FNB gaan eienaars van gesteelde sluitkissies vergoed

FNBFNB het Donderdag bevestig dat hy in die proses is om kliënte te vergoed ná rooftogte by die bank se takke in Randburg, Parktown en Sunnypark in Gauteng in Desember.

Duisende sluitkissies met verskeie waardevolle items daarin is gesteel en beskadig. Die waarde van die sluitkissies se inhoud word op etlike miljoene beraam.

FNB het gesê dat hy kliënte billik sal vergoed vir byvoorbeeld die vervanging van trousertifikate, identiteitsdokumente, geboortesertifikate en paspoorte.

Jacques Celliers, hoof- uitvoerende beampte van FNB, het gesê die bank berou die impak van hierdie voorvalle. Hy het ook gesê dat FNB-kliënte vergoed sal word vir bybetalings en ander koste rakende die terugeis van versekeringsmaatskappye in die gevalle waar kliënte suksesvolle eise ingedien het.

Celliers het bygevoeg dat hulle ook moontlike vergoeding vir kliënte wie se sluitkissies gesteel of beskadig is en wat nie versekering het nie, sal bespreek. Volgens Celliers is hulle nie wetlik verplig om dit te doen nie.

“Ons hoop dat hierdie pogings die negatiewe impak op ons kliënte kan beperk terwyl die ondersoeke nog hangende is,” het Celliers gesê. “Daar is ’n spesifieke span wat net werk om hierdie aangeleentheid te hanteer. FNB kan ongelukkig nie sê wanneer presies hierdie proses afgehandel sal wees nie omdat elke eis verskil.”

FNB het onlangs die skorsing van drie werknemers van die Parktown-tak bevestig, maar wou nie kommentaar lewer oor die polisieondersoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos1 ·

Billik vir wie, die bank of die kliente?
Nie wetlik verplig nie??????????? Wette hoef nie altyd daar te weet om logika te staaf nie. Jy sal nie jou waardevolle besittings by die bank laat toe sluit as jy weet dit is nie veilig nie.
FNB leer bietjie uit die Kuga sage. Om julle self te verontskuld of agter wette weg te kruip, (indien julle dit oorweeg) kan julle “brand” knak.

Cherokee ·

Koos, ek is geen Barcleys of FNB-aanhanger nie (vandat Chris Ball ‘n huis in Soweto aan Winnie Mandela geskenk het, dekades gelede) en het nie geweet van die betrokke insident nie. Wat vir my egter uitgestaan het soos in bolt-skrif was die woorde waarna jy ook verwys het “Nie wetlik verplig nie’. (kyk hoe spesiaal is ons!) Celliers het bloot afbreek gedoen aan FNB deur dit te sê.

Johan ·

Snaaks hoe groot korporatiewe entiteite dink dat die term “nie wetlik verplig” gelykstaande is aan eer en integriteit.

Alida ·

Hier gaan ons alweer. Dit kon by enige bank gebeur het. Inside job.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.