Floyd verkla oor duur troue met VBS-geld

Floyd Shivambu

Die DA gaan Floyd Shivambu, adjunk-president van die EFF by die parlement se etiese komitee aangee.

Dit nadat bewerings aan die lig gekom het dat Shivambu geld van die VBS Mutual Bank gebruik het om te betaal vir sy uitspattige troue in April 2017.

VBS is onder kuratorskap geplaas nadat sowat R2 miljard by die bank geplunder is.

Daar word beweer meer as R10 miljoen het uit VBS se koffers deur Shivambu se broer Brian Shivambu na die EFF gevloei. Die EFF ontken dié bewering.

Daily Maverick het Sondag berig hoe Grand Azania, ʼn maatskappy wat deur Floyd se broer besit word, meer as R500 000 betaal het vir Floyd se troue.

“Dit is nie die eerste keer dat EFF-leiers en (Floyd) Shivambu in die besonder by die VBS-skandaal betrek word nie. Geld wat by die VBS-bank geplunder is verteenwoordig die spaargeld en aftreefondse van gewone Suid-Afrikaners en in besonder die inwoners van arm landelike gebiede in Limpopo,” sê John Steenhuisen, DA-hoofsweep.

VBS Mutual Bank

Steenhuisen sê die DA kon vasstel dat Shivambu geen belange in Grand Azania of donasies van VBS aan die parlement verklaar het nie. “Die 2017-register bevat geen verklarings van Shivambu met betrekking tot skenkings, geskenke, eiendom of belange van enige aard nie. In 2018 het Shivambu slegs sokkerkaartjies en sigare verklaar, wat hy klaarblyklik geskenk gekry het.”

Steenhuisen sê selfs al het Shivambu die geld verklaar wat hy na bewering ontvang het om sy troue te finansier, sou hy steeds die parlementêre gedragskode oorskry het. Hierdie kode vereis dat parlementêre lede altyd op só ʼn wyse optree dat openbare vertroue in die integriteit van die parlement behoue bly. Die kode vereis ook dat lede aan die waardes van integriteit en eerlikheid voldoen. “Shivambu se optrede verraai klaarblyklik die vertroue van duisende kiesers wat glo die EFF dra hul belange op die hart,” sê Steenhuisen.

Hy sê die mees onlangse bewerings wat die EFF aan die VBS-bank verbind, is ʼn duidelike bewys dat die EFF nie aan hul beloftes voldoen nie en nie werklik omgee vir die mense van Suid-Afrika nie. “Daarom sal ons Shivambu by die etiese komitee verkla”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dries ·

En wat dan DA malema is die ANC se kind hy en sy trawante sal niks oor kom nie

Johanna Botha ·

Geld van die einste mense wie hy verteenwoordig …dis n duur les …maar leer sal ons nie hehe

Merie Perd. ·

Alle media, hou tog op om enige nuusdekking aan die eff te gee.

Heinrich van Zyl ·

Ai Floyd, hoekom nou gaan staan en trou?
Dis mos nou heeltemal onnodig.
Jy kon daai geld eerder op lekker speelgoed soos ‘n motorfiets spandeer het, en dan het jy nog geld oorgehad vir ‘n lekker “bike trip” deur Suid-Amerika.

Henry ·

Ek het geen simpatie vir die mense nie. As jy so dom wil wees om vir die mense te stem en dan nog jou geld ook vir hulle gee. Kry vir julle

Gert van Wierdapark ·

Die Rooikappie kommando beweeg op al hoe dunner Ys! Dit gebeur ook as jy Wolf Skaapwagter maak waar die DA stadsrade beheer, danksy die rookies!

KOOS ·

jaaa… ou Gert! jy meen anc, da + VF se flou rokies en boudtjies..

Petrus Heigers ·

Die vrou wat hy getrou het was seker baie desperaat!

JohanR ·

Lyk my ou Floyd doen niks met sy eie geld nie. Dit is of die belasting betalers, VBS of onwettige tenders se geld. Waaneer gaan jy tronk toe Floyd? Jy weet daar kan jy nie soe baie MacDonalds Burgers vreet, en liters Coke drink nie? Soe loop maar liggies….

griet ·

anc, da+VF VREES die eff, hulle leier en kaders, wat net maak wat hulle WIL… en kom boonop niks oor nie!!

griet ·

ek sou ook grootbek gewees het, met ALMAL WAT BANG is vir my leier en party en te papbroek is, om EFF VAS te vat!!!

JK ·

Hy is nou klaar getroud en het die geld gebruik. Gaan hulle nou sy troue onwettig verklaar of wat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.