FlySafair ontken stelselprobleme tydens R2-promosie

FlySafair

FlySafair

Die Suid-Afrikaanse laekoste-lugredery, FlySafair, het Donderdag ontken hul aanlynkoopstelsel was foutief nadat ʼn promosie bekendgestel is waardeur reisigers vliegkaartjies vir R2 stuk kon koop.

FlySafair het Donderdag die groot promosieveldtog aangekondig waarin 15 000 vliegkaartjies na verskeie plekke regoor die land vir slegs R2 stuk beskikbaar was. Kort daarna het klagtes egter op sosiale media begin instroom van kliënte wat meen die promosie is ʼn “bemarkingsfoefie” omdat die aanlyn-stelsel glo nie die swaar internetverkeer kan hanteer nie en dit dus onmoontlik is om een van die spotgoedkoop kaartjies te koop.

Kirby Gordon, die maatskappy se adjunk-uitvoerende hoof van verkope en verspreiding, het erken daar was “klein probleme” met hul stelsel, maar het dit toegeskryf aan verbruikers se “swak internetverbinding”.

“Ons beleef nie regtig groot probleme nie. Ons kom agter die enigste mense wat probleme ondervind, is diegene wat swak internetverbinding het. Indien jou verbinding te swak is, sal die stelsel jou na een minuut weer uitgooi,” het Gordon gesê.

Volgens Gordon het die maatskappy die promosie bekendgestel omdat hulle wil hê mense moet hul dienste beleef en sien wat die lugredery kan bied. Die promosie is ook gekoppel aan die lugredery se tweede verjaardagvieringe.

'n Skermskoot van 'n inskrywing op FlySafair se Facebook-blad. Foto: Facebook

‘n Skermskoot van ‘n inskrywing op FlySafair se Facebook-blad. Foto: Facebook

FlySafair het verlede jaar 30 000 kaartjies beskikbaar gestel vir slegs R1 per kaartjie ter herdenking van hul eerste verjaardag. Hoewel hulle daarin geslaag het om 30 000 kaartjies te verkoop, het die verkoping in ʼn nagmerrie ontaard toe die webwerf binne ure ineengestort het. FlySafair moes sy kliënte formeel om verskoning vra.

Gordon het Donderdag gesê hulle het hul les geleer en dié keer ʼn ander aanslag gebruik. “Die vorige keer het ons ʼn bediener-stelsel gebruik, maar gevind dit kan nie groot volumes verkeer hanteer nie. Vanjaar het ons baie geld belê om ʼn wolk-stelsel te gebruik wat outomaties en betroubaar is,” het hy gesê. Die stelsel het volgens Gordon selfs ʼn “wagkamer” waar verbruikers kan sien hoe ver hulle in die tou is om kaartjies te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann ·

Wel hulle slaag in hulle doel; “om verbruikers bewus te maak…” bewus is ons beslis. As iets te goed klink om waar te wees; dan is dit. Maar ons ou naiewe nasie leer ook nie maklik nie? Twee keer na mekaar vir dieselfde foefie val….toemaar. Daars waarskynlik volgende jaar WEER n geleentheid vir “bewusmaking van die onwaarskeinlike”… SUCKERSSSSS

Moeggesukkel ·

Die grootste klomp tjol….heeldag ‘n vewag net om elke keer uitgeskop te word EN ek het ‘n baie goeie sterk internet verbinding. Tyd en geld mors….

ML ·

Wel ek het screenshots gevat waar ek ingelog was en toe skop dit my uit. Ek het 2 keer my kredietkaart besonderhede ingevul en wanneer ek op betaal ‘click’ dan skop die program my weer uit.

Dis belaglik. Hulle moet beter IT kry en definitief ‘n beter manier kry om dit te bestuur want hulle sukkel vreeslik.

Suzette ·

En julle kla daaroor? Wil julle rerig R1 en R2 vlugte trotseer. Bly stil en wees bly julle is “uitgeskop” van die stelsel en nie neergegooi uit die lug uit nie……………..eish…………..

Cherokee ·

En ek wou twee vliegkaartjies koop na Jo’burg vir R2, toe gee die sisteem my twee retoerkaartjies na Perth vir R2! Het dit opgeskeur want ek wou Joe’ies toe gaan.

Charles ·

Ek het half 9 ingeteken en was 214de in die ry. Het my 6 kaartjies na george toe gekry sonder probleme. Baie bly! Dankie Flysafair!

Tevrede klient! ·

Ek het half 9 ingeteken en was 214de in die ry! Ons het ons 6 kaartjies na george toe gekry sonder enige probleme. Baie bly!
Dankie flysafair!

Lroux ·

My beurt afgewag alles my vlugte alles gekies totdat ek my inligting moes begin invul seka “n halfuur gewag om te “continue” na betaling toe skop hy my uit kon toe nie weer ingaan nie was redelik teleurgestel

Kaspaas ·

Ha ha internet spoed te stadig op optic fibre 100mb/ps is dit ook stadig. Laas jaar selfde met die R1 kaartjie hulle is maar net n swak maatskappy wat medie lugtyd soek.

Danie ·

Twee keer uitgeskop, maar twee kaartjies gekry. Met soveel duisende mense wat gelyk probeer, sal dit maar seker sukkel.

Tinus ·

Baie Tevrede

Rukkie geneem om in te kom maar was suksesvol met 4 x retoer kaartjies Johannesburg – Kaapstad toe.

Dankie flysafair.

Nie-stadige-internet-nie ·

Net so gesukkel vir URE, nadat ek seker 50 keer moes kies watter prentjies wys almal bome, blomme, riviere, of berge en waarna ek net elke keer weer die hele proses van voor af moes herhaal, het ek maar moed opgegee. Let wel, fibre optic business connection.

Neal ·

Het laas jaar gesukkel die hele dag tot 4 uur die oggend toe. Het meer as 10 keer tot die betalingsblad ingekom(wat die laaste stap is),alles ingevul en wanneer ek laaste knoppie druk”proceed” dan skop hy my elke keer uit die sisteem.Het fotos,videos geneem om dit te bewys en toe by hulle klagte ingedien maar dit het niks gehelp nie.Hulle se net ek moet ander kaartjie koop want dit is in elkgeval goedkoop.Dis n’ bemarkingsfoefie.Ek het standpunt ingeneem om hulle nooit te ondersteun nie en ek vlieg baie. Moenie volgende jaar jul tyd mors nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.