Flippie Engelbrecht kry glo aanval voor hofsaak

Flippie Engelbrecht en sy ma

Flippie Engelbrecht en sy ma

Flippie Engelbrecht (19) het glo ʼn epileptiese toeval gehad ure voordat die man, wat daarvan verdink word dat hy hom aangerand het, op ʼn nuwe aanklag van aanranding in die Ashton-landdroshof sou verskyn, het The Star Donderdag berig.

Wilhelm (Dozi) Treurnicht (35), die bestuurder van die Rietvallei-wynlandgoed, staar ʼn nuwe aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die gesig. Johnny Burger, Treurnicht se voormalige baas, en Treurnicht het glo in 2009 en 2010 twee plaaswerkers aangerand.

Dié aanrandingsaak teen Treurnicht is tot 27 Mei uitgestel, maar hy gaan na verwagting Donderdag weer in die landroshof verskyn weens Flippie se aanranding.

Daar word beweer dat Flippie ook deur Burger en Treurnicht aangerand is en dat hy daarna epilepsie ontwikkel het. Hy het glo tydens ʼn epileptiese toeval blind geword en boonop sy hande verloor toe hy in ’n vuur geval het.

Burger (62) het in September, twee maande nadat die twee mans vir die eerste keer in die hof verskyn het, selfmoord gepleeg omdat hy glo nie meer die spanning van die saak kon hanteer nie. – SAPA

Lees ook:
Video: Flippie Engelbrecht-sage verdiep
Flippie uit ouers se sorg verwyder
Video: Flippie Engelbrecht-aanrandingsaak: Humeure loop hoog buite hof
Polisie weerhou nog naam van boer wat selfmoord pleeg
Boer wat glo tiener op plaas aanrand pleeg selfmoord
Video: Boer moet hof toe na hy glo werker aanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Babs ·

Luister wat se die mense wat Flippie en sy familie geken het voor die sogenaamde aanranding. Dit was ‘n opstokery om geld te eis van onskuldige mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.