Flabba-moordenaar soek borgtog

Nkululeko Habedi. Foto: Facebook

Nkululeko Habedi. Foto: Facebook

Sindisiwe Manqele, wat Woensdag skuldig bevind is aan die moord op die musikant Nkululeko “Flabba” Habedi, is Donderdag weer in die hooggeregshof om vir borgtog aansoek te doen.

Manqele (26), wat erken het dat sy haar 38-jarige kêrel in Maart vanjaar noodlottig gewond het in Alexandra in Johannesburg, het die nag agter tralies deurgebring nadat haar prokureurs hul poging laat vaar het om haar borgtog van R10 000 te verleng.

Manqele het regdeur die moordverhoor volgehou dat sy Flabba uit selfverdediging doodgemaak het. Regter Solly Sithole het egter haar bewerings van die hand gewys en gesê haar weergawe kan nie waar wees nie.

Donderdag se hooggeregshofsitting word in die Randburg-landdroshof gehou. Manqele se vonnisopleggingsdatum sal na verwagting dan bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

talitha ·

Moord bly moord en n mens is mens. Voor God is ons almal gelyk. Ons kan nie ons skouers optrek en sê ons gee nie om niè. Dit is ons naaste.

Ginger ·

Ek wil net weet, hoekom sien ek nie die anc vroue liga daar nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.