FNB-kliënte verloor glo duisende deur slenter

FNBFNB het Donderdag gesê hy is bewus van bewerings dat talle kliënte honderde duisende rande verloor het deur ʼn beleggingslenter wat glo deur werknemers van die bank uitgevoer is.

EWN het berig hulle is bewus van meer as 20 kliënte wat slagoffers van die beweerde bedrogspul was. Volgens die nuusagentskap het van die kliënte tot soveel as R900 000 deur die slenter verloor.

Dit is nie duidelik presies hoe die beweerde bedrieërs te werk gegaan het nie, maar werknemers van FNB het vermoedelik voorgegee hulle open wettige FNB-rekeninge vir kliënte, terwyl hulle eintlik die geld in ʼn ongemagtigde maatskappy belê het.

Quinton Caryer, uitvoerende hoof van FNB se eenheid vir finansiële advies, het gesê die werknemers wat by die bedrogspul betrokke was, is nie meer in diens van die bank nie. “Ons bevestig ook die individue het buite hul verantwoordelikheid en nie namens FNB nie, opgetree,” het hy gesê.

Caryer het namens die bank sy spyt uitgespreek oor die slenter en gesê die bank werk saam met die betrokke owerhede aan die saak. “Ons doen ʼn beroep op die FNB-kliënte wat hierdeur geraak is, om ons soveel inligting as moontlik te gee om te help met die ondersoek. FNB sal geen onwettige of kriminele aktiwiteit duld nie,” het hy gesê.

Volgens Caryer is die bank tans in verbinding met die mense wat slagoffers van die slenter was, maar hy het geen kommentaar gelewer oor of die slagoffers hul geld sal terugkry of nie. “Ons kan nie verder kommentaar oor die saak lewer nie weens die ondersoek wat nog aan die gang is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

JAN BRITZ ·

Het Mnr Caryer n idee hoeveel karre by sy bank gaan ry as hulle daai gelde nie terugskryf nie? As hulle stelsels dit toelaat en nie opspoor nie is dit hulle moeilikheid, nie die niksvermoedende klient sin nie. Sorry FNB!!!!

Anny ·

Êrens is daar GROOT fout met sekuriteit as werknemers so baie kon steel voor hulle uitgvang is. Maak my as kliënt baie bang

Anny ·

Êrens is daar GROOT fout met sekuriteit as werknemers so baie kon steel voor hulle uitgvang is. Maak my as kliënt baie bang. En om te sê dit was in hul eie kapasiteit is belaglik. Dis gedoen terwyl hulle toegang tot die stelsel gehad het as werknemers!!

JaNee ·

FNB werkers wat bedrog pleeg onder FNB vaandel. FNB gaan pa moet staan.

Andy ·

The employees were working for you on your premises used your equipment to commit the alleged crime so how can you not be held responsible?????

Theresa ·

Ek is ‘n gewardeerde klient van FNB en is oor die algemeen baie gelukkig met hulle. Ek het egter uit ondervinding besef dat bedrog gepleeg word daar wat nie sonder die hulp van werknemers gedoen kan word nie. Hulle is ook glad nie ywerig om jou te vergoed wanneer jy deur ‘n slenter gevang word nie al is die betrokke rekening alreeds gesluit agv skelm transaksies en hulle kan sien jou geld is daar. Moet eers ondersoek word en jy hoor nooit daarvan nie. Jy verloor dit net dood eenvoudig……. Het die idee gekry hulle sorg eerder dat hulle bankkostes betaal word op daardie rekening met jou geld as wat hulle jou gaan help en dit terug betaal in jou rekening. Ek moet dalk bietjie navraag doen oor hoe ver die bedrogsaak ondersoek is. Wag al vanaf September 2014……..

Andre ·

Geen wonder hulle wil trap uit Afrika nie. They don’t laaaik the Africa way doing business,………………

Sampie ·

Andre, jy’s bietjie deurmekaar. Barclays wil sy voetspoor in Afrika verminder ja, maar hulle is saam met ABSA in die bed; nie saam met FNB nie. Haal diep asem en ‘skuus vir die grootmense!

Sarie ·

Dit is nie FNB wat wil padgee uit Afrika nie, dit is Barclays hulle het niks met FNB te doen nie maar sal die geld moet gerugbetaal die misdaa is in hulle bankgeledere gepleeg

Zbc ·

Ek doen bietjie navorsing oor waar om ‘n bankrekening vir my kind oop te maak. Ek is self by Fnb en uit die staanspoor het ek hul inligting eerste opgesoek. Hul advertensie is misleidend. Sê eers dat die tiener geen bankkostes sal hê nie, dan word daar verder af genoem dat die tiener se bankkostes by die ouers se rekening verhaal kan word. So, hul geld sal hul kry, maak nie saak hoe nie. Iemand trek altyd aan die kortste ent.

nig ·

Zbc – kan jy FNB dan nie by die advertensieraad minstens aakla of by die bankombudsman ‘n klag lê want hulle advertensie is dan mos vals. Mense moenie bang wees om sulke dinge uit te wys nie, want so sorg jy dat ander of selfs jyself nie in die toekoms gevang word nie.

Michael ·

FNB is verantwoordelik om die slagoffers se geld terug te gee

Piet Pompies ·

Ek is self ‘n FNB klient en het in die laaste tyd baie oproepe van ‘n sogenaamde FNB agent uit Durban (volgens telefoon nommer) gehad wat voorstel dat ek my rekeninge na ‘n ander opsie toe skuif om bank kostes te spaar. Ek het dit elke keer van die hand gewys en die oproepe het nog steeds aangehou, daar was nooit enige e-pos kommunikasie van FNB rakende die saak. Op die manier kan die skelm agent maklik my inkomste na sy eie rekening wat hy skep kanaliseer.

nig ·

Piet Pompies jy meot dit dan rapporteer danhe thulle darem daardie nommer om te ondersoek!

Bokram ·

Sjoe,ek het laas naweek verander na capitec en ja wat n voorreg om te bank by hulle

JPS ·

…o genade…. lyk my ek moet ook maar my overdraughts skuif na ‘n ander bank voor dit ook gesteel word….

Nella ·

Ek is ook ‘n klient van FNB, daar is ‘n groot bedrag geld uit my rekening op e-wallet rekenings wat ek nie voor aansoek gedoen het nie, sowel as ATM ontrekking, waarop daar tydelike pins geskep is om die geld te kon ontrek, wat ek glad nie van kennis gedra het nie, en nie weet hoe hulle die ontrekkings kon doen nie, want ek is in besit van die kaart!!! Het dit by FNB Fraud eenheid aangemeld, saak ondersoek en my meegedeel ek op ‘n “scam site” was, waar hulle my inligting van af gekry het. By navraag word daar toe beweer ek nie my “user Id en password” beskerm het nie!!!! Ek en my gesinslede bank al 25 jaar plus by FNB, maar met sulke patetiese diens gaan ek verseker my rekening sluit!!! Watse waarborg het jy dat jou geld veilig is ………….

Donovan ·

Forensiese ondersoek kan die audit trail volg wat na gelaat word deur IT. elke transaksie kan gemonitor word, wie aan geteken het, hoe laat en waar die geld heen geskuif is… Banke het versekering teen sulke misdaad, banke probeer regtig hulle bes om boewe uit die stelsels te hou maar sodra daar n firewall gebou word dan kry die skelm n ander manier om by jou geld uit te kom… Wees verseker die bank amptenare wat by die slenter betrokke is sal vas gevat word… Maak seker dat jou rekening jou laat weet as daar beweging op jou rekening is, FNB noem dit “incontact” ABSA het dit en Standard bank ook… dit is gratis en jy ontvang elke keer n sms as daar gelde in of uit vloei…

Johannes Meintjes ·

Uit bitter ondervinding in die bank en versekeringsbedryf moet ek getuig dat die banke en beleggingsmaatskappye selde pa-staan, en dat die regering asook die onvolhubare geldstelsel hulle skynbaar in hulle kwaad sterk. My persoonlike ondervinding is dat daar talle sisteme onwetttig maar winsgewend binne die geld en banksisteme funksioneer, – wat o.a. ou of verjaarde skuld her-aktiveer em mense vervolg vir die wins van onbeskaamde en eie-waan amptenare en hulle prokureursvriende, sonder dat die bankowerhede dit magtig. Oor die Ombud vir Bankdienste sale ek anderdag iets vertel, sodra ondersoeke wat nou na die Publieke Beskermer verwys word, afgehandel is.

Pieter.v ·

Jy moet baie seker maak waar jy bank of jou geld bele ,lees gerus die boek “The Brett Kebble Illision”jy sal nie glo tot watter lengtes groot banke en beleggings maatskappye sal gaan om hul self te beskerm en te verryk ten koste van hul beleggers,en dat die maatskappye wat die forensiese ondersoeke doen vir verskillende maatskappye met mekaar saam werk

pieter ·

Werknemers van fnb,wie stel hulle aan,FIRE HOM OF HAAR OF HULLE.

m ·

Moet hierdie mense by die bank nie een of ander klaring of iets kry nie. Hulle werk met baie sensitiewe inligting en wat nou hier gebeur het bewys daar is een of ander sindikaat binne in die bank. Ek wil amper se hulle moet iets soos “top secret’ klaring kry. NIA doen polograaf toets op jou en bepaal dan of jy moet sensitiewe inligting kan werk en gaan ook jou agtergrond na. Ek dink hele paar outjies gaan nie hierdie toets slaag nie…………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.