FNB sluit Gupta-maatskappy se bankrekeninge

FNBʼn Maatskappy wat aan die Gupta-familie behoort, het bevestig FNB het die maatskappy se bankrekeninge gesluit, kort nadat ʼn ander bank vroeër vandeesweek dieselfde gedoen het.

Oakbay Resources and Energy het Woensdag bevestig FNB het die rekeninge gesluit nadat Absa vroeër vandeesweek sy verbintenis met die maatskappy beëindig het. Dit is die nuutste in ʼn string reaksies teen Oakbay Resources te midde van bewerings dat die Gupta-familie ʼn invloed op pres. Jacob Zuma en die regering se sake het.

Nazeem Howa, direkteur van Oakbay Resources, het Woensdag in ʼn verklaring “hul teenstanders” uitgedaag om te bewys die maatskappy het iets verkeerd gedoen. Howa het gesê die maatskappy sal ʼn vergadering met Jacques Cilliers, hoof van FNB, reël om antwoorde te eis oor waarom Oakbay se bankrekeninge gesluit is.

Howa het bygevoeg die maatskappy is reeds besig om sy bankrekeninge na ‘n ander instansie te skuif. “Oakbay het geen rede vir FNB se besluit ontvang nie. Ons vind die tydsberekening van FNB se besluit verstommend, gegewe die feit dat Oakbay se rekeninge finansieel gesond is en ons al vir jare ʼn lojale en winsgewende kliënt is.”

Volgens Howa het Oakbay al meer as R10 miljard in Suid-Afrika belê en meer as 4 500 mense in diens geneem.

KPMG het Vrydag as Oakbay Resources se ouditeure bedank na die maatskappy vir meer as 15 jaar hul kliënt was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

se maar net ·

Andre, dis Afrika! Wye oop vlaktes. Teen die tyd wat jy die rook sien, is daar al klaar ‘n reuse vuur wat driekwart van die weiding afgebrand het.

charmaine ·

Dinge gebeur nou dit gaan nog interresant raak. As groot banke en ouditeurs firma’s onttrek is daar n slang in die gras. Veral die ouditeurs firma na 15jaar bedank en bereid is om daardie rekening optegee, wow!!

Maria ·

Geluk FNB en ABSA. As almal saamstaan vir wat reg is moet ons korrupsie stadig maar seker uitroei.

Griki ·

Koebaai Oakbay, koebaai Guptas. Julle trein het gestop en julle moet maar afklim. FNB kan nie bekostig om sy reputasie in die gedrang te bring ter wille van julle nie.

Joann ·

Mooi so. Nou vertrou ek FNB nog meer. Moet net zumie sin ok sluit

Garfield ·

Ha ha, hulle was heel moontlik al baie lank bewus van al die onwettighede, maar probeer nou “face save” noudat die bom gaan bars. Ditto vir ABSA en veral KPMG.

broos ·

dis verblydend om te sien dat groot maatskappy ‘n standpunt kan inneem WELL DONE!!

m ·

Onthou hierdie mense is maatjies met Zuma so een oproep van sy kantoor en die rekeningkie is weer oop.

alida ·

Nie almal het die IK van ‘n slak nie. Die banke weet wat hulle doen.

Philip Robinson ·

Hulle sê nie verniet….almal se dag gaan kom. Iemand s’n het vroeër aangebreek as verwag.

Barry ·

Wel gedaan aan Absa en Fnb!!Trots op julle.Dis tyd dat almal(instansies) soos dit begin saamstaan en korrupsie teen veg!Julle kort ñ hand druk..en meer!

Plaasjapie ·

Baie mooi. Ek is seker die banke en KPMG sou nie onttrek as hulle nie goeie inligting het nie. Pak julle vliegtuig ie en trek guppies!!!!

Loeis ·

Twee vragies:
1) na watter instansie skuif Oakbay hulle rekeninge?
2) is die mense wie hulle in diens neem, Suid-Afrikaners? Of is hulle konsultante vanaf Indie deur Indiese kontrakhuise, soos waarvan ‘n paar banke in Suid-Afrika op groot skaal van gebruik maak?

Henk ·

Onthou net almal wat nou hulle hande was het vir jare saam met die Guta’s en Zuma’s gewerk….dit pas hulle nou net nie meer nie.

rose ·

Veels geluk absa en FNB. Jul naam is op die spel en ek glo jul weet wat jul doen. Eerlikheid seëvier op die ou end van die dag.

Scalla ·

Goeie besluit deur die 2 instellings, ek dink die enigste opsie sal seker nou wees die eens sinkende african bank wat deur die staat gehelp is.

Anoniem ·

Net terloops, pleks SARS kyk ook na hul inkomste. Betaal Chinese en Indiërs in RSA ook /ooit belasting?

anni ·

Hoekom het hulle die rekeninge in die eerste plek oopgemaak? Guptas, Zuma en korrupsie al hoe lank in die nuus. Vra maar net?!

Edward ·

Hierdie banke het al jare miljoene rande uit hierdie firmas gemaak met transaksies ens.
Ek dink dat alle banke kan van more af as hulle wil korrupsie in SA stop.Hulle weet dadelik
as daar verdagte gelde in enige rekening betaal word.Maar nee hulle wil eeder geld maak soos wat transaksies gedoen word.Ek dink eerder hierdie banke is nou bang want hulle het al vir jare sulke transaksies vir die Gupta-Famillie gedoen.Slange in die gras.

Ouman ·

Dit is waar die banke wil net geld maak en gee nie om as warm geld deur rekenings beweeg. Sal graag wil weet wat die omvang van kontant depositos is wat daagliks gemaak word en of die banke enigsins weet wat die oorsprong van die kontant is wat hulle inneem.

vermeende ·

Dink julle regtag die banke neem die stap vir geregtigheid?
Nee hulle wins le in die weegskaal.
SA ataan op die randjie van romelstatus.
As die buitelandse banke regtag besorgd was oor die regte ding doen dan sal hulle nooit BEE firmas gewees het nie.
Darm so maklik om die SA publiek om die bos te ly.

GES ·

Puik FNB vir die standpunt wat julle teen korrupsie ingeneem het.

Johan 2 ·

Ek dink die “krediet wet” kan n boete veroorsaak as hul nie die rekeninge sluit nie. Dit is nie n vroom beweging nie net hul plig, nadat daardie rekeninge BAIE aandag trek.

Pieter ·

Sien op nuus guptas wil ook nou die rasse kaart rondgooi oor wittes wat kwansuis die Myne best di hoekom hul in Myne bele

Piet Boer ·

Edward is reg, hulle vrees die ondersoeke wat op pad is – baie blinde sambokhoue wat gaan val. Ek wonder wanneer die FSB hulle neus in die banke se bedrywighede gaan steek?

Zbc ·

Ai nou is ek spyt ek het my ABSA-rekening toegemaak. Maar darem is my FNB rekening nog staande! Mooi ABSA en FNB. Kom Nedbank en Std. Bank, waar is julle?????

Bloues ·

As al die Banke in ons land weier om aan die Zuptas bank dienste te lewer, hoe kan hulle nog oorleef?

Tan ·

Wel gedaan, maar laat mens wonder hoekom hulle in eerste plek dit toegelaat het. Wonder of hulle dit ook sou doen het as die goed nie nou uit gekom het nie en of sou hulle steeds die rekening oop gehou het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.