Fochville, Carletonville dalk gou sonder krag

(Argieffoto: pixabay)

Eskom se dreigement om verskeie dorpe aan die Wes-Rand se kragtoevoer vanaf 19 Maart vanjaar te verminder of te onderbreek, het ook na Fochville en Carletonville uitgekring.

Die kragverskaffer het vandeesweek ʼn kennisgewing in ʼn plaaslike koerant geplaas waarin inwoners gewaarsku word dat indien die munisipaliteite nie hul afbetalingsooreenkoms onverwyld nakom nie, die dorpe vir ure in duister gehul sal wees.

Die dorpe sluit in Carletonville, Welverdiend, Khutsong-Suid en Fochville wat Eskom gesamentlik R369 miljoen skuld.

“Die VF Plus sal dadelik in gesprek met die munisipaliteite tree en druk op hulle plaas om hul verpligting na te kom,” sê Ben van der Berg, VF Plus-raadslid.

“Dit is onregverdig dat betalende inwoners moet boet vir diegene wat geen poging aanwend om hul maandelikse rekeninge te betaal nie.”

Die VF Plus doen ook ʼn beroep op inwoners om die nodige voorsorgmaatreëls te tref.

“Die Merafong-munisipaliteit se kredietinvorderingstelsel is ooglopend onsuksesvol en ʼn klinkklare bewys dat dié ANC-beheerde raad nie die vermoë het om dorpe suksesvol te bestuur nie,” sê Van der Berg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Outoppie ·

Kan ons nie die munisipaliteite uitsny en krag direk van eskom kry nie

John ·

Dalk maar die uiteindelike oplossing want die ANC-publiek gaan nie teen hul kaders opstaan nie. Die munisipaliteite glo die Regering sal weer tot hul redding kom. Alex en Soweto verdien nie krag nie of moet ‘n Eskomsafas ingestel word?

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis als ou Jan se skuld. As hy verby gehou het in 1652 was daar nie nou munisipaliteite met uitstaande skuld nie!! Maar hy het nie opgelet nie………as jy in ‘n plek aankom met jou skepe, jou navigasie stelsels, jou klere, vuurwapens en voorrade……..en die hoogste konstruksiewerk wat jy kan waarneem is deur miere gebou………dan moet jy weet om verby te hou.

aj ·

Eskom se era vir ewig verby … soos die Dodo wat uitgesterf het omdat hulle nooit leer vlieg het nie … soos die ander voëls.

Soos selfone ons BEVRY het van Telkom (staatmonopolie) … so sal sonpanele en windturbine, by ons huise en besighede, ons BEVRY van die EKSDOM monopolie!

Grootskaalse de-industrialisering (sluiting van fabrieke ens) gaan binnekort lei tot ‘n massiewe OORAANBOD van elektrisiteit maar ons verbruikers sal NOOIT WEER vir EKSDOM ondersteun nie.

Want elke huis, plaas en industrie gaan sy eie krag opwek!

Vat so Eskom! (ANC)

Varkhond ·

Goeie vraag KP! Daai klomp bergskool gradiante skuld ESDOM R18 bil.

Eddie ·

Whitfield nedersetting in die Oos rand het ook nou deesdae onwettige koneksies wat al meer en meer groei. Die “nuwe” kragdrade hang oor die pad, jy ry onder dit deur. Dis oop en boot op houtpale geinstaleer, maar niks word daaromtrent gedoen nie.

Sarel ·

Mense tussen die Munisipaliteite en Staats Departemente wat vir Eskom geld skuld en die swak Bestuur by Eskom geen wonder dit gaan so nie. Minister vir Plaaslike Regering hoekom betaal julle nie Eskom nie. Saak word nooit it Parlement geopper nie want dit is maklik en gaan na die ” man op straat”. I tussem gasn swak Bedtuur voort. Wat weet ‘n Mediese Dokter van Eskom af.

Karools ·

As jy nie betaal nie, word jou krag “geknip”.
Ongelukkig loop betalers ook dan deur en om krag te herlei, is nie so maklik nie.
Daar is selfs Eskom kantore wat nie hul kragverbruik betaal nie!!!
Daar is sekere instansies of munisipaliteite wat die geld wat hul ontvang, vir ander goed gebruik!!!
As al Eskom se agterstallige skuld betaal word, is hy nie meer bankrot nie!!

Johanna Botha ·

Goedso ons is nou gvol om so vir almal te help betaal en stank vir dank te kry !

Benita Mans ·

Ons is baie betalende inwoners wat nou gestraf word vir wan betaling in Khutsong! Telkemale n week is die hoofpad tussen ons en carletonville gesluit oor hulle toi toi en klippe gooi as hulle krag gesny word weens wan betaling en wat doen munisipaliteit buig neer en gee in!
Ek sal liewers direk betaal aan eskom dan weet ek my geld word aan hulle betaal en gaan nie in die gatsak van die geldgiere amptenare van die munisipaliteit nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.