Flou optrede teen Zuma dui op groot interne verdeeldheid

ANC-se-vlag-deur-ANA

ANC Foto: ANA.

Die ANC se huiwering om kragdadig op te tree om van pres. Jacob Zuma ontslae te raak, dui op groot interne verdeeldheid in die regerende party en vrese van die ANC-leierskap dat die party kan skeur indien daar sterker teen die president opgetree word.

Só sê Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Hy meen dit is onaanvaarbaar dat die ANC toelaat dat Zuma die land langer gyselaar hou en die geploeter om van hom ontslae te raak, dui duidelik daarop dat die ANC nie in staat is om te regeer nie aangesien hy nie in staat is om sy interne probleme op te los nie.

Volgens Groenewald is die president wel herroep, maar niemand weet wanneer hy gaan nie. “Die moontlikheid dat pres. Zuma sy sin kan kry om tot ses maande lank as staatshoof aan te bly, is onaanvaarbaar, aangesien hy desperaat is en tot enige optrede in staat is wat die land groot skade kan aandoen. Daar is ook geen waarborg dat hy sy woord gestand sal doen en wel sy kantoor na ses maande sal ontruim nie.

“Dit is duidelik dat die president weier om toe te gee aan die ANC se versoek om te bedank. Die parlement sal daarom nou ingespan moet word om teen hom op te tree, moontlik deur ʼn mosie van wantroue.

“Dit is egter belangrik dat die ANC self hierdie mosie bring, aangesien die regerende party nie die mosie van ʼn opposisieparty, in hierdie geval die EFF, sal steun nie. Indien die EFF erns daarmee het om van die president ontslae te raak, sal hy sy mosie onttrek.

“Dit is jammer dat ʼn staatshoof, wat geen geloofwaardigheid meer het nie en wat soveel skade aan menseverhoudinge en die land se ekonomie aangerig het, steeds toegelaat word om aan sy magsposisie vas te klou,” voeg Groenewald by.

Intussen het die burgerregte organisasie AfriForum die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) se aankondiging om president Jacob Zuma as staatspresident te herroep, verwelkom, en voeg by dat die organisasie sy pogings gaan verskerp om toe te sien dat Zuma vervolg word. ’n Veldtog sal eersdaags in dié verband van stapel gestuur word.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat dié organisasie alle redelike stappe sal doen om toe te sien dat Zuma deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg word. “Indien die NVG versuim om Zuma te vervolg, sal AfriForum se privaat vervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel die proses vir privaat vervolging in werking stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Alida ·

Hoekom wil hy die weermag persoonlik “groet” die slang voer iets in die mou!

Lukie Carelsen ·

Zuma is NIE die probleem nie! Die probleem is die ANC wat Zuma aangestel het en vir amper ‘n dekade lank beskerm het!

Wat sê dit van die ANC? BAIE! Die ANC is is onbevoeg en ‘n ramp vir S.A!

Daar moet nie net van Zuma ontslae geraak word nie maar ook vd ANC!

FInish en klaar!

Cherokee ·

Lukie, jy kan nie net sê dat van die ANC ontslae geraak moet word en die opvolg ignoreer nie. Dit is sinneloos. Jy moet ook sê wat jy dink wie die land gaan regeer as die ANC uitgeskop is. Om een of ander rede is dit ‘n kwessie wat nie maklik ingesluit word in hierdie tipe kommentare nie. Hoop jy doen ‘n opvolg.

zoom zoom ·

Lukie. En hoe beplan jy om ontslae te raak van die anc. In SA is dit makliker om van die Afrikaanse taal ontslae te raak as van ‘n party.

snoefie ·

lukie, om van sie anc ontslae te raak sal beteken almal sal hullw gaaie moet lig, in die son en weer ure lank gaan toustaan. maar 2/3 blanke stemgergtigdes is te lafhartig om tussen die menigte te gaan staan. hulle braai eerder en sien toe dat malema die volgende president word.

Sarie ·

Ek moet se ek kan nie sien wie die land gaan regeer as daar van die land ontslae geraak word nie. Ek stem daar moet van hulle ontslae geraak word, maar daar is net nie iemand wat uitstaan as president nie. Ek het groot respek gehad vir Cyril Ramaphosa, veral na nou die dag toe hy die nasie so mooi in Afrikaans toegespreek het maar die hulle gesukkel om van Zuma ontslae te raak het daai respek ook ‘n hele paar vlakke laat daal. Dink net hoeveel skade Zuma ons land nog kan aandoen as hy nog ses maande aanbly en hoeveel staatsgeld uit die staatskoffers in sy eie bankrekening in Dubai in gaan verdwyn! ANC sit julle voet nie en se “vat jou goed en loop!” Hy verdien geen waardigheid om by die voordeur uit te stap nie, hy het geen waardigheid aan die land betoon nie, hy met met ‘n yslike skop by die agterdeur uitgeskop word. Finish en klaar!!

Frikkie Geld en huis ·

Jy slaan die spyker op die kop. Zuma was vir 9 jaar die ANC se beste man. Wat is dan nou skielik fout met hom ? Sy ouderdom ?

Sarel Strydom ·

Geen Leier met Politieke Guts nie. Zuma besig met duistere sake en voor iemand weet is hy landuit. Hy gaan laat enige iemand hom vervolg nie.

Nienaber ·

Die hele spul is korrup en speel n dubbelspel om hulself te red.Ontbinding die beste uitweg voordat mobiliseering dalk plaasvind

Eben ·

Zuma gaan ‘n lang storie spin oor hoe hy uitgelewer is as slagoffer. Die uitsending is een ding die ander een is hoe hy sy saak gaan verdedig by sy Russiese en Gupta maatjies, is ‘n groot pribleem. Hy moet nou ,van die ganse wat die goue eiers lê, ontslae raak.

Lukie Carelsen ·

Dankie vir die insette oor my kommentaar.

My reaksie is dat ek meer bekommerd is oor hoe die mees magtigste party in S.A. ‘n totale onbevoegde idioot en despoot soos Zuma kon aangestel het en so lank aan bewind gehou het EN hom beskerm het vir soveel jare!

Dis wat my bekommer!

Daar is enkele alternatiewes om van die ANC ontslae te raak en ek glo dat die party gaan skeur en uiteindelik by die stembus geklop sal word – miskien met oposisie koalisies ens. maar enigiets is moontlik.

Die feit is dat die ANC in GROOT moeilikheid is en wat die afgelope dag of twee gebeur het met hulle hantering van ZEXIT bewys dat hlle (die ANC) NIE in beheer is nie en liederlik verdeeld is.

Ek sidder om te dink dat EFF die oorwinning gaan eis as die wantroue debat slaag wat hulle geinisieer het met die DA en ander oposisie partye. (Die ANC moes hulle voorgespring het om ‘n bietjie punte te kon “score”).

Dit plaas die ANC in ‘n baie netelige en slegte posisie nl dat C.R. NIE Zuma kon uitsit nie en dus nie in volle beheer vd ANC is nie!

Hierdie gebeure spel niks goeds vir die ANC nie en ek is oortuig dat hul stemme gaan verloor met hierdie Zuma fiasko.

Manna ·

Die hele leier korps behoort te bedank. Hulle is almal deel van staatskaping poging. Dis hoekom Zuma so versigtig behandel word. Hulle is bang hy praat.

Eish ·

Sê nou net…
Sê nou net die korrupte kornuit bedank nie…
Sê nou net die Aa en see stel n mosie van wantroue teen hom in…
Sê nou net die 45% Zulu’s in die parlement en omgekoopte meelopers stem hy moet bly…
Sê nou net dis vergesog…

Anoniem ·

Mense, politiek is ‘n gemene spel. Zuma weet te veel van verskeie ander sogenaamde “vroom” ANC lede. Terwyl sekere lede hulle tot die politiek gewend het, het ander hulself ook verryk deur direkteurskappe en aandeelhouding in van die land se grootste besighede te bekom. Die ironie van die saak is, dis aan hulle gegee sonder dat hulle een dag ‘n vinger hoef te verroer het. Zuma het homself op die “slegte en lelike” manier verryk, maar die ander is nie minder skuldig nie. Die hele lot van hulle het hulself op die een of ander manier vergryp aan die land se hulpbronne, sommiges net op slimmer maniere. Hy het hulle nog steeds stewig beet aan die ” short and curlies?

Jacques Venter ·

Zuma is die grootste vriend van AL die oppososie partye. Deur teen hom te skree, wen hulle steun.
So hier is die opposisie se strategie. Stel n mosie van wantroue in Zuma in. Hulle weet dat die ANC parlementslede nie teen Zuma sal stem nie. So die opposisie lyk goed en Zuma bly.
As daar n geheime mosie is, hoe gaan die opposisie stem?
Dis n ope vraag, maar die antwoord is voor die hand liggend

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.