Flippie Engelbrecht-saak: Plaasbestuurder vrygespreek

Flippie Engelbrecht en sy ma

Flippie Engelbrecht en sy ma

Wilhelm “Dozi” Treurnicht van Robertson wat daarvan beskuldig is dat hy ʼn plaaswerker se seun in 2008 aangerand het, is Donderdag vrygespreek, het Eyewitness News op Twitter bevestig.

Treurnicht het in die Worcester-landdroshof verskyn. Pieter Botha, Treurnicht se regsverteenwoordiger, het ʼn aansoek gebring waarin daar versoek word dat sy kliënt vrygespreek moet word, aangesien die staat nie voldoende geloofwaardige bewyse gelewer het nie.

Treurnicht, bestuurder van die Rietvallei-wynlandgoed, word daarvan beskuldig dat hy Flippie Engelbrecht op 25 Januarie 2008 herhaaldelik teen die kop geskop het. Engelbrecht was 13 jaar oud ten tyde van die beweerde aanranding.

Johnny Burger, wat saam met Treurnicht van aanranding aangekla is, het in September verlede jaar selfmoord gepleeg omdat hy glo nie meer die spanning van die saak kon hanteer nie.

Klik hier om alle vorige berigte oor Wilhelm Treurnicht op Maroela Media te lees.
flippie tweets

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Paul ·

As die Carina gedoente ‘n gewete het dan behoort sy vir lank nie lekker te slaap nie. Libtards het egter maar ‘n baie swak ontwikkelde gewetestelsel en sal die bloed aan haar hande haar nie pla nie en sy soek nou weer nuwe Afrikaner slagoffers met haar valse klagtes teen Sunette, Steve en Dan.

Estelle ·

Sy gaan haar gat “sound and solid” sien met Sunette, Suid-Afrika se Margaret Thatcher!!

Estelle ·

Sy gaan haar gat “sound and solid” sien met Sunette! SA se eie Margaret Thatcher!

Henk ·

Ek is ook verledejaar deur die polisie toegesluit,en aangekla,vir poging tot moord,skade aan eindom en geweld teen diere,oor n swart man se beeste wat op my grond gevrek het.Ek is beskuldig dat ek die diere geskiet het,en op die veewagter geskiet het,terwyl ek nie eers n geweer besit nie.Na drie verskynings,is elke keer n klag terug getrek,totdat die hele saak terug getrek is.Selfs ons plaaslikke koerant het my van rassisme beskuldig,en nie eers hul self virwerdig,om my te skakel,en hul self te vergewis van die feite nie.Ek vat hulle,die minister van polisie,die eienaar van die beeste en die polisie manne in persoon aan.Die dagvaardigings is onlangs op elke een en die koerant bedien,en ek sien uit na hierdie aksie,terwille van geregtigheidEk doen dit ook terwille van duisend wat ge,boelie word.Ek hoop die pêrs gaan hieroor berig,dalk nie,want dit was omgekeerde rassisme!

Willie ·

Henk, soos die oumense gesê het. Jy is ‘n ramkat! Alle sterkte en baie sal aan jou dink. Ek is baie bly om te lees dat jy die man aanvat. Laat hul vir hul kry.

Henk Celliers ·

Dankie vir die ondersteuning,in 2008 is ek ook onregmatig gearresteer nadat 7 manne my brandstof depo op Ermelo oorgeneem het.Na 21 verskynings is hulle en die polisie skuldig bevind,en is ek letterlik miljoene toegeken,hulle leer maar swaar,die keer wil ek egter ook die polisiemanne in persoon aanvat,anders is dit maar net weer belasting geld wat my betaal.

Mari ·

Henk, ons het geleer dat hier in die Kommunistiese Azanie nie enige geregtigheid in die Howe is nie, glo my dit kos net geld, baie geld en baie tyd en jy kom nerens. Veral met die polisie en die media. Ek is baie Bly jy het erens gekom! Alle sterkte!!!

Didi ·

Henk, baie sterkte vir jou. Kan nie wag om in die nuus te hoor hulle het hul agterente lekker gesien nie. Dis nou te sê as die Nuus hulle sal verwerdig dit uit te saai.

Aan Flippie, Carina en al die ander wat die twee boere skuldig bevind en sommer tereggestel het voordat die hof uitspraak gegee het, mag julle die blinde sambok voel….

Wonder nou net wat gaan van die Flippie gespuis word. Dis mos leuns wat hy verkoop het. Daar is mos ‘n wet soos meineed of tel dit net vir sommige mense?

pop ·

Drie hoeras vir Henk. Dis mos of ons wittes n buk en koes houding gekweek het, Vat al die bollies wat na ons gegooi word. As almal opstaan teen die klas van blatante rassisme sal iets dalk verander. AFRIFORUM, Stig n fonds vir Henk, want dit gaan baie miljoene kos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.