Flinke optrede knip ‘skrikbewind’ kort

Die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens en agt rondes ammunisie. Foto: SAPD

Limpopo se polisie het twee verdagtes aangekeer tydens ʼn gesamentlike optrede van verskeie eenhede as deel van hul doelgerigte poging om sogenaamde trio-misdade te bekamp.

Kol. Moatshe Ngoepe, Limpopo-polisiewoordvoerder, sê die inhegtenisnemings het plaasgevind terwyl die twee glo op pad was om ʼn sakeonderneming in Louis Trichardt se middedorp te beroof.

Die polisie het ʼn wenk ontvang van ʼn verdagte voertuig met gewapende insittendes wat in die omgewing van die voorgenome misdaad rondgery het, sê Ngoepe. “Die gesamentlike operasie is onmiddellik geaktiveer. Hulle het flink gereageer en die verdagtes van die pad afgetrek en in hegtenis geneem.”

Die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens, agt rondtes ammunisie en ʼn Mercedes-Benz, wat vroeër vandeesmaand in die Mokopane-polisiegebied as vermis aangemeld is.

Die verdagtes het vlugtig in Louis Trichardt se landdroshof voorgekom vir die besit van ʼn gesteelde motorvoertuig en van onwettige vuurwapens en ammunisie. Hulle is borgtog geweier en die saak uitgestel tot Vrydag 5 Oktober sodat die polisie verdere ondersoek kan instel.

Ngoepe sê die verdagtes is geïdentifiseer as Mpho Marchel (32) en Nkhume Leshiba (38). Hy sê hulle kan verbind word met ʼn vlaag ernstige misdade in die trio-kategorie (kapings, huisbrake en sakerooftogte) nadat hulle geruime tyd ʼn “skrikbewind” gevoer het in die Mahwelereng- en Seshego-polisiegroepering.

Intussen moet hulle vandeesweek steeds in die landdroshowe van Seshego en Mokerong voorkom.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die lede van die taakspan en die landelikeveiligheidsgemeenskap geloof vir hul uitstekende werk om die twee aan te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Wilma ·

Thumbs up vir die Polisie. Indien hul inligting ontvang het van die publiek rakende voornemende misdaad dan ook 10uit10 vi dai persoon..

AW ·

“Most of the research thus far referred to, supports the averment that the police cannot prevent crime, at least not in a direct or primary capacity. Williams and Wagoner (1996:521) even go as far as stating that “there is sufficient evidence to support the assertion that any reduction of crime must come from outside the police” . (Page 62 & 63)

“The answer lies in a multidimensional and multi-agency approach, involving all stakeholders, from national (government) to logal government level, and including nongovernmental interest groups. (Page 63)

“Irrespective of the police’s position on the issue of crime prevention, it is clear that there is not much the police can do in any direct or primary sense to prevent crime and certainly they should not lead any coordinated effords aimed at preventing crime.” (Page 63 & 64)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

RG ·

Baie dankie, dit is hoe misdaad bekamping moet lyk. Vind nou net uit vir wie hulle werk om die hele Sindikaat uit te roei.

Morné van Rooyen ·

Dagsê Jaco! Dankie dat jy so oplettend is. Dis reggestel. Groetnis, Morné

Elna ·

Baie dankie Jaco nou weet ek ook op watter dag val ons 34ste huweliks herdenking. Ek sal net baie graag wil weet hoe kry die rowers n vuurwapen so vinnig in die hande en waar het hulle geleer om die vuurwapen te gebruik? Dis meestal jong rowers wat die misdaad pleeg. Ek wat n vuurwapen moet he om my gesin te beskerm moet deur hel gaan en dan n leeftyd wag om n vuurwapen te kry??

AW ·

“The organisation Gun Free South Africa says that the greatest sourse of illegal weapons is loss and theft. According to them, an average of twenty guns a day are stolen from civilians and two a day from the police. The real figure, however? Is probably significantly higher, since it is safe to assume that not all gun theft is reported to the police.” (Page 211 – HEIST! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered – Anneliese Burgess, 2018)

Rudi Neethling ·

Let asb op julle spelling. Ammunisie is rondtes. Nie rondes nie

willie ·

Daar is ‘n groot verskil tussen’n onwetigge vuurwapen en die onwettige besit van ‘n vuurwapen,

humor ·

“Die polisie het n wenk ontvang van n verdagte voertuig ……………” Dit verwarrend moet eerder wees Die polisie het n wenk ontvang rakede n verdate voertuig………….”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.