Flippie uit ouers se sorg verwyder

Flippie en sy ma

Flippie en sy ma

Flippie Engelbrecht (19), wat glo epilepsie ontwikkel het en blind geword het na hy aangerand is, is die naweek uit die sorg van sy ouers verwyder oor beweerde voorvalle van kindersmishandeling.

Carina Papenfus van The Freedom Trust, ’n organisasie wat hom vir plaaswerkers se regte beywer, sê in ʼn verklaring Flippe is uit sy ouers se sorg verwyder weens beweerde voorvalle van alkoholmisbruik en kinderverwaarlosing en –mishandeling. “Ons tree nog altyd in die beste belang van Flippie op en het gevolglik die Suid-Afrikaanse Polisiediens vir bystand gekontak. Ons sal op ʼn latere stadium inligting bekend maak oor die behandeling wat Flippie ontvang.” Daar word beweer dat Flippie deur Johnny Burger, ʼn Bolandse wynboer, en Wilhelm (Dozi) Treurnicht, Burger se plaasbestuurder, aangerand is en dat hy hierna epilepsie ontwikkel het, blind geword het en boonop ook sy hande verloor het toe hy tydens ’n epileptiese aanval in ’n vuur geval het. Burger (62) het verlede maand selfmoord gepleeg oor hy glo nie meer die spanning van die saak kon hanteer nie. Treurnicht staan intussen steeds tereg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy sal weer op 14 Oktober in die hof verskyn. Daar was intussen verskeie berigte oor die teenstrydighede in die beweerde aanranding op Flippie. Daar is onder meer berig dat Flippie glo reeds voor die aanval epilepsie gehad het en dat dit glo nie die aanval was wat hom blind gelaat het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Amy ·

Ek het geweet daar is iewers ‘n slang in die gras. Flippie se epilepsie en mishandeling kom al ‘n laaaaang tyd. Sluit die saak en kry klaar!!!

Erich Goosen ·

Wat is die verskil tussen The Freedom Trust en die Economic Freedom Fighters? Albei saal perde op wat lam is en nie kan jaag nie.

wragtig ·

Nee kyk hulle het n boer tot selfmoord gedryf met hulle leuens. Ek se nog altyd hyt n aanval gekry en in die vuur beland. My seun ly aan epilepsie en ek kan eerlik se as hy n aanval kry val hy enige plek. Maar hulle soek geld en dis kla en wie moet betaal. Die boere natuurlik.

Justi ·

“What goes around…..comes around!!” Dis wat jy kry van leuens en mense se lewens vernietig!! Arme boer en sy familie. Hulle soek n melk koei, dis wat!

Vas Vat ·

Die wiel draai, net jammer iemand het gesterf vir die lamsak.

esther ·

wat n godsskryende skande… nou is die wit man klaar dood nou wil hulle die waarheid praat,na dit te laat is, plaas dat hulle eers goed na gegaan het wat gebeur. sit die ouerers in die tronk en gooi die sleutel weg dat hulle op vrot daar

Jiliianalcott ·

Dit is duidelik dat die seun Fetale Alkoholsindroom het. Sy voorkoms dui op al die tekens aan. Carina Papenfus moet teregstaan op ‘n aanklag van teistering vir Johnny Burger se selfmoord.

Alida Engelbrecht ·

Dis hoogs waarskynlik dat Flippie die epilepsie aanvalle kry as gevolg van aanranding deur sy ouers. Hy het van kleins af klappe en skoppe verduur van sy besope ouers, en nou het hulle onder aanmoediging van Carina Papenfus n opening gesien om groot geld los te slaan deur rassehaat aan te blaas en die boer te beskuldig. Die spreekwoord lui: “Al loop die leuen ook hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel “

Nienie ·

Ek stem saam. `n Onskuldige man is moontlik na sy dood gedryf deur Papenfus en Kie. Die familie behoort haar siviel strafregtelik aanspreeklik te hou. Dan kan sy weer katatonies raak in `n gevangenis, daar bly en nie mense na hul dood dryf nie.

yolande ·

En….? Nou”s daar “n man wat selfmoord gepleeg het oor leuens! Wat van sy familie en vriende?

zahn ·

En nou, Carina Papenfus? Ons wag in spanning op jou reaksie? Hoe langer jy stilbly, hoe erger word die reuk van jou karakter..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.