FNB-adviseur skuldig aan diefstal

ʼn Zimbabwiese burger en voormalige finansiële adviseur van Eerste Nasionale Bank in Port Elizabeth het Donderdag skuldig gepleit op ʼn aanklag van diefstal.

Die 27-jarige Forgive Sibanda is daaraan skuldig bevind dat hy in Januarie en Februarie vanjaar geld van kliënte gesteel het.

Landdros Johannes Claasen van die handelshof in Port Elizabeth het Donderdag gehoor Sibanda het altesaam R93 000 van sy kliënte gesteel.

Sibanda het in sy pleitverduideliking erken dat hy onwettig toegang tot kliënte se bankbesonderhede en hul rekeninge verkry het en daarna geld na sy persoonlike rekening oorgedra het. Hy het ook van die geld oorgedra na ʼn vriend se rekening en na ʼn rekening wat aan ʼn kerk behoort waarvan hy ʼn lidmaat is.

Claasen het Sibanda tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Die vonnis is opgeskort vir vyf jaar. Sibanda is ook beveel om die R93 000 binne ʼn tydperk van drie maande aan die kliënte terug te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sê maar net ·

Hoe werk dit?….. Jy steel, word gevang en jou enigste straf is om die geld terug te gee.

Bytjie ·

Hoe onnosel van hom. Alles wat jy doen op die internet… elke liewe transaksie word gesien deur die bank

Hangman ·

Christa, want ek as n witman wat n bank spesialis is met die wereld se kennis, kan nie die werk kry nie…dus sit ek sonder werk vir 2 jaar! Maar bly om te sien die goed gekwalifiseerde personeel hou die bank se naam hoog

Alida ·

Hom aangestel om verteenwoordigend te wees. Dank hom onmiddellik af en sluit hom toe.

Amanda ·

Hy is van Nigerie…….. Ai tog se mos al klaar alles. Plaas hulle eerder ons “locals” in diens neem maar neeeee…..

Cherokee ·

Amanda, daar is ‘n halwe kontinent verskil tussen Nigerië en Zimbabwe.

TS ·

Hy is van Zim.
Terloops waar gaan hy diel geld kry om terug te betaal. Nee man hy gaan verdwyn soos ń dief in die nag.

John ·

Leen by sy pel wat ‘n geldtrok in die noorde ge-hijack het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.