
Sorina en haar man Braam, toe sy sewe maande swanger was. Foto: Twitter
Die sanger en aktrise Sorina Erasmus, beter bekend as die Flooze, se babaseuntjie is Maandag gebore.
Sorina skryf op haar Facebook-blad: “Alle eer aan U, almagtige GOD, wat nuwe lewe gee!!
Aan ons eersteling seuntjie-lief Braam Riekert: WELKOM IN ONS WÊRELD. Vanoggend op hierdie geseënde dag van 14-04-14 het God dit só bewerk dat ons klein Braambossie gebore is. Dankie JESUS vir U genade.” [sic]
Dit is die egpaar se eersteling.
Die gelukwensings stroom in op haar Facebook-blad. Sorina en Braam Riekert woon saam in Pretoria, hoewel die Flooze, haar alter ego, trots is om te erken dat sy van Witbank af kom.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Baie geluk julle!! Mag hy vir julle net vreugde bring. Geniet julle klein Braambossie.
Geluk Sorina. Hoop net die beste vir julle en ek weet sommer dis n baie oulike kindjie!! Hoop jul wys gou gou vir my ouma(sys in n club in pta vir ou mense) die babatjie dat ek n fotoQ kan kry. Baie liefde!!