Flabba-moord: Vrou op borgtog vrygelaat

Argieffoto

Argieffoto

Sindisiwe Manqele, wat verdink word van die moord die musikant Nkululeko “Flabba” Habedi, is Maandag in die Alexandra-landdroshof in Johannesburg op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Landdros Gideon Schnetler het gesê Manqele moet aan verskeie borgtogvoorwaardes voldoen. Sy moet onder meer elke Woensdag en Vrydag by die Midrand-polisiestasie aanmeld en die ondersoekbeampte in kennis stel as sy Gauteng gaan verlaat.

Die saak is tot 13 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

Habedi (38), ʼn lid van die hip-hop-groep Skwatta Kamp, is verlede Maandag in die vroeë oggendure by sy huis in Johannesburg met ʼn skerp voorwerp doodgesteek. Manqele, sy meisie, is kort daarna in hegtenis geneem.

Manqele se verklaring, wat Maandag by die hof ingedien is, sê sy het uit selfverdediging opgetree. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Neptunus ·

Is hierdie inligting werklik so nuuswaardig dat dit hier gepubliseer moet word? Ek meen, wie onder Maroela se lesersprofiel weet of wil weet wie Flappa was? Wat is die kans dat Daily Sun of The Star oor iemand soos die ou wat “Stoppie lorrie” gesing het sal berig?

CHRISTA ·

Ek wil sien of Flabba se beskuldigde (indien sy skuldig bevind word) ook so ‘n ligte straf soos Oscar Pistorius gaan kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.