FNB moet ‘Steve’-advertensies onttrek

FNB maak ook van die karakter RB Jacobs gebruik om op navrae op sosiale media te reageer

FNB maak ook van die karakter RB Jacobs gebruik om op navrae op sosiale media te reageer

Die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) het FNB beveel om sy ‘Steve’-advertensies te onttrek.

“Die potensiële skade in die huidige saak lê in die moontlikheid dat kinders die advertensies kan interpreteer as goedkeuring om die spot te dryf met iemand met die naam Steve bloot as gevolg van hul naam,” het die GRS in ‘n verklaring gesê.

Die GRS het nagenoeg 20 klagtes oor die advertensieveldtog ontvang. Die advertensies is op radio en televisie uitgesaai en het op reklameborde verskyn. Die veldtog het daarop gefokus dat mense hulself moet ‘Un-Steve’ deur by FNB te bank.

Die klaers het aangevoer dat die veldtog “beledigend is teenoor enige persoon wat se naam Steve is en dat dié mense as idiote en vervelig uitgebeeld word en dat dit selfbeeld probleme tot gevolg kan hê”. Daar is ook aangevoer dat die veldtog daartoe kan lei dat kinders genaamd Steve afgekraak kan word.

FNB het egter aangevoer dat die veldtog nie diskrimineer teen mense genaamd ‘Steve’, ‘Stephen’ of ‘Steven’ nie. Die bank het gesê hoewel dit jammer is dat die veldtog moontlik skadelik kan wees vir kinders genaamd ‘Steve’, die bank nie die blaam kan dra vir afknouery nie aangesien dit ʼn “maatskaplike bekommernis op speelgronde” is.

“Boelies sal enige manier vind om dit te ontbloot, en dit is ‘n kwessie wat die bestuur van skole en ouers moet hanteer, en nie ‘n advertensiereguleerder nie,” het FNB gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Erich Goosen ·

Sou die GRS dalk ook advertensies verbied waarin daar met Jacob die spot gedryf word?

Asjas ·

Jipeeee! Uiteindelik! Nie oor die Steve ding nie maar omdat dit sulke simpel advertensies is. Ek gaan sommer dadelik oor na ‘n ander radio stasie sodra ek daai irreteerende ding hoor. O ja en FNB is net so simpel soos hul advertensie.

annatjie britz ·

Ai en ons mense moet dit nou glo! Dis oor die naam Steve gebruik word, STEVE bo

Gawie Nel ·

Wat van die name , Jannie, Koos ens. Dit is baie eenvoudig “common” om te kla oor so netelige sakie. Ly die 20 mense wat gekla het aan n minderwaardigheids kompleks? Wat van die tampons advertensies. Dit is verdomp siek!!

Paul ·

Gawie, Hoekom vra jy nie vir FNB om jou naam dan in die idiotiese advertensie te gebruik nie?

Wilna ·

Asjas ek sekondeer wat jy gese het. Nou is ons ontslae van die irriterende advertensie. Wat ‘n verligting!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.