Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het die bakkie op sy sy gelê in ʼn veld langs die pad. Die pa en seun het ʼn paar meter weg van die bakkie gelê.
Volgens Meiring het paramedici die twee mans ondersoek. Die seun het egter reeds aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar. Die pa het naby sy seun gelê en was in ʼn kritieke toestand. Paramedici het die pa op die toneel behandel voordat hy per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.