Flippie Engelbrecht-saak: Hof moet besluit oor aanranding

Flippie Engelbrecht en sy ma

Flippie Engelbrecht en sy ma

Die Worcester-landdroshof sal na verwagting Donderdag besluit of Wilhelm “Dozi” Treurnicht, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn plaaswerker se seun aangerand het, vrygespreek moet word, het The Star berig.

Pieter Botha, Treurnicht se regsverteenwoordiger, het ʼn aansoek gebring waarin daar versoek word dat sy kliënt vrygespreek moet word. Die hof sal na verwagting vandag besluit of die staat se saak teen hom sterk genoeg is.

Treurnicht, bestuurder van die Rietvallei-wynlandgoed, word daarvan beskuldig dat hy Flippie Engelbrecht op 25 Januarie 2008 herhaaldelik teen die kop geskop het. Engelbrecht was 13 jaar oud ten tyde van die beweerde aanranding.

Botha voer aan die getuienis van ses van die staat se agt getuies was onbetroubaar en “baie swak”. Hy het gesê van die getuies het aangevoer dat Treurnicht ʼn dreigoproep ontvang het, glo van Engelbrecht af. “Dit sou glo die rede wees waarom die aanranding plaasgevind het,” het hy gesê.

Johnny Burger, wat saam met Treurnicht van aanranding aangekla is, het in September verlede jaar selfmoord gepleeg omdat hy glo nie meer die spanning van die saak kon hanteer nie.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anton Visser ·

Dis tyd dat Dozi vrygespreek word! Dan moet daai Papenvisvrou en Flippie aangekla word van moord op Johan Burger!

Drieks ·

Die vrou het met haar lieg, soveel hartseer gebring, en dit om ‘n Anc aanhangsel te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.