Flight Centre onttrek ondersteuning aan SAL

Flight Centre, ʼn reisagentskap, het Donderdag sy kliënte in kennis gestel dat hy nie meer vlugte op SAL deel sal maak van sy reispakkette nie, voor daar nie weer stabiliteit by dié lugdiens is nie.

“Daar was die afgelope maand verskeie mediaberigte oor voortgesette kommer wat betref die finansiële stabiliteit by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL),” het Andrew Stark, besturende direkteur van die Flight Centre Travel Group, in ʼn verklaring gesê.

Flight Centre is Woensdag in kennis gestel dat sy gekose reisversekeringsverskaffer en hul onderskrywers nie meer bereid is om SAL onder hul Reisverskaffer-insolvensievoordeel te dek nie, as gevolg van onsekerheid oor die langtermyn lewensvatbaarheid van die lugdiens. Die reisagentskap is in kennis gestel dat verskeie ander internasionale versekeraars ook dié besluit geneem het.

“In die lig van die jongste verwikkelinge, en voortgesette onsekerheid oor die SAL, het die Flight Centre Travel Group Suid-Afrika besluit om nie meer SAL te verkoop nie, totdat ons sekerheid in die mark oor die lugdiens bekom het,” het Stark bygevoeg.

Flight Centre sal steeds aan sy klante die moontlikheid bied om SAL-vliegkaartjies te bespreek indien die kliënt dit só verkies, maar alternatiewe opsies sterk aanbeveel.

Korporatiewe kliënte van Flight Centre wat reeds ʼn ooreenkoms met SAL aangegaan het en steeds daarvan gebruik wil maak, kan die reisagentskap daarvan in kennis stel.

Volgens Stark sal reisagente binnekort met kliënte in verbinding tree om die impak van die besluit en planne vir toekomstige reise te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johan ·

Mooi! Ek ondersteun SAL al van 1994 nie meer nie. Tyd dat die daardie bodemlose put finaal toe gemaak word.

Bert ·

Besig om die volgende staking te reël, sommer by Flight Centre ook.

Willem Grobler ·

Dit raak ‘n al groter risiko om geld te spandeer op ‘n SAA-kaartjie. Binnekort gaan die spul vou en dan gaan baie mense met hul bagasie op lughawens die wêreld oor sit met hul hande in hul hare…

Bert ·

Ek wag nou al vir die goedgelowige mense wat ‘n saa vlug bespreek en betaal het se klagtes as hul vlug gekanseleer word.

Hennie ·

Goeie nuus inderdaad! Binnelands vlieg ek verkieslik SAFAIR, dan BA. SAFAIR weet wat dit beteken om op tyd te wees, lewer uitstaande diens en is baaaaie goedkoper as SALala land!

Naomi ·

Safair binnelands en Emirates buitelands.
Wie het SAL nodig as jy kan geld spaar. Albei rederye is goedkoper as SAL.

Gert ·

Eienaar van ‘n besigheid en niemand in fabriek mag weer SAA vlieg nie. Geld ook vir ons gesin. Mag die gemors spoedig hul deure sluit

Ai ·

Gert, ek sien jy is ‘n eienaar van ‘n besigheid/fabriek, hoop maar dat dit nie ook een of ander tyd moet sluit agv die swak ekonomie of watter rede ook al nie, waar daar dan onskuldige werkers werkloos gaan wees nie, moenie te gou praat nie, daar is broodwinners by SAA se toekoms op die spel.

Vreedsaam ·

Ek is net bitter jammer vir die getroue hardwerkende mense wat werkloos gaan wees.

charmaine ·

Goeie besluit. Mense kan nie dat hulle geld netso weg “vlieg” nie.

piper ·

die anc se vliegklub gaan toemaak. baai baai verniet vlugte vir hulle en hulle gesinne.

Susan ·

Dit sal uitstekend wees as al staatsondersteunde organisasies dieselfde pad loop. Daar sal dringend opgetree moet word teen korrupsie, goed gekeurde tenders van nog meer korrupte maatskappye soos tenders wat aanvaar word deur bv die boorgate wat teen R1.4 miljoen per boorgat toegeken is wat net R100 000.00 sou kos. Almal gebruik water maar net sekeres betaal daarvoor. As jy ‘n diens kry betaal dan daarvoor.

Feite ·

Hoekom solidariteit SAL in sakeredding wil plaas sal net hulle weet (speel in die hande van die stakende vakbondwerkers en natuurlik die ANC). Onderhandel eerder met ander privaat lugrederye om uit te brei en solidariteitslede te akkommodeer!

JohanR ·

Air New Zealand is aangewys as die beste lugredery van 2019, met Air Singapoer tweede. Hulle het vir 2019 maar net plekke verruil. New Zealand is maar ‘n klein land, maar blykbaar werk ietsie daar???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.