FNB-bestuurder vas vir bedrog

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

’n FNB-bestuurder van Ormonde in Johannesburg wat daarvan beskuldig word dat sy haar werkgewer uit R4 miljoen bedrieg het, is Dinsdag deur die Palm Ridge- gespesialiseerde kommersiële misdaadhof op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Zandile Sibiya (39), ʼn operasionele bestuurder by FNB se Newtown-tak in Johannesburg, het na bewering tussen September 2019 en Augustus 2021 R4 miljoen na haar eie bankrekening oorbetaal.

Volgens kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het sy dit glo gedoen deur buitelandse valuta- betalings bedrieglik te prosesseer.

FNB het ʼn forensiese ondersoek gedoen en die saak na die Valke verwys.

“’n Deeglike ondersoek is gedoen en ’n lasbrief is vir Sibiya se inhegtenisneming uitgereik. Sy het haarself [Dinsdag] aan die polisie oorgegee en is daarna van bedrog aangekla.”

Sibiya het later dieselfde dag in die hof verskyn.

Die saak is tot 18 Januarie 2022 uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Bykans twee jaar geneem.om dit agter te kom?

Blikke

Dis seker wat te wagte is wanneer polities korrekte aanstellings gedoen word….doen so voort….daars nog baie om te plunder!!!

Tanja

R4 miljoen se bedrog…en sy betaal net R10 000 borg?

Frederik C

Ek wonder of FNB haar nou ” gefire “het.

Tipper

Kliente se geld.