regspleeging het nou in ‘n invertibrata toestand verval.

Persheks Adri ·

Beste nuus! Nou hoop ek die hof beslis baie vinnig! Kopdoek moet ons betaal vir skade en sommer toe gesluit word vir haar aandadigheid met die geld op swart mark wat sy en haar kinders gemaak het!!! Die hele lockdown is vertraag verby en ons is gatvol

gatgogga ·

Die ANC en die howe het ons lekker vir die gek gehou. Hoe meer tyd uitloop, hoe meer geld in die Zuma’s (en seker baie ander kaders ook) se sakke, en hoe meer wys hulle vir ons dat om hof toe te hardloop, nie ‘n oplossing is nie.

Alleen Wolf ·

Mooi man, miskien ‘n bietjie laat en ook geen waarborg dat daar enige iets van gaan kom nie, skade is gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.