Fitch bevestig SA se rommelstatus

finansies-geld-sente-rand-beleggings

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die regering het Vrydag gesê dat hy die kredietgraderingsagentskap Fitch se assessering van uitdagings wat die land in die gesig staar erken, maar in dieselfde asem bygevoeg dat ʼn tasbare proses om beleggersvertroue in die land ʼn hupstoot te gee onderweg is.

Fitch het Vrydag Suid-Afrika se BB+, oftewel rommelstatusgradering, bevestig. Die agentskap het gesê dié besluit is geneem met oorweging van die finansiële uitdagings by sleutel staatsinstellings asook die feit dat regeringskuld nog nie gestabiliseer het nie.

Fitch het wel gesê daar is tekens van herstellende regeringstandaarde en die vooruitsig van ʼn matige sikliese herstel.

Die nasionale tesourie het in ʼn verklaring gesê dat die voltooiing van noodsaaklike beleid soos die Mynhandves belangrik bly om beleidsekerheid in die land te verskaf.

“Verder word daar verwag dat die onlangse veranderinge in die regering, in noodsaaklike staatsinstellings en die 2018-begroting waarin daar beslissende en spesifieke beleidsmaatreëls ingestel is om die fiskale raamwerk te versterk die beleggersklimaat in Suid-Afrika sal verbeter,” lui die verklaring.

Die tesourie het bygevoeg dat die regering planne vir inklusiewe groei prioritiseer.

“Samewerking met die regering, sakelui, arbeid en die burgerlike samelewing lewer steeds die nodige intervensies op om Suid-Afrika as ʼn aantreklike beleggingsbestemming te posisioneer en terselfdertyd ʼn bemagtigende beleidsomgewing vir inklusiewe ekonomiese groei te skep.”

Die kredietgraderingsagentskap S&P Global het Suid-Afrika in November tot volle rommelstatus afgegradeer terwyl Moody’s die land op hersiening vir ʼn afgradering geplaas het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Johanna Botha ·

Sal maar sien of SA ooit herstel van junk as almal staak en daar nie werk is vir mense …en die wat belasting betaal niks kry en almal omveilg voel !

Peet van Breda ·

Rommel status kan ook toegeken word aan ons parlement, polisie,hospitale onderwys en universiteite sowel as die weermag, verkeers dienste, sport en landelike beveiliging.

Abe ·

Voeg daarby kragvoorsiening waar die hele bestuur toetaal onbevoeg is en wankelrige lugvervoer wat met elke verslag dreig om totaal in duie te stort.

HPV ·

Die huidige regime het hard gewerk om ‘n eens sterk ekonomie tot rommelstatus te regeer! Nou staan hulle grootoog bakhand en wonder waar is die ekonomie heen, waar is die skole heen, waar is alles wat was heen?

Jacobus ·

Suid Afrika voor ’94 was ook op die ekonomiese afgrond gewees.

Die ekonomie was dalk beter bestuur voor ’94 maar met al die sanksies, valuta en betalingsbalans wat weens die afsny van internasionale finansiële markte die land gekortwiek het en daarom op sy knieë gedwing het en amper oor die bankrotskap afgrond laat stort het.

Die ANC daarenteen het ‘n land vry van sanksies geërf met ‘n opbloeiende ekonomie wat die wêreld se liefling was onder Mandela.

Die verrot het nie onder Zuma begin nie maar onder Mandela reeds is die boustene gelê vir die ekonomiese verval van Suid Afrika met die verkeerde beleidsbesluite, die gepaardgaande politieke korrupsie en politieke magsvergrype.

Onder die NP was Suid Afrika letterlik in ‘n staat van “burger” oorlog; gefinansier deur die wêreld en veral die kommunistiese lande wat die ANC ondersteun het.

Die ANC daarteen het letterlik ‘n ontluikende skoenlapper gekry; maar almal moet verstaan dat dit ‘n onmoontlike taak sal en gaan wees om enige land te regeer as soos met die ANC hulle marxistiese ideologie steeds aangehang word.

Geen kommunistiese, sosialistiese, marxistiese of terreur ideologie was nog ooit ekonomies suksesvol.

Suid Afrika het het onder die ANC al die verkeerde ideologieë; so wat kan ons anders verwag as anargie.

Neels ·

Ai mnr Ramaposha al you mooi en dwars praatjies en beloftes het net mooi niks gehelp nie. Weet nie wat gaan julle nog probeer voorhou aan die wereld nie. Al raad wat ek vir julle het kry n koaliesie regering want blykbaa sot dit nie in die ANC se pype om die ekonomie optectel nie. Jy miskien maar nie met jou meelopers en andere nie . Kan maar net se sterkte

Elred Ferreira ·

Rommel land….Rommel regering….Rommel onderwys stelsel….Rommel gesondheids sorg….Rommel sokkerspan….uiteindelik sal alles rommel word,selfs die rugbyspan!

Hanna Hoekom ·

Al wat n staatsinstelling is, stort ineen. Daaglikse geweld en plundering is asn die orde van die dag. Misdaadvlakke van die hoogste ter wereld. Verkragting as die nuwe nasionale sport. Produktiewe grond vat sonder vergoeding. Plaasaanvalle, moorde en die gepaardgaande martelings… So kan ek aangaan! Nou hoe kan buitelandse beleggers enigsins dink dat SA n goeie beleggingmoontlikheid kan wees? Dalk is ek net onnosel?!

Tino ·

Ek persoonlik voel dat daar ‘n spesifieke mag in werking is om toe te sien dat Suid Afrika al hoe meer onstabiel raak. Die regering van hierdie land is tjoepstil. Vernaam wanneer hierdie groot stakings plaasvind. Die wetsgehoorsame burgers moet altyd daar onder ly. Hoekom moet daar altyd skade wees as die mense protesteer. Die nuwe wet van Suid Afrika is breek, maak dood en brand af. Daarom sal ons op Rommel Status bly. Wie wil belê in ‘n land waar dit so gaan. Baie van ons jong mense verlaat die land want hulle sien nie ‘n toekoms hier nie. Ek wil nie negatief klink nie maar regtig hoe kan dit langer so aangaan? Wanneer gaan die regering volwasse genoeg wees om te regeer en die land behoorlik te bestuur. Wanneer gaan die regering begin voorentoe kyk in plaas van altyd na die verlede te verwys. Die verlede kan nie reggemaak word nie, maar die toekoms kan.

Jacobus ·

Korrigeer my as ek verkeerd is, maar ek dink dit was Dr. Verwoerd wat gesê het dat Suid Afrika se toekoms word buite die grense van Suid Afrika besluit.

Dat die buiteland betrokke is by wat in Suid Afrika aangaan is ‘n werklikheid wat ons almal sal moet aanvaar of ons nou daarvan hou of nie.

Ons kan die toekoms maar net bestuur na die beste van ons vermoë in die spasie wat ons gegun word.

jaco ·

Fitch is ‘n groep ryk wit mense in ‘n welvarende eerste wêreld land, wat ander, veral nie-wit derde wêreld lande sit en gradeer suiwer volgens wit Westerse standaarde. En as hulle afgraderings daardie derde wêreld lande se ekonomieë verder benadeel met stygende pryse van petrol en kos, dan sit Fitch se mense agteroor. Hulle “werk” is dan mos gedoen om nog ‘n derde wêreld land te “straf” omdat die ryk wit lande se maatstaf nie gevolg is nie.
Wat maak die Westerse “wit” manier van dinge doen nou juis die maatstaf?
Met rassisme wat deesdae so agter elke bos uitgeskop word, behoort besighede soos Fitch, Moody’s en Standard & Poor ook van rassisme beskuldig te word.

Gysbert Stander ·

Solank as wat nie-wit lande by wit lande gaan bakhand staan, sal die wit lande se manier van doen die maatstaf wees.
As ek by ‘n bank wil geld leen, dans ek na hulle pype, of ek neem verlief daarmee dat hulle nie vir my geld gaan leen nie.
As nie-wit lande nie van wit lande se manier van dinge doen hou nie, is hulle welkom om by mekaar te gaan bakhand staan.
Wiens brood men eet, diens woord men spreekt.
Die lewe is maar onregverdig, of hoe? Suck it up.

Kaufman ·

Die kredietgraderingsagentskappe beinvloed meestal pensioenfondbeleggings van middelklasmense van regoor die wereld. Die ryk mense is nie germaans wit soos jy tradisioneel dink aan witmense nie, en hulle gebruik ander beleggingsinstrumente as wat deur die kredietagentskappe beinvloed word.

Dafer ·

@ Wat maak die Westerse “wit” manier van dinge doen nou juis die maatstaf? – Asseblief Jaco!!! Dit WERK meneer!! Word wakker!!!

Ag tog ·

Jaco. Jy is geregtig op n opinie, dit beteken nie jy weet waarvan jy praat nie.

Oom Ekonoom ·

Fitch is beslis nie aan n ras gekoppel nie, hulle gebruikmrasionele trgnieke om beleggers wat meestal doodgewone mense se pensioene is, van objektiewe raad rondom risiko te gee. Jaco weet niks van die ekonomie af nie.

Reg! ·

Dis juis houdings en sienswyses soos hierdie van jou wat ons wonderlike land in sy maai in het.

Jack Klok ·

Jaco, jou opinie is bog en niemand gaan hom/haar daaraan steur nie. Die funksies van Fitch en Moodie’s en S&P is nie om derde wêreld lande se ekonomie ‘n huppstoot te gee of te ondergrawe nie, dis om beleggers leiding te gee waar dit veilig is om ander mense se geld te belê. Dit het absoluut niks met rassisme te doen nie net met koue nugtere werkilikhede. Ek en baie ander Suid-Afrikaners het na 1994 sake ondernemeings begin, net om deur beleide soos AA en BBBEE en derglike sotlike beleide uit die ekonomie gerangeer te word ten gunste van mense wat nie die kennis, of die bevoegdheid of die vermoëns het om die werk wat van hulle verwag word te doen nie. Ons ekeonomie se koste struktuur is daardeur verhoog, ons mededingendheid het in die slag gebly en geen sakeman of belegger kan bekostig om in so ‘n vyandige sake omgewing te funksioneer nie.

Die ANC se beleide en wanbestuur het ons in rommelstatus afgedruk, praatjies en beloftes van planne, buite landse beleggersendings, grondgryp planne ens gaan dit nie verbeter nie. Om hierdie dinge raak te sien, op te noem, aan die groot klok te hang ens is nie negatiwiteit nie maar ‘n patriotiese daad. Jy kan nie ‘n probleem oplos as jy dit nie eers kan raaksien nie.

jaco ·

Almal wat my so kritiseer is seker bly hierdie graderingsagentskappe “straf” SA so kwaai en hulle is seker bly dat:
-die petrolprys volgende maand AL WEER styg
-die prys van kos en klomp ander goed ook gaan styg
-werkloosheid gaan toeneem

Spike ·

SA sal nooit uit die rommel kom nie. Te veel wat bakhand staan en alles wil hê en niks daarvoor wil doen nie. Klein minderheid wat belasting betaal. Dit laat die ekonomie vou.

Alida ·

CR gaan seker sy eie biljoene bele. Niemand anders gaan nie!

Wynand ·

Drie garnosome gaan eet een aand uit, Toe die kos klaar is eet hulle die eetgerei, daarna die kelners en die chefs. Daarna eet hulle mekaar, eers die bene, toe die arms. Nou le die drie en vra mekaar hoe gaan hulle by die huis kom? Dit was 25 jaar terug en hulle is steed by die eet plek, of dan hul oorblyfselsDie drie se name was Afrikaan, Nasie bou en Die ander ou was Corrution

Stan ·

Klink bekend, Jan Rabie, Drie kaal koppe eet tesame- soms wonder ek of dit nie ‘n profesie was nie!

Pierre Roux ·

Dit is wonderlik om te hoor dat sakelui gaan saam werk om die land om te draai. Ek vra nederig, is die die selfde sakelui wat nou sit en wonder of die regering ons fabrieke gaan vat sonder vergoeding? Skrik wakker ANC ons is moeg betaal vir julle foute.

Reguit ·

Ja-nee, hoe durf ‘n tradisionele Westerse land vir Afrika wil “gradeer”? Die Weste (met hulle bekende sub-standaarde) staan mos van meet af al bakhandjie om by Afrika geld te leen, of hoe?

Vermeendes ·

E, as jy aan n pensioen fonds behoort en geld daarin stort dan verwag jy mos n groei op jou belegging. Pensioen fondse bestuur en bele trijoene Dollars, die pensioene word opgebreek in kleiner pakkies en uitgeleen (bele) om risiko te verminder indien enn belegging n negatiewe groe sou toon dan kan n ander belegging met n postiewe groei sorg vir n goeie gimidelde groei.
Gradieeringsagentskappe bepaal die risieko wat hulle kliente aan bloodgestel word soos Eskom wat af gegradeer is en dringend opsoek na belegers geld is.
Eskom is nou n hoë risiko en as jy bereid is om daai risiko aan te neem dan verwag jy mos n hoër opbrengs en dit is hoe dit pensioene raak.

Snowball ·

SA, die nuwe “Junkie” ! Mnr Ramaphosa jy en die ANC gaan moet blink vryf aan daai “nuwe dawn” storie van jou; niemand sien die son opkom deur die rookwalms van plundery en protesaksies nie!

realis ·

Alles is altyd “in die proses”. Daar kom nooit resultate nie.

Jack Klok ·

Jaco, jou opinie is bog en niemand gaan hom/haar daaraan steur nie. Die funksies van Fitch en Moodie’s en S&P is nie om derde wêreld lande se ekonomie ‘n huppstoot te gee of te ondergrawe nie, dis om beleggers leiding te gee waar dit veilig is om ander mense se geld te belê. Dit het absoluut niks met rassisme te doen nie net met koue nugtere werkilikhede. Ek en baie ander Suid-Afrikaners het na 1994 sake ondernemeings begin, net om deur beleide soos AA en BBBEE en derglike sotlike beleide uit die ekonomie gerangeer te word ten gunste van mense wat nie die kennis, of die bevoegdheid of die vermoëns het om die werk wat van hulle verwag word te doen nie. Ons ekeonomie se koste struktuur is daardeur verhoog, ons mededingendheid het in die slag gebly en geen sakeman of belegger kan bekostig om in so ‘n vyandige sake omgewing te funksioneer nie.

Die ANC se beleide en wanbestuur het ons in rommelstatus afgedruk, praatjies en beloftes van planne, buite landse beleggersendings, grondgryp planne ens gaan dit nie verbeter nie. Om hierdie dinge raak te sien, op te noem, aan die groot klok te hang ens is nie negatiwiteit nie maar ‘n patriotiese daad. Jy kan nie ‘n probleem oplos as jy dit nie eers kan raaksien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.