Fitch, Moody’s gradeer SA nóg verder af

Moody's

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s. (Foto: ANA)

Die graderingsagentskappe Moody’s Suid-Afrika en Fitch het albei Vrydagaand Suid-Afrika se staatskuld nóg dieper in rommelstatus afgradeer.

Die graderingsagentskap Standard and Poor’s Global Ratings (S&P) het Suid-Afrika se graderings egter onveranderd gehou.

Moody’s het Suid-Afrika se staatskuld twee vlakke onder beleggingsgraad afgradeer en sy vooruitsig negatief behou terwyl Fitch Suid-Afrika se staatskuld nou drie vlakke onder beleggingsgraad het. Hy het ook sy vooruitsig negatief behou.

Fitch sê sy afgradering en negatiewe vooruitsig weerspieël Suid-Afrika se hoë en stygende staatskuld wat vererger word deur die ekonomiese skok wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is.

“Die pandemie het Suid-Afrika se ekonomiese groeiprestasie ernstig getref, en die bruto binnelandse produk (BBP) sal na verwagting selfs in 2022 onder die 2019-vlak bly.”

Moody’s verwys ook na die ekonomiese skokuitwerking wat die pandemie op die land se skuldlas het.

“Hoewel nie nét Suid-Afrika ernstig deur die krisis geraak word nie, is sy vermoë om die skok op medium termyn te versag laer as dié van baie soewereine state, met inagneming van die aansienlike fiskale, ekonomiese en maatskaplike beperkings en stygende leenkoste.

“Die regering se strategie het die afgelope paar jaar berus op strukturele hervormings om groei op medium termyn asook fiskale konsolidering te bevorder. Terwyl die strategie steeds van krag bly, het inwerkingstellingsrisiko’s egter wesenlik gestyg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

gehasie ·

Die ANC sukkel, maar dit was tewagte! Enige verdere inperking vaweë sg. C-19 sal diè ekonomiese doodskoot vir ons land beteken.

Kokerboom ·

Ek vertrou dit stuur ‘n duidelike boodskap na President

Byekonfyt ·

Absoluut. Die EFF se SA verniel en breek ‘advertensies’ dra ook by tot ons power status.

Dirk Mostert ·

Hoe skynheilig. Kamtig weens covid. Die regering veroorsaak ons gemors-status.

annie ·

Skrik, skrik die ANC nie. Die beleggerskongres het biljoene beloftes opgelewer en die skatryk Biden-VSA gaan mos die knie buig voor Afrika en gee-gee… ook gratis entstof en hiper-verkoelingshouers… vir ons agtergeblewe hoogs verontregte talentvolle opkomende ekonomiese magsorde. Waaruit dit opkom word nooit gesè nie, of is dit te duur?

Dup ·

Ek wonder of die regering verstaan wat die term “rommelstatus” beteken.

Mariana ·

Hoe ver kan rommelstatus dan nou daal. Ook nie verbaas nie.

Snowball ·

Ek het ook gewonder. Maar ons kan seker nog grom – status en daarna slyk -status verwag. Die huidige regering verken en verdiep voorwaar die onderste deel van ekonomiese ellende so uitnemend dat nuwe terme daarvoor geskep moet word.

Jaco ·

Wit mense sit in moody’s en fitch se luukse kantore en gradeer meestal nie-wit derde wêreld lande se ekonomieë af. Vanaand gaan hulle huis toe in veilige moltreine en gaan tuis in huise sonder diefwering, alarms ens. Môre oormore tree die gevolge van hulle afgradering in werking en styg pryse van kos, petrol, elektrisiteit ens en kry daardie lande se gewone mense net mog meer swaar. Maar die regeringslede wat daardie ekonomieë swak bestuur het, kom niks oor nie, omdat hulle salarisse weens korrupsie so hoog is dat selfs ‘n verdubbeling van die lewenskoste weens afgradering hulle glad nie raak nie.
Weet die graderingsbesighede dit?

Johan ·

As jy n swak regering wil kies moet nie die graderingsagentskappe daarvoor wil blameer nie

Saartjievandiebosveld ·

Maar het die ANC nie gesê…..it.s not a problem…we just bend down and pick it up…

Hoekom ·

Die ekonomie was geskok nog voor die pandemie. Die skuld le by die regering en in totaal by die ANC cartel regime, wat met inperking nog erger skade aangerig aan die lydende ekonomie wat hulle bevark het met ras gedrewe wette en korrupsie. Om nou die blaam oor te dra na die pandemie toe, is oë verblindery.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.